Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Matie ontvang medalje vir dapperheid in Londen

Brandon Visser, ‘n alumnus van die Universiteit Stellenbosch (US), sal in Junie 2022 stilweg die dag ‘n jaar gelede herdenk toe hy naby Londen-brug (London Bridge) in die Teems gespring het om ‘n vrouedrenkeling te red.

Vir hierdie onbaatsugtige daad het die Royal Humane Society, ‘n Britse liefdadigheidsorganisasie wat erkenning gee vir dade van dapperheid om lewens te red, onlangs ‘n brons medalje aan hom toegeken.

Brandon, wat besig was om vir ‘n marathon voor te berei, het in daardie stadium al 16 km van ‘n beplande 30 km-oefensessie afgelê toe hy ‘n groep mense op die brug gesien het wat na ‘n vrou in die water staar.

“Ek het nog nooit vantevore daardie roete gedraf nie en dit het dus gevoel asof ek dalk bedoel was om daar te wees,” onthou hy. ‘n Man het hom genader om te vra of hy kan help en hy moes in ‘n kort tydjie ‘n reuse-besluit neem – gaan hy probeer om die vrou se lewe te red, of gaan hy staan en kyk hoe sy verdrink?

Brandon het kompeterende waterpolo vir sowel Paul Roos Gimnasium as Maties in sy tuisdorp Stellenbosch gespeel en is ‘n ervare swemmer met kennis van waterredding.

“Ek het besef ek is waarskynlik haar beste kans,” vertel hy.

Dit het egter ook by hom opgekom dat die Teems se water baie gevaarlik is en dat ‘n man ‘n paar weke gelede in ‘n soortgelyke reddingspoging op dieselfde plek verdrink het.

Nieteenstaande het Brandon besluit om ‘n poging aan te wend. Ongelukkig was die water redelik vlak waar hy ingespring het. Hy het rotse getref wat nie eers twee meter onder die wateroppervlak was nie en sy voet op verskeie plekke gebreek, sy kraakbeen sowel as sy PKL-ligament in sy knie geskeur, én ernstige beenkneusings en snye aan sy voete opgedoen.

Ten spyte daarvan het hy geswem na waar die vrou laas gesien is.

“Mense het vir my uitgewys waar sy onder die water verdwyn het en ek kon haar vind en optrek. Ek was net so verlig dat sy nog leef. Sy het onmiddellik begin spartel. Ek het dit verwag, maar dit was baie moeilik.”

Hy het dit reggekry om wal toe te swem en hulle is albei hospitaal toe geneem.

Hy weet dat die vrou oorleef het, maar sy het hom nog nooit gekontak nie.

“Ek verwag ook nie om van haar te hoor nie, maar ek hoop dit gaan goed met haar.”

Brandon moes 4-5 maande op krukke deurbring en het hom sedertdien op herstel en rehabilitasie toegespits. Hy hoop om op die herdenking van die redding ‘n halfmarathon te voltooi.

Hy het die toekenningseremonie as ‘n baie spesiale geleentheid beskryf.

“Dit was voorwaar ‘n eer om daar te wees en hierdie toekenning by Prinses Alexandra te ontvang. Dit is nie aldag dat jy die koningin se niggie ontmoet nie. Daar was ‘n paar ongelooflike verhale van mense wat onbaatsugtig opgetree het en hul lewe op die spel geplaas het om ander te red. Dit was fantasties om deel van soiets te wees.”

Mense vra hom dikwels of hy weer dieselfde sou doen.

“My antwoord is beslis ja. Jy kan nie ‘n prys op iemand se lewe plaas nie.”

  • Brandon het sy BCom-graad in Statistiek in 2012 aan die US behaal en in 2019 na Londen verhuis waar hy in finansiële tegnologie in die data- en ontledingveld werk.

More articles

Ukwanda vier sukses en 20ste bestaansjaar by gemeenskapsfunksie

Teenkorrupsie-kampvegter van die US met prestigeryke internasionale toekenning vereer

THINK-bank ”n tydige toevoeging’ tot veranderende US-landskap

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!