Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

”n Geleentheid om ‘n verskil te maak’

Toe die Maties Frederik Schutyser en Rachel Spichiger​ die geleentheid raaksien om studente aan hul alma mater te ondersteun het hulle nie gehuiwer nie. Aan die einde van 2021 het hulle besluit om ‘n skenking aan die Universiteit Stellenbosch se Bridge the Gap‑ (BTG‑)veldtog te maak.

BTG, wat in 2021 van stapel gestuur is, wil die struikelblokke uit die weg ruim wat Maties verhinder om ‘n betekenisvolle studente-ervaring te hê en daardie gesogte graad te verwerf.

Die Universiteit samel fondse in vir verskeie inisiatiewe onder die sambreel van BTG. Dit sluit in: #Move4Food en die Tygerberg Pantry‑projek om hongersnood onder studente te bekamp; #Action4Inclusion, #GradMe, Caught in the Middle, en #Zim4Zim om uitstaande studenteskuld uit te wis; #EndPeriodPoverty om sanitêre higiëneprodukte beskikbaar te stel aan studente wat dit nie kan bekostig nie; en #MatiesHaveDrive om bestuurdersopleiding te verskaf aan studente wat ‘n bestuurslisensie benodig om werk te kry. Skenkers kan kies watter prioriteitsinisiatief hulle wil ondersteun, of dit nou ‘n spesifieke inisiatief of die Fonds in die algemeen is.

“Hierdie Fonds bied ‘n werklike en konkrete geleentheid om ‘n verskil te maak,” sê Frederik en Rachel. Die twee, wat in 1997 op Stellenbosch ontmoet het toe Rachel op ‘n uitruil‑termyn was om in die letterkunde te studeer, en Frederik sy LLM gedoen het, sê hulle is intens bewus van die belang van ‘n gehalte‑opvoeding en doen graag hul deel deur ‘n skenking te maak.

“Ons wil hê studente moet hul unieke reis sonder onnodige spanning geniet en met gemoedsrus gradueer. Ons reis het ons van Botswana na Zambië en van Switserland na Denemarke gelei, voordat ons ons in 2011 in Brussel gevestig het.

“Ons werk tans by die Europese Kommissie [Rachel in internasionale ​vennootskappe, en Frederik in humanitêre hulp] en ons het albei die begeerte om terug te ploeg. As ons net ‘n klein rol kan speel om ‘n student te help om sy of haar volle potensiaal te bereik, sal dit wonderlik wees!”

More articles

Aanvaarding van Gebaretaal as amptelike 12de taal bevorder kommunikasie vir dowe onderwyser

Raak hierdie Mandeladag betrokke

Besoek aan SciMathUS deur Kansas Universiteit skep geleenthede vir samewerking

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!