Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

US klim met 171 plekke op QS-ranglys, behaal hoogste sitasietelling in SA

Die Universiteit Stellenbosch (US) het weer eens ‘n merkwaardige prestasie behaal deur met 171 plekke op die jongste QS- (Quacquarelli Symonds-) wêreldranglys vir universiteite te klim om sodoende vir die eerste keer ‘n buiging onder die top 300 tersiêre instellings in die wêreld te maak.

Wat ook merkwaardig is, is die Universiteit se uitstekende prestasie in die afdeling vir sitasies per fakulteit (aantal akademiese aanhalings in artikels wat ‘n universiteit oor ‘n tydperk van vyf jaar behaal het). Die US het die hoogste telling (59,9) van alle Suid-Afrikaanse universiteite behaal. Aangesien sitasies goed verstaan en algemeen aanvaar word as ‘n maatstaf vir navorsingsterkte, beoordeel hierdie aanwyser die relatiewe intensiteit en omvang van ‘n universiteite se navorsing.

Die US het op die 2024-weergawe van die QS-wêreldranglys wat op Dinsdag 27 Junie uitgereik is, die 283ste plek op die ranglys behaal, in vergeleke met die 454ste plek verlede jaar. Dit is die instelling se beste plek op die QS-ranglys sedert 2011 toe dit vir die eerste keer vir die ranglys beoordeel is. Die Universiteit het ook op die 2024-ranglys met een plek gestyg ten opsigte van Suid-Afrika (en Afrika), en beklee nou die derde plek in die land.

“Die feit dat die US die hoogste sitasietelling behaal het, is ‘n bewys dat die navorsing wat by ons instelling gedoen word, van wêreldgehalte is met ‘n groot impak. Die US se visie is om Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit te wees en hierdie resultate bevestig dat ons goed vorder om dit te verwesenlik. Dit beteken ons is op koers met ons strategie – bekend as Visie 2040. Ons is inderdaad baie trots daarop dat ons voorlopernavorsing nie net ‘n werklike invloed op die samelewing in ons land en die res van Afrika het nie, maar dit word ook internasionaal as uitnemend beskou,” sê prof Hester Klopper, Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake by die US.

Die 20ste uitgawe van die QS-ranglys, wat as een van die top-drie universiteitsranglyste wêreldwyd beskou word, beoordeel 1 500 instellings wat in 104 liggings geleë is en is die enigste ranglys in sy soort wat indiensneembaarheid volhoubaarheid beklemtoon.

Die US het ook in die afdelings vir akademiese reputasie (die gehalte van onderrig en navorsing), werkgewerreputasie (voorbereiding van studente vir suksesvolle loopbane/lewering van die bekwaamste, innoverendste en doeltreffendste gegradueerdes) en internasionale navorsingsnetwerk (‘n instelling se vermoë om navorsingsvennootskappe met ander universiteit oor grense heen te sluit) verbeter.

Instellings is vir die 2024-weergawe van die QS-ranglys in die volgende nege afdelings (of aanwysers) beoordeel: akademiese reputasie, werkgewerreputasie, fakulteit-student-verhouding (die leer-en-onderrigomgewing van ‘n universiteit), sitasies per fakulteit, internasionale fakulteitsverhouding (die verhouding tussen internasionale fakulteitspersoneel en totale personeelkorps), internasionale studenteverhouding (die verhouding tussen internasionale studente en totale aantal studente), internasionale navorsingsnetwerk, indiensneminguitkomste (‘n instelling se vermoë om ‘n hoë indiensnemingskoers vir sy gegradueerdes te verseker) en volhoubaarheid (die impak wat ‘n instelling se navorsing en alumni op die omgewing en samelewing het). Internasionale navorsingsnetwerk, indiensneminguitkomste en volhoubaarheid is nuwe metings.

Die US was in Maart 2023 ook op die QS-wêreldranglys vir universiteite per vak een van die voorste hoëronderwysinrigtings in die wêreld.

Die US het die afgelope paar jaar gereeld op verskeie wêreldranglyste onder die beste tersiêre instellings in die wêreld verskyn. Dit sluit die QS-wêreldranglys, die Times Higher Education-wêreldranglys en die Times Higher Education-ranglys vir universiteite in ontluikende ekonomieë in.

  • Foto deur Stefan Els.

More articles

#Action4Inclusion: Matie gebruik gradepartytjie om geld vir studente in te samel

Winterkoue en witwarm taalnavorsing

Covid-19: Ons staan saam

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!