Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

#WomeninBusiness: Waarom Vrouedag dalk van min waarde is

Om ons beste lewe moontlik te kan lei, is dit eintlik vanselfsprekend dat die ekonomie stabiel moet wees en moet werk, en dat dit geleenthede aan alle Suid-Afrikaners moet bied. Om waarde te kan toevoeg, moet daar in duidelik geïdentifiseerde behoeftes voorsien word, anders kan dit tot verwarring lei en ons in gemeenplase laat verval.

Boonop kan die ideale van ’n florerende ekonomie nie verwesenlik word sonder die suksesvolle deelname van die meerderheid Suid‑Afrikaners nie. Meer as die helfte van Suid‑Afrika se bevolking is vroulik, terwyl slegs 31% van ons entrepreneurs vroue is. Wat selfs meer problematies is, is dat die meeste van dié wat in die sakewêreld oorleef, nooit verder as solopreneur‑ondernemings vorder nie. Volgens bevindings in Suid-Afrika beskik slegs 6,3% van die klein en medium ondernemings wat deur vroue gelei word oor meer as 10 werknemers, terwyl slegs 18% van hierdie ondernemings ouer as 10 jaar is (Facebook Survey Small Business). Indien dit nie oortuigend genoeg klink nie, dink dan aan die feit dat vroue in die volgende dekade twee derdes van die verbruikerswelvaart in die VS sal beheer en die ontvangers van die grootste oordrag van welvaart in die Amerikaanse geskiedenis gaan word (MediaPost, 9 April 2013).

Wat sal dit nie vir ons ekonomie beteken as ons maniere kan vind om vroulike entrepreneurs se potensiaal te realiseer nie? Gegewe my ervaring as besigheidsafrigter wat al met ’n groot verskeidenheid ondernemings in verskillende sektore gewerk het, glo ek dat die volgende ’n goeie begin kan wees:

  • Vroue behoort hulle nie in ’n posisie te plaas waar hulle letterlik met die baba agterbly nie. Hulle moet seker maak dat hulle elke beskikbare opvoedingsgeleentheid gebruik om op elke gebied van hul lewe voorspoed te geniet.
  • Mans behoort hul aandeel in die huishoudelike verantwoordelikhede uit te brei en vroue moet ophou om met enigiets minder as dit tevrede te wees.
  • Vroue moet sterker sakenetwerke bou en mans behoort vroue by hul “old boys’ clubs” in te sluit—kan jy jou dit voorstel?
  • Vroue moet ophou klein dink en besef dat sopkombuise en rommelverkopings nie die enigste manier is om ’n verskil te maak nie.
  • Vroue moet hul gebrek aan selfgelding oorkom en hul kennis en selfvertroue opbou om in die sakelewe te kan uitblink.
  • Kapitaal en bates moet beskikbaar gestel word en oneweredige erfporsies aan manlike spruite moet gewoon onwettig wees—contra bonos mores (skadelik vir die morele welsyn van die samelewing).
  • Vroue moet meer risiko’s neem en mans moet leer om vroue beter te ondersteun. (Wenk: Bepaal watter soort steun hulle verlang, voor jy jou ‘Mr. Fix‑It’-hoedjie opsit, soos John Grey dit in sy boek Men are from Mars, Women are from Venus stel.)
  • Werkgewers moet vroue dieselfde salaris of loon betaal as wat hul manlike eweknieë verdien en vroue moet leer om daaroor te onderhandel.

Het ons werklik ’n nasionale vrouedag nodig? Of het ons mans en vroue nodig wat die uitdaging kan aanpak en die ongewone, die atipiese, doen? Sodat ons dogters en kleindogters markverwante salarisse betaal kan word; in hul huishoudings deur ’n billike verdeling van take en verantwoordelikhede ondersteun kan word; hul volle ekonomiese potensiaal kan bereik; en deel van die oplossing kan word wat so dringend in ons pragtige land verlang word.

Shirley Pearson is ’n besigheidsafrigter by ActionCOACH iNala. Sy het met menige besigheidseienaars saam gewerk om te verseker dat hul ondernemings meer winsgewend, en sowel volhoubaar as uitbreibaar is. Indien jy jou uitdagings as ’n vroulike besigheidseienaar met Shirley wil bespreek, tree gerus met haar in verbinding op LinkedIn by https://www.linkedin.com/in/businesscoachdurban/.

More articles

Merkwaardige vroue gevier tydens Vrouemaand: Prof Maureen Robinson

Die nuut-opgeknapte Neelsie Bioskoop

Cape Epic-fietsryers skop “aflos” af vir #Move4Food om fondse in te samel vir studentebehoeftes

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!