Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

‘n Kop vol planne

Dit was Hunter Plaatjies se ma wat haar aangemoedig het om drama aan die Universiteit Stellenbosch te studeer.

“Ek het van kleins af ‘n liefde gehad vir toneelspel en stories vertel,” onthou die jong aktrise. “Ek was só lief daarvoor dat ek aan eisteddfods deelgeneem het en drama as vak geneem het, maar toe dit by my universiteitstudies kom, het ek gekies om BCom Bestuurswetenskappe te studeer, uitsluitlik vir finansiële stabiliteit.”

Gelukkig het Hunter se ma haar dogter goed geken, en toe sy uitvind dat die US Drama-departement oudisies hou, het sy haar oorreed om dit te probeer. “Ná my oudisie het ek geweet toneelspel is die loopbaan wat ek graag sou wou volg. Ek is glad nie spyt nie en dankbaar vir die aanmoediging en ondersteuning wat ek van my ouers gekry het.”

Hunter was mal oor haar studentejare, veral die geleentheid om voortdurend in die teenwoordigheid van ander kreatiewe mense te wees en die vryheid te hê om elke dag oor stories en inhoud na te dink. “Ek het dit ook geniet om in ’n koshuis te woon en lewenslange vriende te maak terwyl ek studeer het.”

Die aktrise het reeds in ’n aantal verhoog- en TVproduksies opgetree, maar is veral bekend as Saartjie in die baie gewilde Afrikaanse telenovela Arendsvlei op KykNet&Kie, ’n rol waarop sy besonder trots is.

“Die rol van Saartjie in Arendsvlei was een van my uitstaanrolle, want dit was my eerste toneelspelwerk nadat ek my studies voltooi het. Dit is ’n bekende produksie, reeds in sy vyfde seisoen, en ek het soveel geleer by die talle ervare akteurs wat ek nog altyd bewonder het. Ek het dit ook geniet om ‘n skoolkind te speel, weer ‘n uniform aan te trek en my eie skooldae te onthou.”
Hunter het meer onlangs ‘n Media24-projek en ‘n rol in Projek Dina, Seisoen 3, verfilm. En sy sien uit daarna om binnekort ‘n nuwe KykNet&Kie-program te skiet wat in 2023 uitgesaai word.

Benewens toneelspel, bedryf sy ook haar eie besigheid genaamd Bedecked Headwear.

“Hoofbedekkings was nog altyd ‘n groot deel van my lewe – van ‘n pet dra vir tennis tot ‘n hoed benodig vir kerk. Ek vind hoofbedekkings baie veelsydig, omdat jy dit kan dra om jou uitrusting op te helder, skadu te gee, warmte te verskaf, of bloot iets daaronder weg te steek. Die idee vir ‘n hoofbedekkingshandelsmerk het vir die eerste keer tydens die 2020 Covid-inperking by my opgekom. Maar toe ons in 2021 weer ‘n inperking het, het ek besef dat daar geen beter tyd as toe was om die plan in werking te stel nie”

Hunter sê sy is trots op haar prestasies, groot en klein, omdat dit als deel is van haar lewensreis en bydra tot die groter prentjie. “Alhoewel dit moeilik is om ’n prestasie uit te sonder, beteken my Honneursgraad in Drama en Teaterstudie (met spesialisering in Media en Produksie) wat ek aan die Universiteit Stellenbosch behaal het vir my baie – dit het my die nodige platform gegee en my kennis verbreed.” 

Sy is ook trots daarop dat sy tydens Covid ‘n hele verhoogproduksie, genaamd Lost?, saamgestel het. “Ek het die draaiboek geskryf, aansoek gedoen om befondsing by die Nasionale Kunsteraad, die rolverdeling behartig en toesig gehou oor die lokale, kostuums en alles wat met produksie verband hou, terwyl ek self ook in die toneelstuk opgetree het.”

Hunter streef daarna om die jeug deurlopend aan te moedig en te laat weet dat hulle met niks minder as hul drome hoef tevrede te wees nie.

“Ek word gemotiveer deur toegewyd te wees tot selfontwikkeling en my vaardighede uit te brei. My raad aan mede-alumni is om jou vaardighede te verken so ver as wat jy kan. Verbind jouself tot die projekte wat jy aanpak, behou ‘n goeie werksetiek, en leer wanneer om ‘nee’ te sê. Jou pogings en harde werk sal vrugte afwerp, al is dit nie noodwendig onmiddellik nie.”

  • Skrywer: Birgit Ottermann
  • Photo: Roelse Portraits
  • Hierdie is die eerste uitgawe van ons tydskrif vir Matie-alumni, en dit weerspieël die stories van vele mense met unieke geeskrag.
    Is jy op soek na ’n paar oplossings vir die lewe, of het jy eenvoudig nodig om weer te hoor hoe teëspoed in geleenthede omskep kan word? Lees dan gerus verder, Matie!
    https://console.vpaper.ca/stellenbosch-university/always-a-matie-202301_afri/

More articles

Verskeie uitsonderlike individue ontvang US-eredoktorsgrade

Die Universiteit Stellenbosch Botaniese Tuin vier sy eeufees tydens Woordfees 2023

Bedanking van Adv Jan Heunis

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!