Die SciMathUS-universiteitsvoorbereidingsprogram stel die Universiteit Stellenbosch in staat om ons mandaat te vervul om in die sosio-ekonomiese behoeftes van die land te voorsien, maar ook om ʼn noemenswaardige impak op studente se individuele lewens te maak, dit aan te raak en te transformeer en ook die armoede-siklus te verbreek.
Ons het JOU ondersteuning nodig om inklusiewe geleenthede vir talentvolle jongmense uit opvoedkundig benadeelde omgewings te skep om sodoende toegang tot hoër onderwys te kry.
Alle filantropiese skenkings aan SciMathUS kom in aanmerking vir ʼn belastingvoordeel en jy sal ʼn artikel 18A-kwitansie/belastingsertifikaat ontvang.
Klik op die skakel hiernaas en kies die SciMathUS oortjie. https://web-apps.sun.ac.za/donor-contribution-gift/#/home
Saam kan ons ʼn verskil maak! #ChangingLives
Lees meer oor die SciMathUS-universiteitsvoorbereidingsprogram hier https://www.matiesalumni.com/scimathus/?lang=afr.