Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Universiteit Stellenbosch installeer sanitêre doekiesmasjiene op kampus

Die Universiteit Stellenbosch (US) het ‘n beduidende stap geneem om menstruasie-armoede te beëindig deur moderne sanitêre doekiesmasjiene op kampus te installeer. Die masjiene is moontlik gemaak deur die geldelike ondersteuning van ‘n skenker in die Verenigde Koninkryk.

Twee eenhede is op die Stellenboschkampus geïnstalleer, terwyl die derde eenheid in die komende weke op die Tygerbergkampus in Bellville opgerig sal word.

In Suid-Afrika affekteer menstruasie-armoede meer as sewe miljoen jong vroue, met baie wat moet kies tussen die koop van kos of sanitêre produkte. Dit is ook die ervaring van baie vrouestudente aan die US wat nie oor voldoende hulpbronne beskik om toegang tot hierdie produkte te kry nie, en op sy beurt het dit weer ‘n geweldige impak op hul opvoeding, liggaamlike gesondheid en geestesgesondheid.

Om hierdie kwessie op US-kampusse aan te spreek, het die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge die #EndPeriodPoverty-inisiatief van stapel gestuur as deel van die Universiteit se Bridge The Gap-jaarfonds (BTG). #EndPeriodPoverty het ten doel om fondse in te samel om sanitêre doekiesmasjiene aan te skaf om die stigma rakende menstruasie aan te spreek en studente waardige toegang tot vroulike higiëneprodukte te bied.

“Vir die toetsfase het ons besluit om twee groot outomatiese masjiene vir ons Stellenboschkampus aan te skaf wat altesaam 1 000 pakke met doekies per maand sal bevat en ‘n kleiner masjien vir ons Tygerbergkampus met 100 pakke per maand. Elke pak bevat agt plaaslik vervaardigde, bioafbreekbare sanitêre doekies. Die masjiene sal maandeliks hervul word,” sê Viwe Benxa, Alumnibetrekkinge Koördineerder en BTG-ambassadeur.

“Ons studente sal doekies ontvang deur bloot met hul studente-identiteitskaarte te tik. Deur die studente-identiteitskaart se gebruik, sal ons die proses monitor en die vraag daarna akuraat kan bepaal. Hierdie inligting is goud werd om sodoende meer masjiene by nuwe punte op ons kampusse beskikbaar te stel.”

Die masjiene is strategies geleë in areas waar vroulike studente maklik toegang daartoe kan kry. Die twee plekke vir die Stellenboschkampus is by die Jan Mouton-leersentrum en buite die Tinie Louw-saal.

“Ons hoop om genoeg fondse te werf vir die volgende twee installasies wat vir ons Saldanha-kampus geoormerk is,” voeg Benxa by.

  • Besoek https://www.givengain.com/cc/end-period-poverty/ om hierdie inisiatief te ondersteun.

More articles

Kom ons voer die goedheid verder!

US voer die botoon in die SA Tersiêre Wiskunde Olimpiade

Hoekom dit belangrik is om oor vroue in die wiskundige wetenskappe te praat

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!