Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Opvoeding ‘verskaf ‘n grondslag vir die toekoms’

Matie-alumna Karlijne Van Bree ken die waarde van ‘n goeie opvoeding en wil verseker dat hierdie voorreg na mede-Matie-studente uitgebrei word. Dit is die rede waarom sy tot die Universiteit Stellenbosch se Bridge the Gap‑ (BTG‑)veldtog bygedra het, sê Karlijne.

​BTG is die Universiteit se jaarlikse fondsinsamelingsveldtog wat in 2021 van stapel gestuur is. Die veldtog nooi alumni, die studentegemeenskap, personeel, ouers, en vriende van die Universiteit om ons studente te ondersteun ten einde die finansiële struikelblokke te oorkom wat hul pad na sukses versper. Die doel van die veldtog is om die gaping tussen talent en finansiële behoefte te verklein en ‘n tasbare verskil in die lewe van Matie-studente te maak.

Die Universiteit samel fondse in vir verskeie inisiatiewe onder die sambreel van BTG. Dit sluit in: #Move4Food en die Tygerberg Pantry‑projek om hongersnood onder studente te bekamp; #Action4Inclusion, #GradMe, Caught in the Middle, en #Zim4Zim om uitstaande studenteskuld uit te wis; #EndPeriodPoverty om sanitêre higiëneprodukte beskikbaar te stel aan studente wat dit nie kan bekostig nie; en #MatiesHaveDrive om bestuurdersopleiding te verskaf aan studente wat ‘n bestuurslisensie benodig om werk te kry. Skenkers kan kies watter prioriteitsinisiatief hulle wil ondersteun, of dit nou ‘n spesifieke inisiatief of die Fonds in die algemeen is.

Karlijne, ‘n raadslid in Grimbergen, België, sê die ervarings wat sy opgedoen het, sowel akademies as persoonlik, sal haar vir die res van haar lewe bybly.

“In 2001 kon ek vir een jaar aan die Universiteit Stellenbosch studeer. Voor dit het ek vir drie jaar as ‘n leerlingprokureur by ‘n prokureursfirma in Vlaandere gewerk, maar dit was eintlik al ‘n wens uit my kinderdae om eendag in Suid-Afrika te studeer. Sowel die land as Afrikaans het my geroep en die universiteit op Stellenbosch het vir my gelyk na ‘n omgewing waar ek tuis kon voel. Ek het eindelik lewenslange vriende hier gevind.”

Karlijne sê sy het hoofsaaklik in internasionale privaatreg studeer en aansienlike kennis opgedoen wat haar in staat gestel het om vinnig werk by die Ministerie van Justisie in Brussel te kry. “Vir 15 jaar kon ek die teorie wat ek oor internasionale kinderontvoering opgedoen het in die praktyk toepas.”

Sy glo ‘n goeie opvoeding en die verkryging van teoretiese kennis is belangrik vir ‘n persoon se ontwikkeling. “Dit bied ‘n grondslag vir die toekoms en help jou om selfstandig in die lewe te word sodat jy makliker werk of meer selfvertroue kan bekom.”

“Deur hierdie skenking te maak hoop ek dat ek minstens een persoon kan help om onderrig aan die Universiteit Stellenbosch te ontvang of te bekom. Op hierdie manier hoop ek om ‘n klein skakel in die groter BTG-projek te wees, en wie weet, dalk sal die student wat ek bygestaan het eendag die goedheid verder voer.”

More articles

Konferensie Bied Vlugtige Blik op Voorbereidheid op Humanitêre Rampe

SWAN-gholfdag 2023: Slaan af saam met Maties-alumnae by Tuiskoms!

SciMathUS vervul kernrol in Timothy se sukses

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!