Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

SciMathUS: Tweeling se dubbele sukses danksy tweede kans

As die eerste tweeling wat die SciMathUS-program voltooi het, dien Rochelle en Jennelle Cloete as skitterende voorbeelde vir moedelose matriekleerlinge – dat tweede kanse soms twee keer aan dieselfde deur kan kom klop.

Die SciMathUS-universiteitsvoorbereidingsprogram bied jaarliks aan leerders wat reeds Graad 12 geslaag het, maar nie vir hoëronderwyskeuring kwalifiseer nie, ‘n tweede geleentheid om hul Nasionale Senior Sertifikaat(NSS)-uitslag vir die vakke Fisiese Wetenskap, Wiskunde en Rekeningkunde te verbeter. Dit sal hulle in staat stel om weer aansoek te doen vir universiteitsprogramme.

Die tweeling van Eersterivier het in 2019 vir die SciMathUS-program ingeskryf nadat hulle besef het dat hul matriek wiskundepunte nie goed genoeg is om vir hul beoogde studiekursus – ‘n Baccalaureus in Rekeningkunde (BRek) – by die US aanvaar te word nie.

Rochelle vertel verder: “Ons rekeningkunde onderwyser by Hoërskool Kleinvlei het ons vertel van die SciMathUS-program waarvoor ons kan aansoek doen om ons wiskundepunte te verbeter. En toe ons aansoek doen is ons albei aanvaar vir die rekeningkundige stroom.”

Jennelle sê die jaarlange program was alles waarop hulle gehoop het en meer.

“Ons het ‘n dieper begrip van wiskunde en die basiese beginsels daarvan gekry. Ons wiskundepunte het dus eksponensieel verbeter. Gevolglik is ons aanvaar vir ons BRek-studies aan die US die volgende jaar.”

BRek-gegradueerdes

Sy sê die program het hulle ook met akademiese literatuur-, denk-, ekonomie- en rekenaargeletterdheidsvaardighede toegerus . Dit het handig te pas gekom in hul voorgraadse jaar, aangesien van daardie basiese beginsels in sommige van die modules vir hul graad geïntegreer was.

Hul SciMathUS-reis het hulle ook ‘n paar waardevolle lesse geleer wat hulle nie skroom om met die klas van 2023 te deel nie. “Moenie bang wees om vrae in die klas te vra nie. Vra die dosent vir hulp as jy onseker is oor iets, of dit nou akademies of persoonlik is. Bly op hoogte van jou werk en doen jou huiswerk soos nodig.”

Die susters gee toe dat hul deelname aan die program as tweeling sy voor- en nadele gehad het.

“Een van die voordele was dat ons mekaar ten minste in die begin kon geselskap hou toe die omgewing nog nuut en vreemd was. Dit was veral voordelig aangesien ons in daardie jaar vir die eerste keer in ons lewens in ‘n koshuis gebly het,” sê Rochelle.

“Een van die nadele was dat ons dit nie eintlik nodig geag het om nuwe vriende te maak nie aangesien ons so gewoond aan mekaar se geselskap was. Maar op die ou end het ons eintlik baie goeie vriende gemaak,” vertel Jennelle.

Die tweetjies het hul BRek in 2022 verwerf, maar hul akademiese reis by Stellenbosch is nog lank nie verby nie. Rochelle beplan om vanjaar ‘n nagraadse diploma in rekeningkunde te voltooi, terwyl Janelle haar nagraadse studie in 2024 sal aanpak. Hulle beplan om in die toekoms as Geoktrooieerde Rekenmeesters te kwalifiseer.

En nou, met hul drome so te sê bewaarheid, loop die tweeling oor van dankbaarheid vir die SciMathUS-program wat hulle die tweede kans gegee het om nie net hul wiskundepunte te verbeter en hul gekose graad te behaal nie, maar ook om hul lewens vir altyd te verander.

“Dankie SciMathUs dat julle ons gehelp het om beheer oor ons toekoms te neem en dat julle ons ouers weer trots op ons gemaak het.”

  • Skrywer: Daniel Dugan

More articles

Bespreking tydens Woordfees ondersoek die kompleksiteite van Kleurling kultuur

15 jaar van die bevordering van Chinese taal en kultuur gevier

#SWAN: Dinamiese ma-en-dogter-duo vind inspirasie in sosiale geregtigheid

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!