Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

‘n Wêreldklas biomediese navorsingsentrum in Afrika, vir Afrika

Die Suid-Afrikaanse Adjunkminister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovasie, Buti Manamela, het die Universiteit Stellenbosch (US) geluk gewens met sy visioenêre leierskap met die totstandbrenging van die hipermoderne Instituut vir Biomediese Navorsing (BMNI) – wat nie net die mense van Suid-Afrika sal bevoordeel nie, maar ook die hele vasteland.

“Die skepping van hierdie voorpunt-fasiliteit, wat voortbou op Suid-Afrika se lang tradisie van wêreldklas-navorsing, is ‘n uiters belangrike mylpaal in ons pogings om ons nasionale stelsel van innovasie te versterk, asook meer spesifiek die gesondheidsnavorsinginnovasie en -infrastruktuur van ons land én van ons vasteland, het Manamela by die inwyding van die BMNI gesê. Hierdie fasiliteit is die mees gevorderde biomediese navorsingskompleks op die vasteland van Afrika en fokus op oplossings vir gesondheidskwessies wat die mense van Suid-Afrika en Afrika die meeste raak.

Manamela het die opening van die fasiliteit van R1,2 miljard (sowat US$ 66 miljoen) behartig gedurende ‘n galadinee wat gisteraand (19 April 2023) by die BMNI op die US se Tygerberg-kampus in Kaapstad gehou is. Dié geleentheid het deel uitgemaak van die week lange program wat deur die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aangebied is om die nuwe fasiliteit aan die publiek en die globale en plaaslike wetenskaplike gemeenskap bekend te stel.

“Die BMNI is nie bloot ‘n fasiliteit nie – dit verteenwoordig ‘n nuwe manier om op die vasteland van Afrika met wetenskap om te gaan. Dis ‘n simbool van ons toewyding om wetenskap vir ‘n beter toekoms vir almal te gebruik,” het die US-rektor, prof Wim de Villiers, in sy toespraak gesê. “Ons is oortuig die BMNI sal ‘n katalisator vir verandering wees wat die voortou sal neem in die stryd teen siektes en die bevordering van die gesondheid en welstand van mense oor die vasteland heen.”

Die BMNI huisves meer as 500 biomediese navorsers en studente, wat van die wêreld se mees vooraanstaande wetenskaplikes op die gebied van bio-informatika, tuberkulose, neurowetenskap en urologie insluit. Die voorpunt-navorsing by die fasiliteit het ʼn bepaalde Afrika-fokus en het ten doel om die genetiese en biomolekulêre basis van siektes te verstaan wat Suid-Afrika en die res van die vasteland van Afrika raak, soos tuberkulose, MIV/vigs en kardiometaboliese versteurings.

Die BMNI spog met etlike hipermoderne laboratoriums, met inbegrip van die grootste (600 m2) vlak 3-bioveiligheidslaboratorium (BSL-3) en ten volle geoutomatiseerde biobewaarplek in Afrika; ʼn bio-informatikahub; elektronmikroskopie-laboratoriums, proteomika- en FACS-laboratoriums vir vloeisitometrie-dienste; ‘n mediese morfologiese leersentrum, ‘n Sunskill-laboratorium en kliniese fasiliteite.

“Ons beskou die skepping van hierdie fasiliteit deur die US as ‘n belangrike bydrae tot ons land se wetenskaplike hulpbronne. Die fasiliteit se navorsingsfokus kom perfek ooreen met die doelwitte van regeringsbeleid – die Witskrif oor Wetenskap, Tegnologie en Innovasie en die tienjaarplan – wat ten doel het om ons land se nasionale stelsel van innovasie tot voordeel van almal te versterk,” het Manamela gesê.

  • Onderskrif: Prof Wim de Villiers (US Rektor and Vise-kanselier), prof Elmi Muller (Dekaan van die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe) en Adjunkminister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovasie, Buti Manamela, knip die lint by die inhuldiging van die BMNI.
  • Foto-erkenning: Nardus Engelbrecht

More articles

Relaxation and rejuvenation of the soul

Ontspanning en verfrissing van die siel

Mandela Dag-fondsinsamelingsveldtog: Bemagtig gesondheidswetenskappestudente

In memoriam Dr Rehana Malgas-Enus

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!