Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Studie ondersoek vleisalternatiewe suid van die Sahara

​Na raming sal die oorgrote meerderheid van die verwagte 73%-toename in die wêreldaanvraag na vleis teen 2050 uit Afrika suid van die Sahara (ASS) kom. Aangesien kommer oor die mens en die omgewing se welstand waarskynlik met hierdie toename in verbruik meer prominent sal word, word daar voorbrand gemaak vir plantgebaseerde vleis as alternatief. Maar dit gaan ‘n ruk duur voordat verbruikers in hierdie streek hulle sappige biefstuk of hoendervlerkies vir ‘n streng vegetariese (vegan) burger sal verruil.

‘n Oorsigstudie oor plantgebaseerde alternatiewe vir vleis in ASS wat onlangs in Scientific African verskyn het, wys daarop dat ons eers moet bepaal wat die sosiale en maatskaplike implikasies daarvan sal wees om minder vleis te eet, wat die hindernisse verbonde aan die eet van plantgebaseerde produkte gelyksoortig aan vleis is, verbruikers se aanvaarding van hierdie produkte en strategieë wat mense sal aanmoedig om hul vleisinname met plantgebaseerde alternatiewe aan te vul. Plantgebaseerde produkte gelyksoortig aan vleis (vleisanaloë) is voedsel wat ontwerp is om die voorkoms, geur en tekstuur van vleisprodukte na te maak. Dit sluit onder meer burgers, wors, stukkies vleis (‘nuggets’), maalvleis en frikkadelle in.

Die oorsig is deur Omamuyovwi Gbejewoh en dr Jeannine Marais van die Departement Voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch en dr Sara Erasmus van die Voedselgehalte- en -ontwerpgroep aan die Wageningen University & Research (WUR) in Nederland onderneem. Hulle het die beskikbare literatuur oor die vervaardiging en verbruik van plantgebaseerde vleisalternatiewe bestudeer deur in die ‘Web of Science and Scopus’-databasisse na akademiese artikels en Google vir nuus en gewilde artikels te soek.

In die aanloop tot Wêreldvoedseldag op 16 Oktober, sê die navorsers hul oorsig toon daar is sekere goed wat verbruikers verhinder om plantgebaseerde vleisanaloë te aanvaar, hoewel verkope van plantgebaseerde vleisprodukte wêreldwyd $12,1 miljard in 2019 beloop het, en waarskynlik met 15% tot $27,9 miljard teen 2025 en tot $149 miljard teen 2029 sal styg. Hulle wys egter daarop dat daar reeds die afgelope 25 jaar verskillende tipes plantgebaseerde vleisprodukte in Suid-Afrika en die res van ASS beskikbaar is.

Hindernisse

“Verbruikers se voorkeur vir vleis is die grootste hindernis vir die eet van plantgebaseerde vleisprodukte of die volg van ‘n streng vegetariese eetpatroon. Daarby het vleis ook belangrike sosiokulturele bybetekenisse soos status, mag, hiërargie en onderwerping van ander.

“Navorsing in Zambië het byvoorbeeld aan die lig gebring dat die eet en deel van vleis, en selfs die soort vleis wat bedien word, ekonomiese voorspoed, mag en respek beteken. Hoender is gewilder vir gewone verbruik en om gaste te onthaal, want dit is makliker bekombaar en relatief goedkoop. Daarenteen word beesvleis net vir belangrike besoekers en baie belangrike geleenthede gebruik, aangesien dit op voorspoed dui. Dit is ook baie duurder en word gewoonlik net in hooggeplaasde huishoudings geëet.

“Ander navorsingstudies het bevind dat ander etniese groepe in Suid-Afrika die vleis van verskillende soorte mak -en vrylopende wilde diere in die voorbereiding van verskeie vleisgeregte gebruik.”

Die navorsers voeg by dat prys nog ‘n belangrike hindernis in die aanvaarding van plantgebaseerde vleis is.

“In Suid-Afrika word plantgebaseerde alternatiewe vir vleis as duur nismarkprodukte beskou wat met status en klas geassosieer word.”

Wat die omgewings- en gesondheidsrisiko’s verbonde aan die gereelde eet van vleis van makgemaakte diere betref, dui die navorsers daarop dat hoewel verbruikers hierdie risiko’s erken, hulle waarskynlik nog steeds nie minder vleis sal eet nie. Hierdie verskynsel staan as die “vleisparadoks” bekend.

‘Stralekranseffek’

“Ons oorsig het getoon dat die ‘stralekranseffek’ (verbruikers se siening dat plantprodukte omgewingsvriendeliker is) wat aan plantgebaseerde vleis gekoppel word, nie heeltemal geregverdig is nie, want navorsers laat (on-)wetend die verwerkte aard van vleisalternatiewe in enige omgewings- of gesondheidsrisikobeoordeling buite rekening.

“Terwyl die verminderde uitwerking van vleisalternatiewe op die omgewing voor die hand liggend is, moet ‘n begin-tot-einde-omgewingsbeoordeling gedoen word om te verseker dat die omgewingslas nie na ander stadiums van die produksiesiklus verskuif word nie.”

Die navorsers sê die oorsigstudie het ook bevind dat plantgebaseerde vleisprodukte se voedingsamestelling soortgelyk aan vleis is, hoewel verskille in noodsaaklike voedingstowwe versigtig gehanteer moet word.

“Wat betref die verskil in voedingsamestelling tussen tradisionele vleis en vleisalternatiewe is daar nie afdoende bewys dat die een gesonder is as die ander nie.”

Volgens hulle is die beskikbare literatuur oorlaai met strategieë om tradisionele vleisverbruik te verminder en om plantgebaseerde vleisalternatiewe uit te toets. Dit sluit onder meer vleislose dae in, asook die gedeeltelike vervanging van tradisionele vleis met plantgebaseerde bestanddele (byvoorbeeld ‘hibridiese burgers”), kultuur- en lewensstylveranderinge, verbruikersopvoeding en belastingheffings op tradisionele vleis of subsidies op plantgebaseerde vleis.

“Party van hierdie strategieë het egter ook nadele. Voedseletikette oor die gesondheids- en omgewingsvoordele van plantgebaseerde vleis mag dalk te veel inligting bevat wat verbruikers deurmekaar kan maak.

“Indien verbruikers in ASS oortuig moet word om minder vleis te eet en/of dit met plantgebaseerde alternatiewe te vervang, moet laasgenoemde nie as ‘n plaasvervanger vir tradisionele vleisprodukte bemark word nie, maar eerder as ‘n aanvullende produk. Bemarkingstrategieë moet vir verskillende verbruikersgroepe aangepas word, aangesien hierdie soort kontekstuele benadering stellig gunstiger langtermynresultate as ‘n ‘een-grootte-vir-almal’-strategie sal oplewer.

Die navorsers beklemtoon ook die behoefte aan ‘n omvattende omgewings- en gesondheidsimpakstudie van vleisalternatiewe in die streek.

  • Bron: Gbejewoh, O; Marais, J; & Erasmus, S 2022. Planetary health and the promises of plant-based meat from a sub-Saharan African perspective: A review. Scientific African 17: DOI: org/10.1016/j.sciaf.2022.e01304
  • Foto deur -Rita-👩‍🍳 und 📷 mit ❤ from Pixabay

More articles

SOAR-verwelkomings-program help eerstegenerasiematies om hulle vlerke te vind

Living with little Monsters amptelik bekend gestel

Stap saam met prof Thuli Madonsela om ʼn einde te maak aan studenteskuld

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!