Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Sluit aan by prof Thuli Madonsela om studente in finansiële nood te help

Prof Thuli Madonsela, bekleër van die Regsfakulteittrust se navorsingsleerstoel in maatskaplike geregtigheid aan die Universiteit Stellenbosch (US), neem aksie om geld in te samel vir studente uit werkersklas en middelklas huishoudings wie se hoër onderwys drome in gedrang is weens ‘n tekort aan fondse.

Op Sondag 22 November 2020 lei prof Madonsela en die Studenteraad-voorsitter, Xola Njengele, ‘n klim op Tafelberg en op Saterdag 28 November lei hulle ‘n walkathon in Pniel, net buite Stellenbosch.

Hierdie geleenthede maak deel uit van die #Action4Inclusion-veldtog, ‘n inisiatief vir studentebefondsing wat vroeër vanjaar deur die Studenteraad en prof Madonsela van stapel gestuur is met die doel om te verseker dat geen student weens hul finansiële omstandighede agtergelaat word nie.

“Studenteskuld is wêreldwyd ‘n hindernis vir toegang tot hoër onderwys. Sommige studente moet noodgedwonge hul studies laat vaar wanneer hulle op die punt staan om te gradueer. Die probleem raak veral studente van die verlore middelgroep en studente vanuit arm werkersklas-agtergronde wat nie meer vir NSFAS-befondsing kwalifiseer nie, dikwels om redes buite hul beheer,” verduidelik Madonsela.

“Die COVID-19-pandemie het ons planne vanjaar kom omverwerp, maar met ontspanne beperkings tans in plek, is ons nou gereed om ons beplande aktiwiteite aan te pak — natuurlik met die nodige veiligheidsmaatreëls,” voeg sy by.

Volgens Karen Bruns, Senior Direkteur: Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge, sal hierdie inisiatief inderdaad ‘n aanvulling wees tot die bestaande inisiatiewe om fondse vir Matie-studente in te samel. “Dit is aangenaam om te sien hoe ons studente en personeel bymekaar kom om mekaar te ondersteun terwyl ons daaraan werk om gelyke geleenthede vir almal te verseker.”

Kaartjies kos R54 per persoon vir die Tafelberg-geleentheid en R150 per persoon vir die walkathon en kan op die dag gekoop of in die volgende #ActionforInclusion-rekening betaal word:

Bank: Standard Bank

Tak: Stellenbosch

Takkode: 05 06 10

Rekeningnaam: Universiteit van Stellenbosch

Rekeningnommer: 073006955

Verwysing: R9861

Stuur asb ’n e-pos met bewys van betaling na socialjustice@sun.ac.za en sluit asb u kontakbesonderhede in. Ons sal dan u kaartjie aanstuur via e-pos vir u om saam te bring op die dag.

Diegene wat nie aan die beplande aktiwiteite kan deelneem nie, kan ‘n donasie maak op die aanlyn skenkingsplatform GivenGain. Alle skenkings, maak nie saak of dit groot of klein is nie, is beslis welkom en word werklik waardeer.

Program van aktiwiteite:

Tafelberg
Datum: Sondag 22 November 2020

Begin: 06:30

End: 10:00

Plek: Tafelberg (Hoofhek)

 

Walkathon
Datum: Saterdag 28 November 2020

Begin: 06:30

End: 10:00

Plek: Pniel Museum

 

VIR MEDIA NAVRAE

Marna Lourens

mlourens@sun.ac.za

0723368719

 

More articles

Prof Wim gereed vir Kaapstad-fietstoer ten bate van #Move4Food

Visionêre Leierskap

Voormalige SciMathUS-student oorkom akademiese struikelblokke om ‘n suksesvolle loopbaan in Molekulêre Biologie aan die Universiteit Stellenbosch te bewerkstellig

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!