Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Oppenheimer Genootskaptoekenning ”n groot eer’, sê prof Gobodo-Madikizela

Professor Pumla Gobodo-Madikizela, bekleër van die navorsingsleerstoel vir Historiese Trauma en Transformasie aan die Universiteit Stellenbosch (US), is onlangs aangewys as die ontvanger van die 2020 Harry Oppenheimer-navorsingsbeurs tydens ‘n geleentheid by die Brenthurst-biblioteek in Johannesburg. Sy was vroeër vanjaar vir die toekenning benoem, maar weens die COVID-19-pandemie is die amptelike toekenningseremonie tot Oktober 2021 uitgestel.

Die jaarlikse Harry Oppenheimer Genootskaptoekenning, met ‘n geldwaarde van R2 miljoen, word gereken as een van Afrika se mees gesogte navorsingstoekennings. Die toekenning gee erkenning aan studies van die hoogste gehalte vanuit ‘n wye verskeidenheid akademiese en navorsingsdissiplines. Dit is die vlagskiptoekenning van die Oppenheimer Memorial Trust. Die Trust, wat dateer uit 1958, het ontwikkel tot ‘n daadwerklike befondser vir onderrig, kuns en kultuur, en organisasies in die samelewing.

Die geleentheid is bygewoon deur lede van die Oppenheimer-familie, die US se Kanselier van die US oudregter Edwin Cameron en prof Deresh Ramjugernath, Viserektor: Leer en Onderrig​​. Ramjugernath het die US namens prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die US, verteenwoordig.

Die benoeming van prof Gobodo-Madikizela spruit uit haar voorgestelde projek, getiteld “Estetika van Trauma, Poëtika van Herstel”, en handel oor die herbesinning van trauma in nuwe terminologie, met die klem wat spesifiek geplaas word op historiese trauma en die transgenerasie-gevolge hiervan. Die projek sal die soeklig plaas op die wyse waarop die kunste eerder as vergifnis en versoening gebruik kan word om ‘n herstel- en transformerende visie na te streef. Hierdie werk sal ‘n belangrike rol speel in die manier hoe daar gedebateer word oor historiese trauma en die transgenerasionele gevolge daarvan. Prof Gobodo-Madikizela beklee die Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsingsleerstoel in Studies oor Historiese Trauma en Transformasie.

In haar aanvaardingstoespraak het Gobodo-Madikizela haar ouers se groot en kragtige invloed op haar werk erken en hulle bedank vir hul aanmoediging en gebede. Dié wat sy bedank het vir die ondersteuning van die werk wat die toekenning moontlik gemaak het, is Rektor en Visekanselier prof De Villiers, prof Eugene Cloete, Adjunk-Visekanselier vir Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies, en dr Therina Theron, Senior Direkteur, Navorsing en Innovasie.

“Hierdie toekenning is ‘n besonderse groot eer gegewe die lys van vorige wenners, waaronder ‘n paar vriende en goeie kollegas tel. Ek is vreeslik dankbaar vir die Memorial Trust, vir jou Jonathan (Oppenheimer) en die raad van trustees wat voortgaan om my werk te ondersteun en om sy bydrae op so ‘n diep, spesiale en eerbare manier te erken.”

Sy het gesê van haar projek wat deur die toekenning ondersteun sal word: “Vir hierdie werk sal ek terugkeer na die argief van die Waarheids- en Versoeningskommissie om oor die gruwelike geweld in kontemporêre Suid-Afrika te besin. Terselfdertyd sal dit ook poog om uit te vind waarom die visie van die toekoms wat aan die begin van ons demokrasie voorgestel is, nie geslaag het soos wat ons verwag het nie. Die werk streef ook om die rol van kuns in die voorspelling van nuwe maniere om met mekaar te verkeer, te verstaan − die katalitiese krag van die kunste om ons te inspireer om ‘n meer regverdige toekoms te vestig.”

Sy het bygevoeg: “In die skaduwee van die pandemie, wanneer individuele en kollektiewe rou misluk, is die oorblyfsels van ‘die onvoltooide besigheid’ van onaangeraakte en steeds ontkende vorige skendings van menseregte in skerper fokus gebring. Die kunste was nog nooit belangriker as wat dit vandag is nie, om die taal van empatie aan te bied en ons te help om hierdie taal in aksie te omskep. Die vraag is nie of openbare gesprekke oor die kunste belangrik is nie, maar eerder hoe ons private-openbare vennootskappe kan smee en kunstenaars se werk as boustene kan gebruik vir ‘n politiek van omgee wat geleenthede kan skep en die moontlikheid van sosiale solidariteit, nou en in die toekoms, mee  te bring.”

Gobodo-Madikizela, se vorige toekennings sluit in die Harvard Radcliffe-instituut se Toekenning vir Gevorderde Studies, die Alan Paton-toekenning, die Christopher-toekenning, die Distinguished African Scholar-titel by Cornell Universiteit se Mario Einaudi-sentrum vir Internasionale Studies, en die Eleanor Roosevelt-toekenning.

Sy was ‘n lid van die Waarheids- en Versoeningskommissie se Menseregteskendingskomitee, en die Nasionale Navorsingstigting het haar erken as ‘n gegradeerde geleerde van hoë internasionale status.

Ramjugernath het Gobodo-Madikizela nie net geloof vir die belangrike werk wat sy doen nie, maar ook vir haar geweldige bydrae tot sosiale geregtigheid.

​“Ons by die Universiteit Stellenbosch erken dat ons transformasiereis nog ver van klaar is, maar ons is vasbeslote om daardie reis te voltooi. Dit is die enigste manier om ‘n gemeenskap van ‘sosiale geregtigheid en gelyke geleenthede vir almal’ te skep, en prof Gobodo-Madikizela speel ‘n belangrike rol om dit ‘n werlikheid te maak,” het hy gesê.

  • ​​Foto: Randall Adams, Fondswerwer, Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge, Sarah Archer, Direkteur: Fondswerwing, Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge, prof Pumla Gobodo-Madikizela en prof Deresh Ramjugernath.

More articles

Afrika Sentrum takel MIV/vigs met veelvlakkige benadering

Beurs stel dr Maruza in staat om spesialis sorg na behoeftige moeders en babas te neem

SciMathUS 2021: Dit hang nou van jou af

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!