Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Prof Thuli Madonsela ontvang toekenning van regsopvoeders vir lewenslange prestasie

Die Universiteit Stellenbosch (US) se prof Thuli Madonsela het gisteraand (15 Augustus 2023) nog ‘n pluimpie ontvang toe sy die jaarlikse toekenning vir lewenslange prestasie van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Onderwysreg (SAVO) in ontvangs geneem het. Die toekenning word aan individue toegeken wat ‘n groot bydrae op die gebied van die opvoedkunde en reg gelewer het en wat buitengewone toewyding en harde werk regdeur hulle loopbane getoon het.

Madonsela, die direkteur van die Sentrum vir Sosiale Geregtigheid (CSJ) by die US, het hierdie erkenning as ‘n eer en voorreg beskryf. “Ek was veral verheug om hierdie toekenning te ontvang, want dit is ‘n mosie van vertroue van my eweknieë in die werk wat ons by die CSJ doen. Dit is hartsverblydend dat ons eweknieë in die opvoedkundige en regsberoep waardering vir ons innoverende inisiatiewe oor sosiale geregtigheid, soos #Action4Inclusion, het. Hierdie toekenning sal ‘n spesiale plek in my versameling inneem langs die Prokureursorde en Statebond Regsvereniging se Waarheid- en Geregtigheidstoekennings en die Sydney en Felicia Kentridge-toekenning van die Algemene Balieraad van Suid-Afrika.”

SAVO het erkenning gegee aan Madonsela se uitgebreide ondervinding as ‘n regsprofessor en haar gerekende posisie as die bekleër van die Regstrust-leerstoel in Sosiale Geregtigheid aan die US. Die president van SAVO, prof Mariëtte Reyneke, sê in ‘n verklaring namens SAVO dat Madonsela se onlangse aanstelling in die Verenigde Nasies se Wetenskaplike Advies Raad vir Onafhanklike Advies oor Deurbrake in Wetenskap en Tegnologie is ‘n bewys van haar bydrae op die gebied van die opvoedkunde en navorsing.

“Prof Madonsela se werk in toegepaste konstitusionele en administratiewe reg, veral in die ondersoek na onbehoorlike optrede in staatsake, was van uiterste belang om landburgers se regte te beskerm en goeie staatsbestuur te bevorder,” sê Reyneke.

SAVO het ook erkenning gegee aan Madonsela se rol as die stigter van die Thuma-stigting vir Demokratiese Leierskap en Geletterdheid, wat ‘n groot rol speel om leierskapsvaardighede te kweek en geletterdheid onder die jeug te bevorder.

Haar vorige pos as die Openbare Beskermer van Suid-Afrika en haar betrokkenheid by die opstel van die Suid-Afrikaanse Grondwet en verskeie wette wat deur Grond voorgeskryf is, soos die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie, die Wet op Gelyke Indiensneming en die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, beklemtoon volgens Reyneke haar onwrikbare toewyding tot die handhawing van die beginsels van geregtigheid, gelykwaardigheid en regverdigheid. “Haar nalatenskap sal beslis voortgaan om komende geslagte regspraktisyns en voorstanders van sosiale geregtigheid te inspireer.”

More articles

Twee US-studente en voorste globale jeugleiers pak wêrelduitdagings aan

’n Jaar van transformasie: SciMathUS vier studenteprestasies

GSSA vereer US-studente vir 2021 se beste MSc-tesis en honneurstesis in aardwetenskappe

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!