Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Prof Portia Jordan se navorsing prioritiseer die veiligheid van pasiënte

Prof Portia Jordan, uitvoerende hoof van die Departement Verpleeg- en Verloskunde by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, het Dinsdag 25 Julie 2023 haar intreerede gelewer. Die titel van haar rede was “To err is human: Developing evidence-based approaches for safer healthcare (“Dis menslik om foute te maak: Die ontwikkeling van bewysgebaseerde benaderings vir veiliger gesondheidsorg”).

Jordan het aan die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking verduidelik hoe haar navorsing help om die implementering van bewysgebaseerde gesondheidsorg in verpleegkundige opleiding en kliniese praktyk te bevorder ten einde die veiligheid van pasiënte te verseker.

Vertel ons meer oor jou navorsing en wat jou belangstelling in hierdie spesifieke veld geprikkel het.

My reis as ‘n klinikus het in die intensiewesorgeenheid begin waar ek na die kwesbaarste pasiënte omgesien het wat in ‘n kritieke toestand was en dikwels geïntubeer en aan meganiese ventilators gekoppel was vir respiratoriese ondersteuning.

Die bestuur van die meganies-geventileerde pasiënt is veelvlakkig en vereis hoogs tegniese psigomotoriese vaardighede, gevorderde patofisiologiese (hoe ‘n siekte ‘n pasiënt affekteer, insluitende fisiese en funksionele veranderinge) kennis, kundigheid oor ingrypende monitering en die implementering van bewysgebaseerde intervensies deur kliniese besluitneming.

Weens fisiologiese verstorings (fisiologiese steurings wat deur trauma veroorsaak is), ernstige siekte, die intensiewesorgomgewing en die komplikasies wat met meganiese ventilasie en lugwegbestuur verband hou, word pasiëntveiligheid dikwels in gevaar gestel. Dit het my doelwit as navorser geword om maniere te vind om pasiëntveiligheid te verseker en om die beste moontlike sorg te bied.

Dit is in ingewikkelde omgewing waar jy blitsig moet optree, en ook erken dat dit menslik is om foute te maak, maar dat foute voorkom kan word. Mense mag miskien foute maak, maar hulle kan ook met oplossings en alternatiewe vorendag kom en die uitdagings wat voorlê, voorsien. Bewysgebaseerde praktyke en die toepassing daarvan as ‘n pasiëntveiligheidsbevoegdheid het die grondslag van ons navorsingswerk geword.

Verder is pasiëntveiligheid ‘n wêreldwye las van siekte in alle gesondheidsorgomgewings en moet dit geprioritiseer word om universele gesondheidsdekking, gehalte van sorg, pasiënttevredenheid en veilige sorg te verseker. Dit is ons verantwoordelikheid om veilige sorg te verskaf aan almal wat aan ons sorg toevertrou is, en daardie verantwoordelik het die stimulus vir my werk geword.

Hoe sou jy die relevansie van jou werk beskryf?

Pasiëntveiligheid geniet wêreldwyd aandag en talle professionele organisasies, insluitende die Wêreldgesondheidsorganisasie, het dit geprioritiseer as deel van hulle soeke om universele gesondheidsdekking te bewerkstellig. Bewysgebaseerde praktyk is as ‘n    pasiëntveiligheidsbevoegdheid geïdentifiseer.

Ons navorsing fokus daarop om die beste beskikbare bewyse vir gesondheidsorgpraktisyns, veral verpleegkundiges, te verskaf om hulle met hulle besluitneming te help wanneer hulle kwesbare groepe pasiënte versorg. Die doel is om verpleegkundiges meer oor die stappe van die bewysgebaseerde praktyke te leer, asook hoe om bewyse te genereer, sintese, oordrag en om uiteindelik voldoende strategieë vir die implementering van die bewys te hê. Deur die beste beskikbare bewyse te verskaf word kostedoeltreffende, effektiewe en gehaltesorg gelewer wat pasiënte se veiligheid sal verseker. Ons het die oorgrootte meerderheid van ons navorsing in intensiewesorgeenhede gedoen, maar het ook ons werk na ongevalle-afdelings, peri-operatiewe (wanneer die pasiënt toegelaat word en narkose en chirurgie ondergaan), primêresorgeenhede en verpleegkundige opleiding uitgebrei.

