#ChangingLives: Lank gelede het iemand op ʼn keer vir my gesê dat daar geen grense vir iemand soos ek is nie, veral as ʼn vrou, en dat ek nie met tweede beste tevrede moet wees nie.
Hierdie woorde het my deur my loopbaan gedra.
Ek het nog altyd onvervuld gevoel en geglo dat ek vir meer bestem was. Ek glo steeds dat ek meer kan doen. Ek gaan van die standpunt uit dat ek, as ʼn vrou, my nie sal verander om aan ʼn spesifieke beeld te voldoen of my sal beperk tot wat as ‘toepaslike gedrag’ beskou word nie.
Dit beteken dat ons nie perke hoef te lê op wat ons kan doen nie. Ons moet gemaklik wees met wie ons is, in onsself, om ons maksimum vermoëns te kan verwesenlik.
Moet jou nie tot ander se verwagtinge beperk nie, maar stel jou eie verwagtinge. Dit is nie nodig om ʼn eindbestemming te bepaal nie, omdat daar geen grense is nie.
Ek glo beslis nie dat ek al my eindbestemming bereik het nie. Het jy?
#ChangingLives #CelebratingSciMathUSWomen #SciMathUSWomenpower