Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Ses eredoktorsgrade, talle kwalifikasies by Desember-gradeplegtighede toegeken

Die Universiteit Stellenbosch (US) ken aanstaande week altesame 5 779 kwalifikasies by 13 plegtighede gedurende sy Desember-gradeplegtigheidsweek toe. Die gradeplegtighede, wat ’n hoogtepunt op die Universiteit se akademiese kalender is, vind van Maandag tot Vrydag, 11–15 Desember 2023 plaas.

Van die kwalifikasies wat toegeken sal word, is 139 PhD’s, 614 meesters- en 935 honneursgrade. Ander kwalifikasies sluit ook voorgraadse baccalaureusgrade (professioneel en algemeen) en voor- en nagraadse diplomas en sertifikate in. Ses eredoktorsgrade word ook gedurende die week by verskillende plegtighede aan uitsonderlike individue toegeken wat hulleself op hulle onderskeie gebiede onderskei het en ’n betekenisvolle bydrae tot die samelewing gelewer het.
Verskeie personeellede sal ook die Universiteit se gesogte Kanselierstoekenning ontvang. Hierdie toekenning gee erkenning aan personeellede wie se loopbaan van volgehoue uitnemendheid in navorsing, innovasie, leer en onderrig, sosiale impak en professionele dienste getuig. Die jaarlikse Kanseliersmedalje sal ook aan die toppresteerder toegeken word. Die naam van die wenner sal by die ontvanger se gradeplegtigheid aangekondig word.

Eredoktorsgrade

Vanjaar se ontvangers van eredoktorsgrade is:

Me Charlotte Vuyiswa McClain-Nhlapo
Die graad Doktor in die Wysbegeerte (DPhil), honoris causa, word aan McClain-Nhlapo toegeken vir haar lewenslange werk op die gebied van maatskaplike geregtigheid en gelykheid. Sy is tans die globale gestremdheidsadviseur van die Wêreldbank-groep.
Prof Pumla Dineo Gqola
Gqola, ’n akademiese skrywer en genderaktivis, sal die graad Doktor in die Lettere (DLitt), honoris causa, ontvang. Afgesien van haar akademiese werk, is Gqola diep verbonde tot maatskaplike geregtigheid en gendergelykheid.
Prof Lehana Thabane
As internasionaal-erkende vakkundige en biostatistikus sal Thabane die graad Doktor in die Natuurwetenskappe (DSc) (Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe), honoris cause, ontvang vir sy bydrae tot klinieseproefmetodologie.
Dr Robert Martin Adam
Die graad Doktor in die Natuurwetenskappe (DSc), honoris causa, word aan Adam toegeken vir sy wesenlike bydrae tot die wetenskap, tegnologie en die samelewing. Hy is die voormalige direkteur van die Vierkantekilometerreeks (SKA) Suid-Afrika.
Prof Kenneth Shropshire
As die besturende direkteur van die Wharton Coalition for Equity and Opportunity by die Universiteit van Pennsylvania in die VSA, ontvang Shropshire die graad Doktor in die Handelswetenskappe (DCom), honoris causa. Hy is bekend as een van die voorste sportreg- en sportsakekenners wat die grondslag vir hierdie vakgebied gelê het.
Me Nomfundo Tshazibana
Tshazibana, die adjunk-goewerneur van die SA Reserwebank en hoof- uitvoerende beampte (HUB) van die Omsigtigheidsowerheid, ontvang die graad Doktor in die Handelswetenskappe (DCom), honoris causa, vir haar werk om ekonomiese groei en stabiliteit in Suid-Afrika te bevorder.
*Klik hier om oor die ontvangers van die eredoktorsgrade te wete te kom.

Akademiese tuiste

Die Rektor en Visekanselier van die US, prof Wim de Villiers, het die graduandi en diegene wat hulle op hulle akademiese reis ondersteun het, geloof.
“Jou US-kwalifikasie sal vir jou deure oopmaak, ongeag waar jy jou in die wêreld bevind. Ons het ’n goeie plaaslike en internasionale reputasie wat verder versterk word deur die feit dat ons gegradueerdes ’n invloed het waar hulle ook al gaan,” het hy gesê.

“Ek weet die lesse wat jy hier geleer het, sal jou goed te pas kom en ek hoop jy sal voortgaan om die US se waardes – billikheid, deernis, verantwoordbaarheid, respek en uitnemendheid – uit te leef.”

De Villiers het ook die afgestudeerde klas aangemoedig om in aanraking te bly met hul alma mater en om deur die instelling se wêreldwye alumni-netwerk deel van die Universiteit se toekoms te wees.

“Die US sal altyd jou akademiese tuiste wees, en deelname aan alumni-aktiwiteite sal jou professionele ontwikkeling op jou pad vorentoe bevorder.”

• Die gradeplegtighede kan regstreeks per stroomuitsending gevolg word by www.sun.ac.za/streaming.
• Klik hier​ om meer uit te vind oor die Desember-gradeweek.

More articles

Ware Kampioene

Bemagtiging van pasiënte en gesondheidsorgpersoneel die kern van Burger se visie vir Stralingsonkologie

Cher Petersen: Uitdagings lei van BSc na media

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!