Deur te verseker dat sorg bewysgebaseer is, verskaf ons kostedoeltreffende, hoëgehalte en veilige sorg aan pasiënte in alle gesondheidsorgomgewings.

Hoe help jou navorsing om te verseker dat pasiënte nie beserings opdoen wanneer hulle behandel word nie?

Die gebruik van verskillende bewysgebaseerde intervensies in die bevordering van vakkundigheid om beste praktyke in opleiding, verpleegkundige praktyk, navorsing en die toepassing van stelsels te bepaal, verseker dat veilige pasiëntpraktyke in die verskaffing van sorg aan pasiënte geïmplementeer word. Deur studente, professionele verpleegkundiges en ander gesondheidsorgpraktisyns oor die opvoedkundige inhoud, strategieë en bewysgebaseerde praktyke ten opsigte van pasiëntveiligheid te onderrig, word groter bewustheid oor pasiëntveiligheid en die voorkoming van leed aan pasiënte geskep. ‘n Deel van die navorsing fokus op die ontwikkeling van bewysgebaseerde opvoedkundige intervensies vir verpleegkundiges om veiligheidpraktyke vir pasiënte aan te vul. Indien hulle oor meer kennis beskik en ingelig is oor bewyse, kan verpleegkundiges glipse soos onder meer foute met medikasie, pasiënte wat val, infeksies en lugwegkomplikasies voorkom.

Jy is reeds baie jare in die uitdagende hoëronderwysomgewing. Hoe bly jy gemotiveerd wanneer dinge moeilik raak?

Om ‘n kennistussenganger te wees en om die geleentheid te kry om kennis aan ander oor te dra, is motiverend. Ongeag wat die uitdagings is, moet ons op die doelwit en ons doel as opvoedkundiges bly fokus. Hetsy dit deur ons onderrig en leer, navorsing of sosiale impak is, is ons in ‘n posisie om die kennisekonomie deur ons werk, bydraes, vaardighede en teenwoordigheid te verryk. Ek wil dus elke opvoeder aanmoedig om die betekenisvolle rol te vervul om mense – in watter sfeer en plek ook al – op te voed en om daardie doel uit te leef.

Voordat jy tot die akademie toegetree het, was jy ‘n professionele verpleegkundige. Wat is jou boodskap aan jongmense wat ‘n loopbaan as verpleegkundige oorweeg?

Verpleegkunde as beroep bied aan ons ‘n diepgaande geleentheid om individue, gesinne en gemeenskappe wat aan ons sorg toevertroue is, van geboorte af tot genesing of ‘n vreedsame afsterwe te versorg. Deur in die verpleegkunde te studeer, sal jy nie net met wetenskaplike kennis toegerus word en die kuns van versorging aanleer nie, maar dit sal jou ook daarop voorberei om vir individue oor alle lewensduurtes en met verskillende sosiale bepalers van gesondheid te sorg.

Ek wil jongmense aanmoedig om verpleegkunde as beroep te oorweeg, want dit is ‘n voorreg en ‘n belegging in menselewens om ‘n verpleegkundige te wees en om jouself aan ander te gee.

Vertel ons iets opwindends oor jou lewe wat mense nie sou verwag nie.

Ek is baie lief vir binnenshuise versiering en om in winkels, kunsgalerye en buitengewone plekke rond te snuffel vir idees.

Wat doen jy in jou vrye tyd?

Nadenke is vir my belangrik. Daarom spandeer ek graag my vrye tyd in gesondheidspa’s of deur ‘n joernaal by te hou of om die natuur te geniet.​

More articles

Besoek aan SciMathUS deur Kansas Universiteit skep geleenthede vir samewerking

Boodskap van die Rektor

US voer die botoon in die SA Tersiêre Wiskunde Olimpiade

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!