Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Prof Jonathan Jansen ontvang hoogaangeskrewe internasionale erkenning

Professor Jonathan Jansen, uitgelese professor in Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) en voorsitter van die Wetenskapakademie van Suid-Afrika, is as ‘n lid van die prestigeryke Amerikaanse Akademie van Kunste en Wetenskappe verkies.

Sy verkiesing, wat gister (19 April 2023) plaasgevind het, plaas hom in die geselskap van gesiene vorige en huidige lede, insluitende John Adams, Benjamin Franklin, Martin Luther King, Georgia O’Keeffe, Madeleine Albright en Colin Powell, asook internasionale erelede waaronder Charles Darwin, Albert Einstein, Winston Churchill, Wislawa Szymborska, Laurence Olivier, Mary Leakey, Gabriel Garcia Márquez, Akira Kurosawa en Nelson Mandela.

Die Akademie, wat in 1780 gestig is, eer uitnemendheid en bring leiers van elke gebied van menslike onderneming byeen om nuwe idees te ondersoek en belangrike kwessies aan te spreek. Die voorsitter van die Akademie se raad, Nancy Richards, en die Akademie-president, David Oxtoby, skryf die volgende in hulle verwelkomingsbrief: “Hierdie eer is ‘n bewys van die hoë agting wat leiers op jou vakgebied en lede regoor die land vir jou het.”

​Jansen sê die volgende: “Dit is ‘n ongelooflike en onverwagte eer en ek is uiters dankbaar. Die feit dat jou eweknieë wêreldwyd en in hierdie prestigeryke akademie van vakkundiges glo jy het iets om te sê en dat jou werk betekenisvol is, is die grootste beloning vir jou intellektuele onderneming.”

Hy voeg by hy voel geëerd en geseënd oor die erkenning. “Dit sou nie moontlik gewees het sonder al die ruimte, ondersteuning en hulpbronne wat die US verskaf om my navorsingspanne so produktief en invloedryk te maak in die vakkundige arena én die gemeenskappe wat ons deur ons navorsing dien nie.”

Huidige Akademielede bestaan uit innoverende denkers op elke gebied en professie, insluitende meer as 250 Nobel- en Pulitzerpryswenners. Die Akademie strewe daarna om “elke kuns en wetenskap wat moontlik die belang, eer, waardigheid en geluk van ‘n vrye, onafhanklike en regverdige samelewing bevorder” te ontwikkel.

Jansen is uitgenooi om op 20 September vanjaar ‘n formele inhuldigingsplegtigheid in Cambridge, Massachusetts by te woon.

Hy is ook gevra om die Akademie se lank bestaande tradisie voor te sit deur met ‘n formele aanvaardingsbrief te reageer. Afskrifte van briewe wat so ver terugstrek as 1780 – van dié wat nog met ‘n veerpen geskryf is tot kontemporêre reaksies wat moderne rekenaartekens (“emoji’s”) bevat – is op die Akademie se webwerf te sien en word ook in die Akademiehuis uitgestal.

More articles

‘Moet nooit ophou droom nie …’

Matie Legends and Pioneers: Robert F. Kennedy and the Other White House

Lewensveranderende geleenthede

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!