Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Ruim skenking gaan help om beter sorgoplossing vir beserings te ondersoek

Beserings weens padongelukke, brandwonde en (interpersoonlike) geweld kom algemeen voor en is een van die grootste oorsake van sterftes in lae- en middelinkomste-lande soos Suid-Afrika. Daarom is navorsing nodig om beter te verstaan wat die uitdagings is wat gehalte-sorg vir sulke beserings verhinder.

‘n Ruim skenking van die Britse Nasionale Instituut vir Gesondheid en Sorgnavorsing (the National Institute for Health and Care Research in the United Kingdom (NIHR)) sal nou die Universiteit Stellenbosch in staat stel om hierdie uitdagings beter die hoof te bied. Die skenking sal help om die behandeling van sulke beserings te verbeter deur navorsing wat chirurgiese metodes kan verbeter.

Dit is absoluut noodsaaklik vir enigeen wat beserings opdoen om gehalte-sorg betyds te ontvang om ongeskiktheid of sterftes te voorkom, maar daar is steeds talle uitdagings wat toegang tot behoorlike sorg belemmer, dikwels met drastiese gevolge.

Die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Globale Chirurgie in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se Departement Globale Gesondheid sal saam met die Universiteit van Birmingham in die Verenigde Koninkryk werk aan ‘n studie om die moontlikheid van onnodige sterftes weens padongelukke- of geweldsbeserings te verminder.

Die twee universiteite het ‘n gesamentlike skenking van R58 miljoen ontvang waarvan R13 miljoen sal gaan vir navorsing in Suid-Afrika.

Professor Kathryn Chu, Direkteur van die Sentrum vir Globale Chirurgie, sal die Suid-Afrikaanse been van die studie lei en voortbou op vennootskappe met kundiges in Ghana, Rwanda en Pakistan.

Die projek sal voortbou op ‘n ander onlangse studie wat ook deur die NIHR befonds is. Dié studie deur dieselfde navorsingspan het 121 faktore geïdentifiseer wat toegang tot behoorlike sorg vir beserings in Afrikalande soos Ghana, Suid-Afrika en Rwanda belemmer.

As deel van die studie sal ‘n raamwerk gebruik word om gevolge te toets wanneer daar ‘n vertraging is of waar daar versuim word om sorg betyds aan te vra, te bereik, sorg te ontvang en wanneer ‘n beseerde aanbly in of volhou met hoë-gehalte sorg. Navorsers sal inligting versamel oor waar en hoe dié vertragings ‘n beseerde se sorg beïnvloed. Die doel is om beleidsmakers in die onderskeie lande in staat te stel om beleidsaanpassings te maak vir intervensie-programme wat sulke vertragings kan verminder en wat meer doeltreffende gesondheidsbehandeling kan verseker.

Chu sê sy voel baie bevoorreg om die skenking te ontvang. “Dit gee ons die geleentheid om dieper te delf in die probleme wat ons tydens ons vorige werk oor toegang tot sorg vir beserings gevind het,” het sy gesê.

“Beserings veroorsaak ‘n groot aantal sterftes en ongeskiktheid wêreldwyd, veral in Afrika waar padongelukke en interpersoonlike geweld baie hoog is. Een uit elke vier besoeke aan ongevalle in Suid-Afrika is weens beserings. Meeste van die beserings is tydsgebonde en vertragings in die toegang tot gehalte-sorg kan tot ongewensde gevolge lei. Met ander woorde, indien beseerdes gouer sorg ontvang, sal meer oorleef en sal daar minder langtermyn-komplikasies wees.”

Oor wat sy hoop om met die navorsing te bereik, het Chu gesê: “Ons hoop om die bevindinge regoor Afrika en Asië toe te pas om so toegang tot gehalte-sorg te verbeter. Die diversiteit in kultuur, ekonomie en tipe beserings in deelnemende lande sal navorsers in staat stel om te bepaal wat die vertragings veroorsaak en om oplossings te identifiseer wat oor verskillende instellings toegepas kan word. Dit sal ook aan ander lande wat nie aan die projek deelneem nie, oorgedra kan word.

“Die studieleiers sal ook vier PhD studente en 14 junior navorsers oplei in lande met min hulpbronne. Opleiding sal geskied deur navorsingsentrums in die deelnemende lande te skep. Die navorsingsentrums sal bly voortbestaan na die projek ten einde geloop het om toekomstige navorsers in die lae- en middelinkomste-lande op te lei,” het Chu gesê.

More articles

US-verwelkomings-tydperk begin vandeesweek

Tyd, soepelheid belangrik vir gesonde, regverdige en gebalanseerde werkslewe

Prof Wesaal Khan help verseker almal het toegang tot veilige, bekostigbare drinkwater

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!