Skip to content
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English
Menu
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

US skitter op jongste wêreldranglys vir akademiese vakke

As jy jou verder op die gebiede van voedselwetenskap en tegnologie, kommunikasie of landbouwetenskappe in Suid-Afrika wil bekwaam, is die Universiteit Stellenbosch (US) die plek om te wees.

Volgens die 2022 Shanghai-ranglys se Global Ranking of Academic Subjects (GRAS) wat onlangs vrygestel is, is die US die beste universiteit in die land in hierdie vakke. Dit is die enigste Suid-Afrikaanse universiteit wat op die ranglys vir Voedselwetenskap en -tegnologie (onder die top 150 wêreldwyd) en vir Kommunikasie (onder die beste 300 wêreldwyd) verskyn. In landbouwetenskappe verskyn die US in die top 200 universiteite in die wêreld. Die US deel verder ook die eerste plek in biotegnologie met die Universiteit van Kaapstad (UK) en in politieke wetenskap met onderskeidelik UK en die Universiteit van Johannesburg. Algeheel is die US een van die 500 beste instellings ter wêreld in 14 van die 54 vakke wat op die 2022-lys verskyn.

Die Shanghai-ranglys het in 2009 begin om wêreldranglyste vir universiteite volgens akademiese vakke uit te gee. Met die bekendstelling van verbeterde metodologie, het die GRAS vir die eerste keer in 2017 verskyn. Die 2022-Gras bevat ranglyste van universiteite in 54 vakke wat strek oor natuurwetenskap, ingenieurswese, lewenswetenskappe, geneeskundige wetenskappe en sosiale wetenskappe. Meer as 1 800 uit 5 000 universiteite in 96 lande en streke verskyn uiteindelik op die ranglys.

Die Shanghai-ranglys gebruik ‘n reeks objektiewe akademiese aanwysers en derdepartydata om die prestasie van universiteite in toepaslike onderwerpe te meet. Dit sluit in uitsette, navorsingsinvloed, internasionale samewerking, navorsingsgehalte en internasionale akademiese toekennings.

Vroeër vanjaar het die US ook onder die beste tersiêre inrigtings verskyn op die QS-wêreldranglys vir Universiteite per vak deur die boonste plek uit alle Suid-Afrikaanse universiteite in landbou en bosbou, teologie, diviniteit en godsdiensstudies te behaal. In 2021 het die Times Higher Education se wêreldranglys volgens vakke die US as die land se beste universiteit in rekenaarwetenskap aangewys.

More articles

Kaapstad-Fietstoer-Ekspo & gasvryheidstent

UITKOMS VAN SDK-VERHOOR: MNR THEUNS DU TOIT

Help ons om gapings te oorbrug

  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Dekaansfonds: Regsfakulteit
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • #Action4inclusion
    • #SciMathus
    • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
    • Dankie
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Geleenthede
      • Maties Sport
      • Jaarlikse gebeure
      • Crest Talks
      • Openbare lesings
      • Verjaarsdae
      • Koshuise
      • Eweknie-fondswerwing
  • Konvokasie
  • Vrywilligheid
  • Skenk
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Alumni Clubhouse
  • Maties Wynklub
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!