Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Nuwe beursskenkersentrum verhoog die belang van steun vir studentesukses

Die Universiteit Stellenbosch (US) het op Donderdag 31 Augustus amptelik sy Masiphumelele-sentrum in gebruik geneem, wat ‘n belangrike mylpaal verteenwoordig in die betekenisvolle betrokkenheid tussen die bestaande beursskenkers en die ontvangers van hul vrygewigheid, US‑studente. Hierdie prestasie, wat gedryf word deur die Senior Direkteur: Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge (OAB) aan die US, Karen Bruns, versterk studentetoegang en -sukses aan die Universiteit.

Donderdag se inhuldigingsgeleentheid het verskeie skenkers bymekaargebring, insluitend die Michael & Susan Dell-stigting, die Allan Gray Orbis-stigting, die Crossley-stigting, Carl & Emily Fuchs-stigting, die Russel Botman-beursfonds, Moshal-beursprogram, ISFAP, Feenix en Students for a Better Future, saam met studente en lede van die US-gemeenskap.

Die US se Registrateur, dr Ronel Retief, een van die sprekers by die geleentheid, het gesê onderwys is die hoeksteen waarop drome gebou word, ‘n toekoms gevorm word en potensiaal verwesenlik word. “Ons besef dat vir ons studente om werklik te floreer, hulle meer as net finansiële ondersteuning nodig het; hulle het ‘n omgewing nodig waar hulle kan groei, floreer en ​verhoudings kan bou. Hierdie Sentrum vergestalt daardie visie en bied ‘n ruimte vir betekenisvolle interaksies tussen studente, donateurs en die US-kollegas wat die verskillende programme ondersteun.”

Retief het skenkers bedank vir hul onwrikbare toewyding om die lewens van talle studente te ten goede te verander. “Julle is almal gewaardeerde vennote in die samewerkingspoging om ons studente te help om hul drome te verwesenlik. Saam werk ons aan geleenthede, bemagtiging en hoop.

‘Kom ons slaag’

“Die isiXhosa-frase “masiphumelele”, wat “kom ons slaag” beteken, was die inspirasie vir die naam van die Sentrum, wat ontstaan het uit die pogings van die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge om dié se dienste na beursskenkers uit te brei. Die Masiphumelele-sentrum is gefinansier deur ruim bydraes van ‘n aantal skenkers.

Die herontwerpte ruimte in Banghoekweg, Stellenbosch, naby fakulteite soos ingenieurswese, lettere en sosiale wetenskappe, regsgeleerdheid, en natuurwetenskappe, bied verskeie opsies soos kantoorruimte, spreekkamers, veelsydige werkruimtes vir studente en skenkers, ‘n area bevorderlik vir gesprekke en mentorskap, en ‘n klein werkswinkellokaal met spasie vir 12 tot 14 persone.

Bruns benadruk beursskenkers se altruïsme en die ruimhartige wyse waarop hulle studente se opvoedkundige strewes en ambisies ondersteun. “Die Sentrum is nie net ‘n belangrike stap in die rigting om die Universiteit se diens aan hierdie kritieke ondersteuners van studentetoegang en ‑sukses te verbeter nie, dit beklemtoon ook ons verbintenis tot ons studente se holistiese welstand en waardigheid.”

Die naam “Masiphumelele-sentrum” het na vore gekom as die gewilde keuse via ‘n opname in Mei 2023 onder beursontvangers, skenkers en personeel, wat genooi sal word om die spasie te gebruik. Deur sentimentontleding is daar vasgestel dat studente die samesnoerende visie van die Universiteit, US-skenkers en mede-studente vir studentesukses waardeer, en een respondent stel dit só: “Die Masiphumelele-sentrum is bedoel vir ‘n gemeenskap van individue wat saam vir ‘n beter toekoms werk.” Nog een sê: “Masiphumelele is ‘n oproep aan alle mense om saam te kom vir ‘n gemeenskaplike doel, naamlik om te floreer, soos ons almal moet.”

Bruns sê: “Die Afdeling voel geweldig trots om ons verantwoordelikheid na te kom en institusionele betrokkenheid tussen skenkers en die begunstigdes van hul ruimhartigheid te bevorder. Die Masiphumelele-sentrum is instrumenteel in die skep van ‘n fisiese ruimte vir samewerking en gemeenskaplike oogmerke. As ‘n bewys van die US se toewyding aan die koestering van die nodige betrekkinge met skenkers word die Sentrum dus simbolies van ons verbintenis tot ‘n goeie skenker-ervaring en ons studentesukses.”

Meer oor die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge (OAB)

Die Afdeling OAB bou verhoudings, skep bewustheid en genereer steun vir die Universiteit se visie rakende akademieskap, navorsing en sosiale impak. Die Afdeling wil die toekomstige sukses van die US verseker deur private filantropiese skenkings te lok en skenkers te betrek by die prioriteite wat vir hulle die belangrikste is. Met die plasing van die skenkers in die middel bevorder die OAB ‘n omgewing waar uitnemendheid in studente-, personeel- en gemeenskapsinteraksie deur filantropie en korporatiewe befondsing bewerkstellig kan word.

More articles

Vroue en werk

Mededingende ‘gaming’ tel spoed op by US, die tuiste van die USSA e-Sport 2023-toernooikampioen

Alumni stories op Woordfees TV

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!