Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Universiteite in gesprek oor transformasie

Die Universiteit Stellenbosch (US) het onlangs ‘n transformasiewerksessie tussen universiteite in samewerking met die Transformasiebestuurdersforum (TBF), ‘n liggaam van Universiteite Suid-Afrika (USAf), aangebied. Hier is ‘n kykie na die belangrike werk wat oor drie dae gedoen is.

Ondanks die verskille tussen Suid-Afrikaanse universiteite se prioriteite en vordering ten opsigte van transformasie, is daar ‘n gemene en verenigende waardering van die inherente waarde van maatskaplike geregtigheid as ‘n primêre aandrywer en imperatief by hoëronderwysinrigtings aangesien hulle ‘n mikrokosmos én voorbeelde is van hoe samelewings kan en veronderstel is om op te tree. Transformasiebestuurders en -kantore speel ‘n belangrike rol in hierdie verband om diepgaande institusionele verandering by universiteite aan te moedig en te versterk.

Dít was een van die belangrikste temas en uitkomste wat by die werksessie – wat deur akademici en transformasiekantoorbestuurders van die meerderheid van Suid-Afrika se 26 openbare universiteite bygewoon is – na vore gekom het. Hierdie mense is verantwoordelik vir institusionele transformasie en verandering by die onderskeie instellings. Hierdie werksessie het ook heel gepas feitlik direk na afloop van die US se jaarlikse transformasie-indaba wat in Oktober 2022 gehou is, plaasgevind.

Prof Crain Soudien, ‘n akademikus en voormalige viserektor van die Universiteit van Kaapstad, het gepraat oor die behoefte om nie net verskille en diversiteit te akkommodeer nie, maar ook om dit te vier. Vir hom geld dit nie net ten opsigte van diensbillikheid nie, maar ook vir onderrig en leer – sodat waarde ontsluit kan word en verder as bestaande norms en paradigmas kan beweeg.

“Ons moet hierdie houvas verbreek en nuwe sosiologieë, nuwe tale, nuwe beskrywings ontwikkel. Ons moet begin dink oor hoe mag binne hierdie ingewikkelde sytakke optree,” het hy gesê. “En dit is wonderlik om in staat te wees om hierdie verskille te herken wanneer hulle onder ons gevestig word.”

Die hoof van die US se Transformasiekantoor, dr Zethu Mkhize, het die behoefte daaraan benadruk dat die politieke wil vir verandering van bo af moet kom en het daarop gewys dat elke instelling se vereistes en prioriteite sal verskil.

“Ons het ‘n veranderingsteorie nodig,” het Mkhize gesê, “maar dit sal van die konteks afhang. Die veranderingsteorie soos deur Universiteit A aanvaar is, sal nie dieselfde as dié van Universiteit B wees nie. Dit is egter uiters belangrik dat die veranderingsteorie duidelik en noukeurig deur die Visekanselier as die prinsipaal van die instelling uitgespreek moet word. Indien daar nie bestuursinkoop op die hoogste vlak is nie, kan niks gedoen word nie.”

Die moderator van die werksessie, dr Bernadette Johnson, direkteur van Transformasie en Diensbillikheid by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het bygevoeg dat veranderingsteorie in veranderingspraktyk moet ontwikkel en daardeur aangevul moet word.

Ander hoogtepunte van die werksessie was ‘n praatjie deur JC van der Merwe wat by die Vrystaatse Sentrum vir Menseregte geaffilieer is. Hy het ‘n geskiloplossingsmetodologie verduidelik wat hy by die Universiteit van die Vrystaat in werking gestel het en wat die behoefte aan “gesprek voor ooreenstemming” verduidelik het. Nazeema Mohammed, uitvoerende direkteur van Inyathelo, die Suid-Afrikaanse Instituut vir Vooruitgang, het ‘n les in omsigtigheid met die groep gedeel. Sy het baie lesse uit die “verleiding van Groot Liefdadigheid” in haar tyd in die korporatiewe sektor geleer.

Die werksessie het ook ‘n toer van die US se visuele regstellingsinstallasies op sy Stellenbosch-kampus ingesluit, en is deur dr Leslie van Rooi, die US se Senior Direkteur: Sosiale Impak en Transformasie, gelei.

“Die Universiteit Stellenbosch is maar al te bewus van die rol wat ons in die nasionale transformasiediskoers moet speel, asook die werk wat ons in hierdie verband moet doen – veral in die lig van onlangse pynlike gebeure op ons kampus,” het Van Rooi gesê.

“Maar ons het deur die loop van die werksessie tussen universiteite geleer wat een instelling raak, raak ons almal. Dit maak hierdie tipe byeenkomste so belangrik. Ons kan verbeter na ons daaglikse take terugkeer danksy die deel van kennis wat plaasgevind het en geïnspireerd deur die inspirerende werk wat ons kollegas regoor Suid-Afrika doen.”​​

More articles

Die US Argief – ons Universiteit se institusionele geheuebank

Gebrek aan fondse kniehalter dienste aan mense met psigososiale gestremdhede

Die US maak deure oop vir Marinda

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!