Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Menu

  • Afrikaans

Unieke Suid-Afrikaanse kuns om Matie-studente in nood te help

Die dorp Stellenbosch word binnekort die toneel van ’n unieke Suid-Afrikaanse kunsreaksie op die COVID-19-pandemie. Met hierdie inisiatief word beursstudente in die “verlore middelgroep”, wat aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe studeer, terselfdertyd van befondsingshulp voorsien.

Vanaf Vrydag, 7 Augustus, word opwindende kunswerke op ’n aantal terreine in die dorp uitgestal. Die uitstalling, wat gepas as Masked Masterpieces (gemaskerde meesterstukke) bekend staan, behels gesogte Suid‑Afrikaanse kunswerke waarop maskers gesuperponeer is. Die kunswerke word almal in supergrootte formaat in die buitelug uitgestal, wat ’n kragtige visuele verteenwoordiging van die uitdagings van ons tyd bied.

Inligting oor die onderskeie kunstenaars en hul kunswerke, onder meer waar die oorspronklike kunswerke besigtig kan word en hoe studieskenking via ’n SnapScan-kode of bankoorplasing gedoen kan word, word langsaan vertoon. Die US administreer dié skenkings geoormerk vir die befondsing van beursstudente wat deur die COVID-19-pandemie geraak word.

Die kunsinstallasies, wat tot Desember te sien is, word in geheel deur die privaatsektor befonds: die Beck‑familiefilantropie, die Fuchs‑stigting, Investec, die Norval‑stigting, die Rupert‑kunsstigting en Strauss & Co.

“Aan die begin van die inperkingstydperk in Suid-Afrika het ons rektor en visekanselier, prof Wim de Villiers, dit duidelik gestel dat die Universiteit twee oorhoofse prioriteite het: om te verseker dat studente hul akademiese jaar suksesvol kan voltooi en om die volhoubaarheid van ons instelling te verseker. Hierdie inisiatief, gelei deur die Afdeling Ontwikkeling en Alumni‑betrekkinge, in samewerking met ons vennote in die privaatsektor, is daarom ’n direkte reaksie op sy stelling,” sê Pieter Swart, direkteur: groot skenkings en transformasionele skenkings, by die US se Afdeling Ontwikkeling en Alumni‑betrekkinge.

Maties wat deur hierdie inisiatief gebaat word, kom uit die “verlore middelgroep”‑studentekategorie. “Ons stel innoverende maniere bekend om te verseker dat nie een van ons studente in die nadraai van COVID-19 agtergelaat word nie. Vanweë die ekonomiese gevolge van hierdie pandemie verwag ons dat selfs meer studente in die ‘verlore middelgroep’‑kategorie sal val – wat nie toegang tot staatsbefondsing kan verkry nie en, as gevolg van die impak van COVID-19 op hul huishoudelike inkomste, nie die koste van universiteitstudies kan betaal nie,” voeg hy by.

Volgens Swart is Masked Masterpieces nie net bedoel om studente in nood te help nie, maar ook om Suid-Afrikaanse meesterstukke ten toon te stel en te bevorder, terwyl die publiek in die proses opgevoed word oor die fassinerende kunstenaars wat hierdie werke geskep het.

Die terreine waar die gemaskerde werke besigtig kan word, is onder meer die gewelmuur van die Distell‑gebou aan die R44, die muur langs die GUS‑galery in Dorpstraat, die Dorpsteeg in Birdstraat, die Stellenbosse taxistaanplek in Birdstraat, en die gewelmuur op die hoek van Drostdy‑ en Pleinstraat.

“Masked Masterpieces demonstreer die innoverende ingesteldheid, wat ’n werklik vernuwende inisiatief onderlê, in die praktyk en slaag tegelykertyd daarin om op te voed, die kunste te bevorder en fondse in te samel vir verdienstelike studente wat deur die impak van COVID‑19 uitgedaag word,” sê dr Riaan Els, HUB van die Fuchs‑stigting.

**”Ontbrekende middel” verwys na studente wat nie universiteitsgelde kan bekostig nie, maar nie behoeftig genoeg is om staatsondersteuning te kry nie.

VIR MEDIANAVRAE

Pieter Swart
pieterswart@sun.ac.za
082 612 7852

More articles

FGGW-psigiater erken vir baanbrekersnavorsing oor skisofrenie

Skenkingsdag: Kan ons op jou staatmaak?

Uitkoms van mosies – Buitengewone vergadering van die US Konvokasie

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!