Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

SciMathUS vervul kernrol in Timothy se sukses

Timothy Juries is goed op dreef om homself in die dierewetenskapsektor te vestig nadat die Universiteit Stellenbosch se SciMathUS-program hom ‘n tweede kans op hoëronderwysstudie gebied het.

Die SciMathUS-universiteitsvoorbereidingsprogram gee hoërskoolleerders wat reeds graad 12 geslaag het, maar nie vir hoëronderwyskeuring kwalifiseer nie, ‘n tweede kans om hul Nasionale Senior Sertifikasie (NSS) resultate in wiskunde, fisiese wetenskappe en rekeningkunde te verbeter. Dit stel hulle dan in staat om weer vir universiteitsprogramme aansoek te doen.

Nadat hy op hoërskool by die US se Sentrum vir Pedagogie (SUNSEP) se Eskom-ekspo vir Jong Wetenskaplikes betrokke was waar hy met personeel, dosente en navorsers te doen gekry het, was Juries vasbeslote om sy studies daar voort te sit. Maar swak matriekpunte het daardie plan in die wiele gery.

“Ek het nie geweet wat om te doen en waarheen om te gaan nie en het baie depressief begin word. Maar toe ontdek ek die video van dr Gerald Maarman (wat in die SciMathUS-klas van 2003 was en vandag ‘n dosent in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe is). Ek het dadelik my ma gebel, maar kon nie by haar uitkom nie. Intussen het sy probeer om my in die hande te kry omdat sy ‘n advertensie (oor die program) in Die Burger gesien het. Dit was net die motivering wat ek nodig gehad het om die program ‘n kans te gee.”

Hy was aanvaar vir die SciMathUS-klas van 2013 en het daarin geslaag om sy punte vir wiskunde en fisiese wetenskap te verdubbel aan die einde van die jaar lange program.

“Ek is baie dankbaar dat ek dié kans gekry het. In die begin was ek ‘n bietjie moedeloos, want my vriende het as voltydse studente begin studeer terwyl ek nie kon nie. Maar ek is dankbaar vir my SciMathUS-mentor, mnr Lynthon Jacobs, wat ons gemotiveer het om beter te doen.”

Juries sê die program het hom verder aan die universiteitslewe blootgestel en sy besluit versterk om by die US aan te bly.

In 2017 het Juries ‘n BSc-graad (Molekulêre Biologie en Biotegnologie) aangepak, maar toe oorgeskakel na ‘n PGDip in AgriWetenskappe “omdat ek besef het dat my passie in die veekundesektor lê”. Hy het toe in 2021 ‘n MSc in Akwakultuur (Veekunde) voltooi “omdat ek groot potensiaal vir toekomstige navorsing en werksgeleenthede in dié veld gesien het”.

Hy werk tans as assistent-broeiplekbestuurder by Three Streams Holdings in Franschhoek waar hy verantwoordelik is vir die uitbroei van forel ova (eiers) en hul groei.

“Ek is praktiese betrokke by die proses en dit daag my uit om innoverend te dink om uitsette en produksie te verhoog. Ek tel ook baie ervaring op, iets wat jy nie juis as student kry nie.”

Juries, wat afkomstig is van die Wes-Kaapse dorpie Atlantis waar werkloosheid, ‘n gebrek aan behuising en misdaad groot uitdagings is, het gesê: “Ek kom uit ‘n omgewing waar die vinnigste en maklikste manier om ‘n bestaan te maak, is om by ‘n bende aan te sluit en aan kriminele aktiwiteite deel te neem. Ek moes stroom-op swem om te kom waar ek vandag is. Ek kan net my familie en onderwysers bedank wat my ondersteun en gemotiveer het, en natuurlik SciMathUs wat ek sien as ‘n reddingsboei vir kinders wat grootword in omgewings soos waar ek vandaan kom.”

More articles

Boodskap van die Rektor: Voorval by Huis Marais

Maties stel hul kunswerke ten toon by nuwe Alumni-klubhuis

Nuwe groep Dell-jongleierstudente begin hul reis

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!