Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Daar is geen verbod op Afrikaans by die US nie – Prof Wim de Villiers

Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, wil jou as ‘n gewaardeerde lid van ons Universiteit Stellenbosch- (US-)gemeenskap graag persoonlik op hoogte bring van ons onlangse verskyning voor die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK).

Nadat hulle klagtes van Afriforum en die DA ontvang het oor ‘n beweerde verbod op die gebruik van Afrikaans aan die US, het die SAMRK op 10 Mei 2021 ‘n verhoor op Stellenbosch gehou.

Die volledige verklaring daardie dag is hier te kry, maar die hooftrekke volg hieronder.

Die probleem het aan die begin van die akademiese jaar in Maart ontstaan toe studenteleiers nuwelingeerstejaars in die koshuis blykbaar versoek het om slegs Engels te gebruik om seker te maak dat almal toegang tot noodsaaklike inligting het.

In ‘n komplekse omgewing soos ‘n groot universiteit is dit gewis so dat foute kan plaasvind. Indien nuwelingstudente inderdaad gevra is om in sosiale verband by Engels te hou, sou dit verkeerd wees, want dit is nie ons beleid nie. Inteendeel, ons Taalbeleid (www.sun.ac.za/taal) bevorder meertaligheid en hou rekening met die diversiteit van ons samelewing sowel as die intellektuele rykdom wat in daardie diversiteit opgesluit lê.

So, toe die bewerings aan die lig kom, het ons dit vinnig begin ondersoek. En ons het onverwyld regstellend opgetree. Ons het deur ons Afdeling Studentesake met studenteleiers en studente in koshuise in gesprek getree om ‘n gemeenskaplike begrip van die Taalbeleid en die implementering daarvan te verseker.

Kom ek stel dit baie duidelik: Daar is geen verbod op Afrikaans by die US nie – nie in lesinglokale, in koshuise of op enige ander plek op kampus nie. Die US is ‘n nasionale bate. Ons is trots op ons bydrae tot menslike ontwikkeling, en is oortuig dat ons studente meer keuses, groter toegang en ‘n beter toekoms het danksy ons benadering tot taal.

Ek onderneem om jou op hoogte te hou van die saak, en ons sal jou van nuwe ontwikkelings in kennis stel namate die proses ontvou. Boonop is ek, soos altyd, beskikbaar vir verdere gesprek.

Kom ek sluit af met goeie nuus. Dit is vir ons aangenaam om verslag te doen dat die US sy eie rekord verbeter het vir die meeste kwalifikasies wat tot nog toe in ‘n akademiese jaar by die instelling toegeken is. Volgens die jongste syfers het die Universiteit in 2020 altesaam 9 234 grade, sertifikate en diplomas verleen – en daarmee die vorige jaar se rekord van 9 133 kwalifikasies gebreek. (Klik hier vir meer hieroor.)

Dít is ‘n merkwaardige prestasie as ‘n mens in ag neem hoeveel uitdagings die COVID-19-pandemie ingehou het. Dit spreek boekdele vir die US se vermoë om aanpasbaar te wees én vir ons personeellede en studente se skrik-vir-niks-ingesteldheid.

Ons sou dit nie kon doen sonder jou onderskraging en aanmoediging nie. Dankie vir jou voortgesette steun.

Kom ons beweeg nou saam vorentoe, forward together, sonke siya phambili!

Wim de Villiers
Rektor en Visekanselier
Universiteit Stellenbosch

More articles

Shomane skitter in die regswêreld

#Train4Fees-veldtog oor die wenstreep

Besoek aan die Stellenbosch Biblioteek Innovasieruimte: ʼn Buitengewone, asemrowende ervaring

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!