Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Wêreldwye filantroop nooi US Koor en Rektor na Japan

Die Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), prof Wim de Villiers, en 50 lede van die US se internasionaal bekroonde koor reis na Tokio, Japan, waar hulle op Woensdag 9 Augustus aan die ISPS Sports Values Summit-Special Edition deelneem.

Prof De Villiers en die koor is genooi deur Sy Eksellensie dr Haruhisa Handa, ‘n wêreldwye filantroop wat bekend is vir sy jarelange toewyding aan en bydraes tot openbare dienslewering en liefdadigheidsorganisasies oor die wêreld heen.

Dr Handa se ondersteuning van verskeie sake oor etlike dekades omvat die kunste en opvoeding, toegang tot gesondheidsorg, rampverligting, bemagtiging van gestremde individue deur sport, MIV/Vigs-opvoeding in Afrika, die bevordering van demokrasie, godsdienstige verdraagsaamheid, en vele meer.

Dr Handa is veral bekend as medestigter en kanselier van die Universiteit van Kambodja en dien saam met Sy Eksellensie dr Kao Kim Hourn, die huidige sekretaris‑generaal van die Vereniging van Suidoos-Asiatiese Nasies (ASEAN). Dr Handa is ook ‘n belangrike ondersteuner van verskeie universiteite in die VK, China, die VS, Australië, Japan en Suid-Afrika. Dr Handa se International Sport Promotion Society (ISPS) is die aanbieder van die ISPS Sports Values Summit-Special Edition 2023.

Die beraad bring sportlegendes soos Dan Carter (voormalige All Black), Nacho Figueras (een van die wêreld se grootste polospelers) en Steve James (Royal Australian Navy veteraan en Invictus gouemedalje‑wenner) byeen. Dié bekendes is paneellede saam met prins Harry, die hertog van Sussex, as medestigter en beskermheer van Sentebale, en maniere word bespreek hoe die krag van sport lewens kan verander, asook die impak van sport vir filantropie op die wêreldverhoog.

Prof De Villiers neem aan die paneelbespreking deel, terwyl 50 lede van die US Koor hul musikale talente tydens ‘n openingsoptrede by die beraad sal vertoon. Die US Koor is reeds die afgelope 11 jaar die wêreld se voorste gemengde amateurkoor volgens Interkultur, die organiseerders van die Wêreldkoorspele.

Prof de Villiers sê, “Ons waardeer die uitnodiging van die stigter en voorsitter van die ISPS om aan die beraad deel te neem. Dit gee die Universiteit Stellenbosch die geleentheid om betekenisvolle netwerke te bou en om tot die gesprekke met ander vooraanstaande deelnemers aan die beraad by te dra.

“Die Universiteit Stellenbosch is daartoe verbind om uitnemendheid te behaal en om kennis te bevorder in diens van die samelewing, en ek glo ons deel ‘n gesamentlike visie met dr Handa om ‘n positiewe impak op die samelewing te hê.”

Die dirigent van die US Koor, André van der Merwe, sê: “Ons is geëerd om hierdie uitnodiging te ontvang en ons is opgewonde om ‘n voorsmakie van ons Suid‑Afrikaanse kultuurskat op die globale verhoog te gee.”

  • ​Fotograaf: Mark Cloete

More articles

Uitnodiging na ’n vertoning Robert F. Kennedy

Haar storie, op háár terme

Dankie vir jou donasie aan Huis ten Bosch

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!