Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Regskliniek-prokureur se LLD help om kwesbares teen skuldeisers te beskerm

Stephan van der Merwe, senior prokureur en dosent by die Universiteit Stellenbosch Regskliniek, het pas sy LLD ontvang nadat hy sy dissertasie oor skuldinvordering suksesvol verdedig het. Dit is die eerste doktorale studie in sy soort op hierdie gebied. Hierdie prestasie is veral merkwaardig omdat hy sy doktorsgraad binne twee jaar voltooi het terwyl hy steeds voltyds gewerk het.

Vir Van der Merwe is dit maar net nog ‘n hoogtepunt in ‘n uitsonderlike loopbaan. Nadat hy in 1996 sy BCom-graad in die regte aan die Universiteit Stellenbosch (US) voltooi het, het hy in 1998 sy LLB en in 2005 ook sy LLM (cum laude) aan die Universiteit behaal.

“Die element van sosiale geregtigheid het my na die regsberoep gelok,” verduidelik Van der Merwe. “Ek het geweet daar is mense wat minderbevoorreg is en dat ek in die posisie was om te studeer en om die geleenthede wat ek kry, te gebruik om mense te help.”

Regskliniek

Die gevolg was dat hy in 2001 – ‘n jaar nadat hy as prokureur toegelaat is – by die Regskliniek begin werk het. “Ek het die geleentheid aangegryp, want ek het besef dit was die kans om my passie uit te leef.” Dit is dus ook nie ‘n verrassing dat die onderwerp van sy doktorsgraad uit sy werk by die Regskliniek voortgespruit het nie.

Talle werkers het hom vroeg in sy loopbaan genader oor hofbevele en besoldigingsbeslagleggingsbevele wat teen hulle uitgereik is nadat lenings aan hulle toegestaan is. “Teen die tyd dat hulle my kom spreek het, het hulle reeds hulle lenings vier keer terugbetaal, maar betalings is steeds van hulle salarisse afgetrek. Ek het met die krediteure in verbinding getree en dit was duidelik dat uitbuiting plaasgevind het.”

Van der Merwe het die volgende dekade letterlik honderde sulke sake hanteer. Die Regskliniek het in 2014 die saak na die Wes-Kaapse Hooggeregshof geneem. Nadat dit in die Konstitusionele Hof geëindig het, het dit tot wysigings aan die wet gelei wat dinge vir gewetenlose krediteure bemoeilik om kwesbare mense uit te buit.

“Daar is steeds skuiwergate,” beklemtoon hy. “Daar lê nog ‘n stryd voor, en ek is betrokke daarby.” Sy doktorale tesis – getiteld ‘Developing a Procedural Framework for Advanced Debtor Protection: The Case of Emolument Attachment Orders’ (of te wel ‘Die ontwikkeling van ‘n prosedurele raamwerk vir gevorderde debiteurebeskerming: Die geval van besoldigingsbeslagleggingsbevele’) – is deel van sy voortgesette pogings.

“Hopelik sal my navorsing verdere wysigings aan wetgewing tot gevolg hê,” sê Van der Merwe. “My doktoraal maak voorstelle oor wat ons moet doen ten opsigte van die ontwikkeling van ‘n verdere raamwerk om ‘n einde te maak aan die uitbuiting van debiteure deur besoldigingsbeslagleggingsbevele.”

Hy stel voor dat ‘n nuwe wet uitgevaardig moet word om besoldigingsbeslagleggingsbevele eenvormig te hanteer. “Die gebrek aan omvattende wetgewing beteken die huidige wet is baie gefragmenteerd, wat kwesbare debiteure aan wanpraktyke blootstel.”

Volgens Van der Merwe se skatting is miljarde rande al die afgelope 30 tot 40 jaar van Suid-Afrikaanse werknemers oorverhaal. “Dit gaan nie ‘n maklike proses wees om die roofmaatskappye te stop nie, maar dit is ‘n geveg wat die moeite werd is om te veg,” glo hy.

Klas-aksie

Hy het in 2019 by nog ‘n groot stryd betrokke geraak toe die Regskliniek ‘n klas-aksie namens duisende verbruikers gebring het in reaksie op ‘n aantal webwerwe wat met die maatskappy Life​​style Legal verband hou. Verbruikers word na bewering mislei om ooreenkomste vir ongevraagde dienste aan te gaan onder die voorwendsel dat die maatskappy lenings of gratis leningopsporingsdienste bied. Hierdie saak diens tans by die Konstitusionele Hof.

Afgesien van sy werk as die senior toesighoudende prokureur by die Regskliniek, gee Van der Merwe ook klas in die regte. Hy is sedert 2003 verantwoordelik vir die Regskliniek se praktiese regsopleidingmodule en het ook regsetiek en siviele prosesreg by die Fakulteit Regsgeleerdheid gedoseer.

Hy het in 2017 ‘n nagraadse diploma in Hoër Onderwys in Onderrig en Leer (cum laude) verwerf en in 2019 het hy die US se Institusionele Toekenning vir Uitnemendheid in Onderrig in die kategorie ‘Ontluikende Dosent’ ontvang.

En boonop het hy nog die tyd gevind om in die uitvoerende komitee van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Universiteitregsklinieke (SAULCA) te dien en aan verskeie nasionale en internasionale konferensies en werksessies deel te neem. Hy is ook ‘n lid van die Internasionale Vereniging van Regsetiek en ‘n genoot van die Nasionale Instituut vir Onderwysetiek en Professionalisme (‘National Institute for Teaching Ethics & Professionalism (NIFTEP)’) wat by die Georgia-staatsuniversiteit in die VSA gesetel is.

Die wye verskeidenheid aktiwiteite waarby Van der Merwe betrokke is, is ‘n duidelike bewys van sy algehele toewyding aan ‘n regsloopbaan wat die belange van die groter samelewing bevorder. Sy doktorsgraad in die regte is maar net die nuutste toevoeging tot ‘n lang lys van prestasies wat hiervan getuig.​

More articles

Nominasie van Uitvoerende Komitee

#ChangingLives: Ter viering van Vrouemaand wil die Universiteit Stellenbosch die kollig laat val op die merkwaardige vroue wat deel vorm van die SciMathUS-onderrig- en ondersteuningsspan

Die nuut-opgeknapte Neelsie Bioskoop

Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

Analytics

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.