Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Opvolgskrywe oor US se Toelatingsbeleid en Rektor se Diskresionêre Plasings

Die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het vandag (1 Julie 2023) vergader om die volgende sake te bespreek: Die verslag van die Lewis-komitee, wat deur die Raad aangestel is om bewerings van nepotisme teen die Rektor en Visekanselier, prof. Wim de Villiers, te ondersoek nadat familielede van sy vrou akademiese plasings gekry het; en die mosie wat voor die Raad gedien het om die Rektor ingevolge artikel 42(3) van die US Statuut van sy amp te onthef.*

Die Lewis-komitee het die volgende bevind:

  • Daar was geen ernstige wangedrag deur die Rektor (ingevolge artikel 42(3) van die US Statuut) wat tot die opheffing van sy amp kan lei nie. Hy het nie ‘n reël of beleid van die Universiteit verbreek of oneerlik opgetree deur die Rektor se Diskresionêre plasings (RDP’s) nie en gevolglik is daar nie ‘n onherstelbare vertrouensbreuk tussen die US en die Rektor wat sy voortgesette indiensneming belemmer nie.
  • Wat reëls en beleid betref: Die US se beleide oor onderskeidelik nepotisme en botsende belange is nie van toepassing op RDP’s nie. Die RDP-riglyne bied ‘n wye diskresie aan die Rektor oor plasings.
  • Wat bewerings van oneerlikheid betref: Die Rektor het sy verbintenis met die twee kandidate aan ‘n senior kollega verklaar voordat plekke aan hulle toegeken is. Die advies aan hom was dat hy op grond van die diskresie wat aan hom verleen is, wel die plasings kon maak. Daar is geen bewys – ook nie wanneer die situasies teenoor mekaar opgeweeg word – dat die Rektor oneerlik opgetree het met die bedoeling om misleidend te wees of ‘n posisie verkeerdelik weer te gee nie.
  • Die feit dat die Rektor nie kon voorsien dat enige diskresionêre plasing van ‘n familielid kon of sou lyk soos gunsbetoon nie, is bejammeringswaardig en dui op ‘n gebrek aan etiese insig.
  • Die plasing van die twee familielede van sy vrou en die Rektor se hantering van die plasings, asook die aandag wat hierdie aangeleentheid gelok het, het kollegas se vertroue in hom geskaad. Die Rektor het erken hy sal daaraan werk om die vertroue te herstel.

    Die Rektor het teenoor die Raad:

  • Die erns van die uitwerking van sy besluit erken om twee familielede van sy vrou deur diskresionêre plasings te plaas;
  • Verskoning gevra dat, hoewel hy binne die RDP-riglyne wel hierdie plasings kon maak, dit ‘n oordeelsfout was om die plasings te maak en om nie die etiese gevolge van so ‘n besluit, of die persepsie wat dit tot gevolg sou hê en die gepaardgaande uitwerking wat dit op die US en verskeie relevante belanghebbendes sou hê, in ag te neem nie;
  • Verskoning gevra vir die impak wat hierdie situasie op die vertroue gehad het wat kollegas in hom as ‘n leier gestel het, die spanning wat dit vir die betrokke persone veroorsaak het, en die feit dat die kwessie die reputasie van die US skade berokken het;
  • Aangedui dat ‘n proses reeds begin het om die riglyne oor diskresionêre plasings te hersien; en
  • Hom bereidwillig verklaar om onverpoos aan die herstelproses te werk.

    Die Raad het ná ‘n breedvoerige gesprek die volgende besluit:

  • Daar was geen ernstige wangedrag wat die aanvaarding van die mosie ingevolge artikel 42(3) regverdig nie. Die Raad het gestem en die mosie eenparig verwerp.
  • Dit was egter ‘n bejammeringswaardige oordeelsfout van die Rektor om twee familielede aan die hand van die RDP te plaas sonder om die etiese implikasies daarvan te besef.
  • Die verskoning wat die Rektor by die Raadsvergadering aangebied het, moet openbaar gemaak word.
  • Die voorsitter en ondervoorsitter van die Raad sal die uitkoms van hierdie Raadsvergadering en die toepaslike finansiële konsekwensie oorweeg wanneer hulle die Rektor se prestasiebeoordeling vir 2022 finaliseer.
  • Die proses om die riglyne vir die Rektor se diskresionêre plasings, die beleide oor botsende belange en nepotisme asook verwante beleide te hersien, moet versnel word sodat alle belanghebbendes duidelikheid het oor hoe diskresionêre akademiese én koshuisplasings in die toekoms hanteer gaan word. Totdat hierdie hersiening afgehandel is, mag geen nuwe diskresionêre plasings (akademies én in koshuise) plaasvind nie.
  • Die Rektor word aangemoedig om die Lewis-komitee se aanbevelings oor die versterking van die Rektoraat in werking te stel, en om Universiteitsbeleid te hersien om die doeltreffendheid en toepassing van die beleide te bepaal en om konsekwentheid en regverdigheid te bewerkstellig.

Die voorsitter van die US Raad, dr Nicky Newton-King, het gesê: “As ‘n Universiteitsgemeenskap verwelkom ons die geleentheid vir noukeurige ondersoek en besinning. Die Raad het baie tyd spandeer en moeite gedoen om die bewerings deur ‘n deeglike en onafhanklike proses te ondersoek, en het die uitkoms van die ondersoek deeglik bespreek. Die Raad het die Rektor se onvoorwaardelike verskoning oor sy oordeelsfout en die uitwerking daarvan op die instelling en al die betrokke partye aanvaar en waardeer. Die Rektor én die Universiteit het waardevolle lesse in die proses geleer.

“Die Raad het vertroue in die Rektor en sy span en dat hierdie bejammerswaardige episode nie herhaal sal word nie. Ons herbeklemtoon ons verbintenis tot die reuesetaak om die US as ‘n meertalige, navorsingsintensiewe universiteit van wêreldgehalte in Afrika te posisioneer wat in diens van die samelewing staan.

Redakteursnota:

*Afdeling 42(3) van die US Statuut – “Die Raad mag die Rektor van die amp onthef met ‘n tweederdemeerderheidstem van al die Raadslede op grond van ‘n ernstige oortreding van die reg, ernstige wangedrag, ongeskiktheid of versuim om aan operasionele vereistes te voldoen.”

More articles

US-fossielkenner kom met wonderlike nuus van ekspedisie in Mongolië terug

#Action4Inclusion: Matie gebruik gradepartytjie om geld vir studente in te samel

Universiteit Stellenbosch installeer sanitêre doekiesmasjiene op kampus

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!