Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Rekordgetal van 650 internasionale studente het bymekaargekom om die semester as Matie-studente te begin

​’n Rekordgetal internasionale studente het Maandag (6 Februarie 2023) ‘n verwelkoming- en oriënteringsgeleentheid van Universiteit Stellenbosch Internasionaal (US Internasionaal) bygewoon voordat hulle semester as Matiestudente amptelik begin.

Vanjaar se kohort van 650 studente kom onder meer van Frankryk, Duitsland, Switserland, België, Nederland, Swede, Noorweë, Slowenië en die Verenigde State. Die groep bestaan uit volgraadstudente én studente wat van korttermynmobiliteitsgeleenthede gebruik maak, waaronder Freemovers, uitruilstudente, studente van die Amerikaanse Instituut vir Buitelandse Studie sowel as van die SKEMA-bestuurskool in Frankryk.

Robert Kotze, senior direkteur van US Internasionaal, sê dit is ‘n fenomenale ervaring om 30 jaar van internasionalisering met die grootste groep tot nog toe te kan vier. “Dit maak my baie gelukkig om hierdie groot groep te sien. In my eerste groep in 1994 was daar maar 14 studente, hoofsaaklik van Nederland. Dit is goed om te sien hoeveel ons oor die jare gegroei het.”

Hy het die groep aangemoedig om tot US Internasionaal se internasionaliseringswerk by te dra deur moeite te doen om met plaaslike studente en die algemene gemeenskap te skakel. “My uitnodiging aan julle is om aktief aan die gemeenskapsprogramme deel te neem sodat julle ook die wyer Stellenbosse gemeenskap kan ervaar. Nóg belangriker is egter om moeite te doen om met die plaaslike studente te gesels sodat ook húlle in die klaskamer aan internasionalisering blootgestel kan word. So, leef in die oomblik en wees ontvanklik vir nuwe ervarings.”

Tim Walter, ‘n student in Bedryfsadministrasie van die Universiteit van Münster in Duitsland, sê hy het gekies om by die US te kom studeer om ‘n ander leefstyl te ervaar – die weer, die natuurskoon en die diverse mense van Kaapstad. Hy beplan ook om tyd in te ruim vir pret.

Ook Maj Zemljic van die Universiteit van Ljubljana in Slowenië sien daarna uit om sy Bedryfsadministrasiestudie aan die US voort te sit. “Ek het gehoor Stellenbosch se onderrigmetode verskil van dié in Slowenië. Studente hier word uitgedaag om meer vrae te vra, self oor dinge na te dink en hulle eie navorsing te doen. Ek’s opgewonde daaroor.”

Vir Stefan ten Voorde, ‘n eerstejaarstudent in Voedselwetenskap aan Wageningen University & Research (WUR) in Nederland, was die Suid-Afrikaanse kultuur ‘n groot trekpleister. “Stellenbosch is in alle opsigte ‘n baie mooi en bevoorregte dorp, maar ek wil ook die kultuur in die res van die Kaap ervaar en dit dalk vergelyk met die tipe lewe wat ons in Europa lei. Ek merk reeds ‘n verskil op in hoe hulpvaardig mense hier is en hoeveel hulle vir mekaar omgee vergeleke met waar ek vandaan kom.”

Hy sê hy sal graag meer oor die Suid-Afrikaanse landboustelsel wil leer. “Net om te sien waar hulle trek in vergelyking met die Duitse landboustelsel, watter probleme hulle ondervind, en dalk ook hoe ek kan help.”

Die US sal weer sy gebruiklike Matie Buddy-stelsel gebruik. Dié makkerstelsel wys plaaslike studente aan om hulle internasionale eweknieë by die Universiteit te help aanpas.

Vir Nare Ngwepe, ‘n derdejaarstudent in Agri-ondernemingsbestuur, is dít sy tweede agtereenvolgende jaar as ‘n Matie Buddy. Hy het sy hulp aangebied omdat dit hom ‘n geleentheid gee om mense van ander kulture en lande te ontmoet, by hulle te leer, en sy interkulturele vaardighede te verbeter. “Deur met hulle om te gaan, hoop ek om myself vir die werksomgewing voor te berei waar ek met mense van verskillende rasse, omstandighede en kulture te doen sal kry. So, eintlik probeer ek myself teen ‘n kultuurskok beskerm,” sê hy.

Hy sê sy pligte as ‘n Maties Buddy sluit in om internasionale studente die kampus en ander besienswaardighede te wys.

  • Skrywer: Daniel Bugan

More articles

Eerste kohort van Future17-inisiatief voltooi kursus

Malope haal die Mail & Guardian se 200 Jong Suid-Afrikaners lys

Kom ons ondersteun Allan Boyle se 10 000 m-uitdaging

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!