Skip to content
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English
Menu
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Nagraadse chemiestudent na Lindau vir Nobelpryswenner-vergadering

Alan Eaby, ‘n PhD-student in chemie aan die Universiteit Stellenbosch, is een van elf jong wetenskaplikes van Suid-Afrika wat gekies is om deel te neem aan die 71ste Lindau Nobel- pryswennervergadering wat aan chemie gewy word.

Vanaf 26 Junie tot 1 Julie sal hulle aansluit by 600 hoogs gekwalifiseerde jong wetenskaplikes van meer as 100 nasionaliteite vir vanjaar se vergadering in Duitsland, met meer as 35 Nobelpryswenners wat dit sal bywoon.

Volgens ‘n mediavrystelling wat deur die Academy of Science of South Africa (ASSAF)​ uitgereik is, sal die jong wetenskaplikes deelneem aan ‘n ses dag lange program bestaande uit verskeie lesings en paneelbesprekings. Alvorens hul vertrek, sal die elf jong Suid-Afrikaners ‘n byeenkoms bywoon met ASSAF en die Departement van Wetenskap en Innovasie (DWI) as gasheer waar hulle sal skouers skuur met alumni wat voorheen ook hierdie vergaderings bygewoon het.

Alan, wat in Villiersdorp grootgeword het en aan die Rondebosch Hoër Seunskool gematrikuleer het, sê hy beskou dit as die geleentheid van ‘n leeftyd: “By hierdie vergadering sal ek idees kan uitruil met opkomende wetenskaplikes en put uit die kennis en ervaring van gevestigde navorsers.”

Alan sê die natuur het hom nog altyd gefassineer, en navorsing in chemie stel hom in staat om die fundamentele eienskappe van die natuur te verken: “Wetenskaplike navorsing is een van die coolste werke ter wêreld. Daar is baie ruimte om te verken en nuwe idees uit te toets. Ek geniet die kreatiwiteit wat saamgaan met die ontwikkeling van ‘n nuwe metode of tegniek en om te sien dat dit werk,” voeg hy by.

Alan werk tans aan sy PhD-proefskrif onder die studieleiding van Prof Len Barbour en Prof Catharine Esterhuysen in die Departement Chemie en Polimeerwetenskap.

“Ek gebruik eksperimentele en berekeningsmetodes om poreuse kristallyne materiale se wateropname te ondersoek. Dit is belangrik om die aard en oorsprong van watersorpsie te verstaan vir die ontwikkeling van nuwe materiale vir die ekstraksie van water uit die atmosfeer en die suiwering daarvan, veral in Afrika waar drinkbare water skaars is,” verduidelik hy.

In die proses het hy nuwe instrumente ontwikkel om die verskeie eienskappe van poreuse kristallyne materiale te kan ondersoek: “Ek kon struktuur-eienskap-verhoudings ondersoek op ‘n wyse waaroor nog nie voorheen gerapporteer is nie. Byvoorbeeld, die bestudering van die strukturele eienskappe van water in nano ruimtes by hoë humiditeitsvlakke oor ‘n wye reeks temperature, het interessante resultate opgelewer oor die fundamentele aard van die faseveranderinge van water.”

Ná voltooiing van sy PhD, hoop Alan om as nadoktorale navorser in die chemiese wetenskappe voort te werk. Hy is ook aktief betrokke in die kristallografie-gemeenskap en dien in die uitvoerende komitee van die Suid-Afrikaanse Kristallografie-vereniging.

Fotograaf: Anton Jordaan

More articles

#CS4D2022: FGGW-personeellede en -studente staan saam om geestesiektestigma in gesondheidsorg te help afbreek

Ses nuwe alumni-takke by Matie-netwerk gevoeg

Baan die Weg na ‘n Blinker Toekoms

  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Dekaansfonds: Regsfakulteit
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • #Action4inclusion
    • #SciMathus
    • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
    • Dankie
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Geleenthede
      • Verjaarsdae
      • Koshuise
      • Eweknie-fondswerwing
  • Konvokasie
  • Vrywilligheid
  • Skenk
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Die Stal
  • Maties Wynklub
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!