Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

US se Fakulteit Regsgeleerdheid vestig Gys Steyn-leerstoel in Finansiële Reguleringsreg

Verskeie faktore kan die doeltreffende funksionering van die finansiële stelsel beïnvloed en dit kwesbaar laat vir onstabiliteit en manipulasie. Dít kan weer beleggersvertroue beïnvloed en gewetenlose of kriminele aktiwiteite laat gedy. Daarom is ʼn gesonde beheerstelsel noodsaaklik vir ekonomiese stabiliteit en groei en om die veerkragtigheid van die finansiële stelsel in krisistye te verseker. Afgesien van die beheerfunksie, speel regulering ook ‘n rol in die fasilitering van geleenthede, aktiwiteite, integrasie en koördinering regoor die sektor.

Dit is teen hierdie agtergrond dat die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit Stellenbosch (US) verheug is om te kan aankondig dat ‘n beduidende skenking die vestiging van die Gys Steyn-leerstoel in Finansiële Reguleringsreg – die eerste van sy soort in Suid-Afrika – moontlik gemaak het.

Steyn is ‘n voormalige voorsitter van die US Raad en besturende direkteur van Remgro se wyn en drankfiliale. Hy het in 1956 sy LLB-graad aan die US verwerf.

“Ons is baie dank aan mnr Gys Steyn verskuldig vir sy skenking van R25 miljoen via n familietrust aan die Regsfakulteitstrust om die leerstoel in Finansiële Reguleringsreg te kan vestig,” sê prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier. “Dit ondersteun die Universiteit Stellenbosch in sy visie om die voorste navorsingsintensiewe universiteit in Afrika te word. Ons instelling se aantal navorsingsleerstoele het die afgelope dekade aansienlik toegeneem om ons navorsingskapasiteit uit te brei. Hierdie beduidende bydrae van mnr Steyn stel die Fakulteit Regsgeleerdheid in staat om sy begrip van die komplekse aard van finansiële regulerende stelsels veral in tye van ekonomiese onstuimigheid uit te brei.”

Agtergrond

“Ons wil deur hierdie inisiatief ‘n konstruktiewe bydrae tot die versterking van die finansiële sektor en die regulering daarvan in Suid-Afrika lewer,” sê prof Nicola Smit, Dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid.

Die US Regsfakulteitstrust* en alumni van die Fakulteit Regsgeleerdheid speel ‘n belangrike rol om uitnemendheid in die Fakulteit te bevorder, soos blyk uit hierdie nuwe leerstoel wat kort op die hakke van hulle betrokkenheid by en borgskap van die leerstoele in Sosiale Geregtigheid en Stedelike Reg en Volhoubaarheidsregeerkunde volg.

Mnr Chris Otto, voorsitter van die US se Regsfakulteitstrust, sê ‘n “doeltreffende finansiële stelsel is van die uiterste belang om stabiele en volhoubare ekonomiese groei te verseker en as sodanig moet finansiële instellings en strukture wat binne die finansiële stelsel werk, gereguleer word om te verseker dat dit goed bestuur word. Die Suid-Afrikaanse finansiële stelsel word voortdurend aan risiko’s blootgestel wat uit ‘n verskeidenheid plaaslike en internasionale bronne kan voortspruit. Boonop is dit ‘n oop en gekoppelde finansiële stelsel, waar probleme of mislukkings binne een instelling verreikende gevolge vir die hele stelsel kan hê. Daarom is omsigtige finansiële bestuur met behulp van behoorlike regulerende instrumente noodsaaklik.”

Fakulteit Regsgeleerdheid

“Die US se Fakulteit Regsgeleerdheid het ‘n lang en trotse tradisie van uitnemendheid in die opleiding van regspraktisyns, regsgeleerdes en denkleiers wat daartoe verbind is om demokrasie en die samelewing in Suid-Afrika en die res van die wêreld te handhaaf en te versterk”, sê Smit. Voorts, “Terwyl ons 101 jaar van regsopleiding vier, strewe ons deurgaans daarna om ‘n leier op die gebied van regsopleiding en -navorsing te wees terwyl ons die samelewing aan die hand van ons deelname aan ons vakgebiede positief beïnvloed.”

