Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Sluit by ons aan vir Skenkingsdag 2022

Die Universiteit Stellenbosch (US) is gereed om sy derde jaarlikse Skenkingsdag van 6 tot 7 Oktober aan te bied en daag alumni, studente, personeel en vriende van die Universiteit uit om betrokke te raak.

Die saak? Om Matie-studente te help om die vele hindernisse op hul pad na sukses te oorkom. Alle opbrengste sal geskenk word aan Bridge the Gap, die Universiteit se Jaarfonds. Die US is besig om fondse in te win vir allerlei inisiatiewe onder die sambreel van BTG. Dit sluit in:

#Move4Food, die Tygerberg Pantry-projek, #Action4Inclusion, #GradMe, #Zim4Zim, #MatiesHaveDrive en Caught in the Middle.

Die Skenkingsdag-bedrywighede sal hoofsaaklik in en om die Neelsie-studentesentrum in Stellenbosch gesentreer wees, maar indien jy jouself in ʼn ander deel van Suid-Afrika of in die buiteland bevind, sal jy steeds die geleentheid kry om ʼn bydrae te lewer.

Skenkingsdag-aktiwiteite sluit in ‘n fliekmaraton by die pas-opgeknapte Neelsie-fliekkompleks, ʼn spin-a-ton, ‘n geleentheid om die koste van jou eerste koppie koffie te skenk, ʼn tafeltennistoernooi, ʼn boomversierkompetisie vir koshuise en PSO’s, ʼn kunsuitstalling en kunsverkoping en ʼn Matie-wedloop.

“Skenkingsdag bied ʼn voorbeeld van hoe ons almal saam kan kom om ʼn tasbare verskil te maak aan die lewens van behoeftige studente. Hier by die Universiteit Stellenbosch glo ons dat geen student agtergelaat moet word nie. Alle geskenke, ongeag hoe klein, word verwelkom en sal waardeer word,” luidens Viwe Benxa, BTG-koördineerder by die US.

Meer omtrent die Skenkingsdag-bedrywighede (begin om 09:00)

Spoor ʼn Toekomskans Aan (Fuel-A-Future)

Personeel, alumni en die studentegemeenskap word aangemoedig om die koste van hul eerste koppie koffie te skenk ten bate van Bridge the Gap.

Spin-a-Ton

Studente, personeel en alumni kan fietstrap in die Neelsie. Deelnemers word vooraf tydgleuwe van 10 minute elk toegeken. Jy kan ʼn span of selfs individuele fietsryers borg deur ʼn skenking van R20 te maak.

Maties-wedloop

Jy kies om ʼn afstand van 2.5 km, 5 km, 10 km of selfs 20 km langs enige roete wat jy verkies, af te lê, waar jy jou ook al mag bevind. Al wat jy hoef te doen, is om jou netwerk van vriende of familielede te nader om elke kilometer wat jy voltooi, te borg.

Kunsuitstalling

Tydens die 24-uur tydperk van Skenkingsdag sal ons ʼn kunsuitstalling by die Neelsie aanbied, waar studente hul talente ten toon kan stel en deur middel van hul kunsvaardighede tot die saak kan bydra. Ons spoor jou aan om hul werke te kom besigtig.

Tafeltennis

Daar sal op die grondverdieping van die Neelsie tafeltenniskolle opgerig word. Tydgleuwe sal vooraf toegeken word maar verbygangers kan gerus ook betrokke raak. Die koste verbonde aan ʼn speeltyd van 15-20 minute is R20.

Woud van Skenking

Koshuise en PSO’s gaan die bome langs Victoriastraat tussen Irene en Dagbreek versier. Daar sal aan elke koshuis of PSO ʼn boom toegewys word, en ʼn geskenkhouer vir die invorder van nie-bederfbare kruideniersware en toiletware (waaronder ook sanitêre doekies) sal naas elke versierde boom geplaas word. Oorweeg dit gerus om een of twee items daarin te plaas.

Fliekmaraton                                                                                                                

Daar sal ʼn fliekmaraton plaasvind in die opgeknapte Neelsie-fliekkompleks tussen 16:00 op 6 Oktober en 02:00 op 7 Oktober. Daar is altesaam 219 sitplekke beskikbaar, 121 by Teater Een en 98 by Teater Twee. Kaartjies kos R30 elk en is beskikbaar by Quicket. (BESPREEK HIER)

  • Gaan na https://www.givengain.com/c/stelalum/ indien jy aanlyn ‘n skenking wil maak.
  • Vir meer inligting oor Skenkingsdag, kontak Viwe Benxa by vbenxa@sun.ac.za of bridgethegap@sun.ac.za. 

More articles

#Move4Food: Dankie vir jou deelname aan die Kaapstad Fietstoer

Boeke: The Enemy Within

Veldkos en inheemse produkte deel van kulinêre storie om hulde te bring aan Krotoa

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!