Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

My Brew Coffee Roastery borg student se veldekskursie na Mongolië

Dr Ryan T. Tucker en nagraadse student Jesse van Niekerk het onlangs teruggekeer van ‘n ag week lange veldekskursie in die Oos-Gobi-kom in Mongolië om data in te samel oor die wêreldwye impak van aardverwarming gedurende die Kryttydperk, 125 tot 83 miljoen jaar gelede.

20230907_183015.jpg

Tucker, ‘n sedimentoloog in die Departement Aardwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US), is deel van ‘n internasionale span navorsers wat ‘n grootskaalse multidissiplinêre benadering volg  om paleoklimaatstendense in Oos-Asië te rekonstrueer. Hierdie projek wat deur National Geographic gefinansier word, het ten doel om klimaatsverandering op ‘n hemisferiese skaal te verstaan.

Van Niekerk se deelname aan die veldekskursie is moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning van Freddie Kruger, eienaar van My Brew Coffee Roastery in die Neelsie Studentesentrum. Dit is die derde keer dat Kruger ‘n nagraadse student in die Departement Aardwetensakppe borg om deel te neem aan ‘n internasionale ekspedisie van hierdie aard.

“Benewens die feit dat die aardwetenskapdosente blykbaar baie koffie nodig het om hulle aan die gang te hou,” sê hy, “hou ek daarvan om betrokke te wees en op so ‘n wyse te kan teruggee aan die gemeenskap”. Die span is selfs ruim voorsien van My Brew koffiebone om in die veld te geniet.

Meer oor die navorsing

Dr Tucker verduidelik dat die mid-Kryttydperk ‘n periode in die aarde se geskiedenis was wat gekenmerk is deur groot omgewings- en klimaatsontwrigtings, soortgelyk aan wat ons tans in die gesig staar. Dit sluit in: ‘n vinnige tydperk van aardverwarming wat toegeskryf kan word aan verhoogde atmosferiese koolstofdioksiedvrystellings, die styging in seevlak, habitatfragmentasie, de-oksigenasie van die oseane, en verskuiwing van biome. Op hierdie punt, het die aarde ‘n tydperk van verwarming binnegegaan wat so erg was dat gematigde reënwoude by die Suidpool floreer het.

Gedurende hierdie planeetwye temperatuurstyging in die aarde se geskiedenis, het sommige spesies uitgesterf terwyl ander vinnig gediversifiseer het, wat die struktuur en samestelling van land- en waterekosisteme fundamenteel verander het.

Alhoewel die impak van hierdie gebeure op die Noord-Amerikaanse kontinent die afgelope eeu goed gedokumenteer is, is wetenskaplikes onseker oor of hulle die effekte wat hulle in Noord-Amerika waargeneem het, met selfvertroue as globale tendense kan ekstrapoleer. Dít is waar Mongolië in die prentjie kom, aangesien dit een van die rykste rekords van Krytafsettings en -fossiele ter wêreld bevat.

Dr Tucker verduidelik dat dit is soos om Sherlock Holmes te speel. Maar hierdie keer is die leidrade vir miljoene jare “oop en bloot” buite gelaat. Dit is waarom – die oomblik wat hulle ‘n nuwe bestemming bereik – hulle eers die terrein versigtig verken en dikwels eers sketse met gedetailleerde notas maak alvorens hulle monsters versamel, soortgelyk aan moderne forensiese spanne.

“As geoloë is ons kundig oor moderne omgewings en weet ons dus waar om op die uitkyk te wees vir riviere, mere, woestyne, of oseane. In hierdie sin is die rotse en afsettings dus soos fisiese en chemiese vingerafdrukke waarop omgewingsveranderinge oor miljoene jare afgedruk is,” verduidelik hy.

Vir sy MSc-navorsing het Jesse spesifiek na tekens van riviere, grond, mere, grondverskuiwings en vloedvlaktes gesoek wat in die rotsrekord agtergelaat is. Die tekens en neerslagpratrone wat hy in die veld waargeneem het, sal hom in staat stel om presies te bepaal watter tipe riviere teenwoordig was en selfs die rigting waarin hulle gevloei en met die omliggende ekosisteme in wisselwerking was.

DSC_0604.JPG

“Die kenmerke wat ek van hierdie antieke grond waargeneem het, sal my in staat stel om klimaatstoestande te bepaal, soos of hierdie tydperk droog, nat, of vogtig was; en of plantlewe daarby gedy het. Ek het ook rotsmonsters versamel wat gebruik sal word vir chemiese en mikroskopiese ontleding om my veldwaarnemings te ondersteun,” verduidelik hy.

Jesse se navorsing sal hom uiteindelik in staat stel om ‘n volledige rekonstruksie te maak van hoe die omgewing gedurende hierdie tydperk in Mongolië kon gelyk het en hoe dit mettertyd verander het.

Volgens Tucker het Jesse in die veld ‘n uitsonderlike vermoë getoon om tektoniese voue en verskuiwings te “sien”: “In hierdie deel van die wêreld is die rotsformasies hoogs misvorm en is dit geen maklike taak om te ontrafel wat miljoene jare gelede gebeur het nie. In Jesse se geval, het selfs my medewerkers van die Verenigde State van Amerika kommentaar gelewer oor sy vermoë om die rotsrekord te lees”.

Gedurende die ag week lange veldekskursie, het hulle in verskeie 4X4 veeldoelige KAMAZ (troepedraers) en Land Rovers gereis, aangesien paaie buite die hoofstad Ulaanbaatar en ander dorpe beperk is tot tweespoorpaaie, indien enige. Na ag weke se woon in tente met min tot geen toegang tot ablusiegeriewe, het hulle letterlik ‘n dag of twee van selfsorg by hul skedule ingewerk om weer skoon geskeer na Suid-Afrika terug te keer.

Alhoewel dit Jesse se eerste reis buite Suid-Afrika was, is dit vir seker nie die laaste nie:“Ek het dit regtig geniet om kos van verskillende kulture te proe  – Koreaans, Japanees, Chinees en Mongolees – en ek het selfs ‘n paar Mongolese frases geleer. Dit was ook verstommend om die groot groepe wilde perde en kamele te sien wat in die grasvelde hou, en hoe nomadiese groepe ‘n bestaan daar maak”.

More articles

Maties skud hul vere reg vir Skenkingsdag 2021

Matie steek die Engelse Kanaal oor

Die Universiteit Stellenbosch se befondsingsaansoeke is oop vanaf 1 Augustus 2023

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!