Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Menu

  • Afrikaans

US-verwelkomings-tydperk begin vandeesweek

Die Universiteit Stellenbosch (US) se amptelike verwelkomingstydperk neem vandeesweek ‘n aanvang. Die Universiteit het vanjaar sy net wyer gespan om nuwelingstudente én nuwe personeellede by die amptelike verwelkomingstydperk wat van 31 Januarie tot 11 Februarie 2023 sal duur te betrek.

Vanjaar word nuweling-eerstejaarstudente, nuweling-nagraadse en -postdoktorale studente, asook nuwe personeellede wat sedert Februarie 2022 by die US begin werk het, na die amptelike verwelkomingsgeleentheid uitgenooi. Studente van die Tygerberg- en Krygskunde-kampusse sal ook die jaarlikse geleentheid bywoon.

Die verwelkomingsgeleentheid word Donderdag 2 Februarie 2023 in die Danie Craven-stadion gehou waar almal persoonlik deur die US se Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, en die SR-voorsitter, Masilo Silokazi, welkom geheet sal word. Familie en vriende word ook uitgenooi na die feesvieringe.

Die gehoor sal by hierdie geleentheid aan die Universiteit se bestuur, studenteleiers, huiskomiteelede en medestudente bekendgestel word.

Verwelkomingsprogram

Die verwelkomingsgeleentheid lui ook die Universiteit se amptelike verwelkomingstydperk in, wat uit ‘n omvattende en geïntegreerde twee weke lange program van verwelkomingaktiwiteite bestaan. Gedurende hierdie tydperk sal alle nuwelingstudente aan alle aspekte van die kampus- en studentelewe bekendgestel word. Dit sluit akademiese programme en die groot verskeidenheid ondersteuningsdienste in wat tot die studente se beskikking is. “Die program bestaan uit betekenisvolle en onvergeetlike geleenthede asook inligting- en oriëntasiesessies wat die nuwe Maties sal help om hul opvoedkundige reis met vertroue aan te pak. En vanjaar betrek ons ook nuwe personeellede en nuweling-nagraadse en postdoktorale studente by die verwelkomingstydperk,” sê mnr Pieter Kloppers, Direkteur: Sentrum vir Studentegemeenskappe.

Ander opwindende geleenthede wat gedurende hierdie tydperk gehou sal word, is die Droomoptog in Victoriastraat en Droomville wat Donderdagaand (2 Februarie) van 20:00 tot 22:15 in en rondom die Neelsie-studentesentrum gehou sal word, asook die jaarlikse Vensters-straatteater op Saterdag 11 Februarie van 12:00 tot 19:00 by die Welgevallen-hokkieveld, gevolg deur die Maties Connect-fees (19:00 tot 01:00, ook by Welgevallen).

Ikoniese Droomoptog in sy vyfde jaar

Studente sal direk na afloop van die amptelike verwelkomingsgeleentheid eerskomende Donderdagaand aan die Droomoptog in Victoriastraat kan deelneem. As deel van hierdie inisiatief, wat in 2019 bekendgestel is, stap studente onderdeur ‘n banier wat regoor Victoriastraat gespan word om die amptelike begin van hul akademiese reis aan die US te simboliseer. ​

“Vir duisende Maties simboliseer die Droomoptog die amptelike begin van hul akademiese reis en as’t ware ‘n droom wat vir nuwelingstudente waar geword het,” sê Kloppers. “Die oomblik wanneer jy onderdeur die banier stap, is jy amptelik ‘n Matie.”

Die nuwelingstudente begin op 13 Februarie – wat die amptelike begin van die Universiteit se akademiese jaar vir 2023 is – met klas.

Meer inligting oor die Universiteit se 2023-verwelkomingstydperk:

  • Studente het toegang tot ‘n aanlyn aanboordprogram om hulle te help om hulle op die praktiese sy van hul studie voor te berei. Die program word op SUNLearn, die Universiteit se leerbestuurstelsel, aangebied.
  • Die Universiteit se webwerf, www.sun.ac.za, bevat alle inligting wat nuwelingstudente mag nodig kry. Die volledige verwelkomingsprogram en bykomende inligting soos die registrasieskedule, inligting oor vervoer, riglyne vir persoonlike veiligheid en inligting oor die US Biblioteek is hier beskikbaar.
  • Bywerkings oor die verwelkomingstydperk sal op sosiale media geplaas word onder die hutswoord #helloMaties.
  • Swaar verkeer word op 1 en 2 Februarie op alle hoofroetes na Stellenbosch asook op die dorp verwag.

More articles

Helderberg-hospitaal: fondsinsameling vir ’n fynbostuin

Da Vinci-robot plaas Tygerberg aan voorpunt van chirurgie-opleiding

#SciMathus: Geslagsgelykheid in STEM*

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!