Smit vervolg dat “Ons glo dus ons is ideaal geposisioneer om deur die vestiging van ‘n navorsingsleerstoel ‘n waardevolle bydrae tot vakkundigheid – en daardeur tot die praktiese inwerkingstelling van finansiële reguleringsmaatreëls – in Suid-Afrika en die res van die wêreld te kan lewer.”

Die aktiwiteite van die leerstoel sal vakkundigheid op die gebied van finansiële regulering ondersteun, versterk en verbeter ten einde navorsingsuitsette en nagraadse studente van ‘n hoë gehalte te lewer.

Fokusgebiede

Die leerstoel sal op die teorie, doel en beginsels van regulering in algemene en spesifiek finansiële reguleringsreg fokus, verduidelik Smit: “Dit sal onder meer aspekte soos die ekonomie van die finansiële sektor, reguleringsmodelle, regulering van verskillende risiko’s in die finansiële sektor asook streeks- en internasionale finansiële reguleringsreg insluit.

Een van die vernaamste uitdagings is die reuse-omvang van die gebied van finansiële regulering, aangesien dit verskeie interverwante gebiede het. Dit is byna onmoontlik dat een mens oor al die kundigheid kan beskik en as die voorste gesag op die volle spektrum van interverwante vakgebiede beskou kan word. Die Fakulteit se visie is egter dat ‘n leerstoel in Finansiële Reguleringsreg dit vir ‘n senior deskundige moontlik sal maak om ‘n naaf te skep vanwaar meer gefokusde kundiges (akademies en professioneel) op die verskillende gebiede van finansiële regulering gekoöpteer kan word.

Volgens Smit sal die leerstoel ook die aard en regulering van tegnologie wat in finansiële markte gebruik word (die sogenaamde “fintech”) ondersoek ten einde die doelmatige en doeltreffende gebruik van hierdie tegnologieë deur regulering te bevorder en om vas te stel hoe hierdie tegnologieë tradisionele finansiële dienste en die regulering daarvan ontwrig.

Aldus Smit sal onderwerpe soos die regulering van digitale finansiële produkte en digitale geld (ingesluit kriptoegeldeenhede), die voorkoming van die misbruik van die finansiële stelsel, vergelykende aspekte van finansiële regulering regoor jurisdiksies en die internasionale konteks van finansiële regulering vanuit ‘n Suid-Afrikaanse perspektief ook binne die sfeer van die leerstoel val.

Die Fakulteit sal nou met die werwingsproses begin en die nuwe leerstoel sal ter gelegenertyd formeel bekendgestel word.

* Die Regsfakulteitstrust, wat in 2013 in die lewe geroep is, ondersteun verskeie projekte wat die volgende insluit maar nie daartoe beperk is nie: beurse vir nagraadse studente wat vir LLM- (navorsing) en LLD-grade inskryf. Die Trust ondersteun ook akademiese personeel, insluitende finansiering vir studiegeleenthede (internasionaal en nasionaal), navorsingsinisiatiewe soos konferensie-aanbiedings en die aanbied van navorsingseminare. ‘n Verdere belangrike projek is die werwing en behoud van akademiese personeel, waarvan die instelling van die Leerstoel in Sosiale Geregtigheid (2018) met prof Thuli Madonsela as eerste posbekleër ‘n voorbeeld is.

More articles

Universiteit Stellenbosch sentreer volhoubare ontwikkeling met Impakkantoor

Universiteit Stellenbosch samel R8.1 miljoen in om studenteskuld te vereffen

Menswaardigheid aan die hart van geneeskunde: dr Imtiaz Sooliman

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!