Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

#SWAN: Skouers skuur met Nobelpryswenners

Dr Nabila Ismail is ʼn navorsingswetenskaplike in die Afdeling Molekulêre Biologie en Menslike Genetika in die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Sy is gekies om in Junie vanjaar die 72ste Lindau Nobel-bekroningsvergadering in Lindau, Duitsland, by te woon. Sy vertel alles oor haar ervaring van hierdie toonaangewende geleentheid in die onderstaande.

Van 23 tot 30 Junie 2023 het meer as 600 jong wetenskaplikes van regoor die wêreld die 72ste Lindau Nobel-bekroningsvergadering in Lindau, Duitsland (#LINO23), bygewoon. Hierdie vergaderings is ʼn eenmalige geleentheid om met Nobelpryswenner-wetenskaplikes, jong medewetenskaplikes en die wyer wetenskaplike gemeenskap byeen te kom en met mekaar om te gaan, mekaar te verstaan, verbintenisse te vorm en mekaar te inspireer en op voed oor die ware betekenis van ʼn wetenskaplike wees in hierdie tydvak.

Om ʼn uitnodiging na hierdie vergadering te ontvang, moet wetenskaplikes jonger as 35, wat onder die top 5% in hulle klas presteer en uitnemendheid in navorsing toon, deur ʼn veelfase- aansoekproses gaan. Ek het in 2019 om hierdie vergadering aansoek gedoen en is aanvanklik vir die vergadering in 2020 aanvaar, maar laasgenoemde moes weens die Covid-19-pandemie gekanselleer word. Die uitnodiging is na die vergadering in 2023 oorgedra. Ek was een van nege Suid-Afrikaanse wetenskaplikes wat deur die Suid-Afrikaanse Wetenskapsakademie (ASSAf) gekies en geborg is om die vergadering by te woon.

Dit was vir my ʼn groot eer om as een van 635 wetenskaplikes wêreldwyd vanjaar se vergadering by te woon, en om boonop een van die 40 wetenskaplikes te wees wat gekies en opgelei is om hulle werk by die “Next Generation Science”-praatjies by die vergadering aan te bied.

Tydens die weeklange byeenkoms was die hele eiland van Lindau in ʼn wetenskap-extravaganza omskep – van lesings in die stadsteater na ontmoetings met pryswenners op straat of in ʼn restourant. Die eiland was vol lewe en het gegons van wetenskaplike diskoers en idees!

Die navorsing wat vertoon is, was divers, en ook die wetenskaplikes – daar was wetenskaplikes van 89 nasionaliteite teenwoordig! Ek kom gelukkig uit ʼn diverse agtergrond: ek is ʼn Moslem-, Indiër-, vroulike Suid-Afrikaanse wetenskaplike en ʼn moeder, en ek kon met ʼn verskeidenheid individue skakel wat by minstens een van hierdie omskrywende eienskappe aanklank kon vind.

My navorsing fokus op tuberkulose (TB), ʼn siekte wat daagliks die dood van meer as 4 000 mense tot gevolg het. Die bywoon van ʼn vergadering waar ek ander wetenskaplikes kon herinner aan die impak wat ʼn mikroörganisme kan hê, het die impak van my navorsing oor middelweerstandige TB bevestig.

 

Lees meer:

  • Oriëntering deur die DWI voor vertrek
  • Nobel Lindau-blog oor gesondheid en siektes
  • Nobel Lindau-blog as ʼn vrou in die wetenskap
  • ​Lindau-webwerf

​

Foto-opskrifte:

  • Nabila Ismail saam met Nobelpryswenner, Frances Arnold (links)
  • Nabila Ismail saam met die Suid-Afrikaans gebore Nobelpryswenner, Michael Levitt (middel bo)
  • Nabila Ismail saam met Nobelpryswenner, Morten Meldal en sy vrou, Phaedra Marie St. Hilaire (regs bo)
  • Nabila Ismail se aanbieding by die “Next Generation Science”-praatjie (onder)

 

More articles

Boeke: Barend die Barbaar

Skenkingsdag: Kan ons op jou staatmaak?

Dankie vir jou donasie aan Huis ten Bosch

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!