Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

US student na Universiteit van Cambridge met Gates Cambridge Beurs

Gregor Feierabend, ‘n nagraadse student in wiskunde en rekenaarwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch (US), het ‘n Gates Cambridge Beurs losgeslaan om sy Mphil-studies in rekenaarwetenskap by die Universiteit van Cambridge te gaan doen.

Die Gates Cambridge Beursprogram is die Universiteit van Cambridge se vlagskip- internasionale nagraadse beursprogram. Volgens ‘n mediavrystelling, het die program in  2000 tot stand gekom met ‘n skenking van US$210 miljoen van die Bill en Melinda Gates Stigting. Dit is tot op hede steeds die grootste enkele skenking aan ‘n universiteit in die Verenigde Koninkryk.

Gregor, oorspronklik afkomstig van ‘n klein dorpie naby die Baltiese See in Noord-Duitsland, het ‘n spesiale historiese band met die Universiteit Stellenbosch. Sy oupa, Kurt-Rüdiger Kannenberg, was ‘n dosent in wiskunde aan die US vanaf 1960 tot met sy dood in 1971 op die ouderdom van 43. Gedurende hierdie tydperk was hy die studieleier van Henda Swart, wat in 1971 die eerste student geword het wat ‘n PhD in wiskunde aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het.

“My oupa het ook in die laat 1960s met die Universiteit se eerste IBM-rekenaar gewerk. Alhoewel ek hom nooit persoonlik geken het nie, is hy een van die redes hoekom ek wiskunde aan die Universiteit Stellenbosch kom studeer het,” verduidelik Gregor.

Nadat Gregor sy skoolloopbaan in Duitsland voltooi het, het hy eers vir ‘n paar jaar as vakman en gemeenskapswerker gewerk, aangesien hy hom nie ‘n loopbaan in wiskunde kon voorstel wat ook kreatiewe werk of sosiale aspekte sou behels nie. As ‘n student aan die Universiteit Stellenbosch het hy egter ontdek hoe beperk hierdie seining was: “Op skool het die fokus geval op hoe om wiskunde te gebruik, maar op universiteit het ek geleer hoe om wiskunde te doen. Om wiskunde te doen is inderwaarheid ‘n baie kreatiewe proses, dikwels ook van ‘n samewerkende aard,” verduidelik hy.

In die algemeen hou hy daarvan om diep en deeglik oor ‘n onderwerp na te dink: “Wiskundige denke is goed hiermee belyn en struktureer die denkproses. Wiskunde is ‘n stuk gereedskap, maar terselfdertyd ook ‘n navorsingsveld wat op filosofiese vlak aantreklik is én prakties toegepas kan word. Rekenaarwetenskap het aanvanklik as ‘n vertakking van van wiskunde ontstaan, maar het intussen onafhanklik geword. Desnieteenstaande is wiskunde die grondslag van alle rekenaarwetenskap, en dit is hierdie grondslag waarin ek belangstel.”

Hy is opgewonde om deel te wees van die Gates Cambridge-klas van 2023: “Die Gates Cambridge Trust bied vele geleenthede vir interaksie met ander studente en om op verskillende maniere ‘n bydrae te lewer. Ek dink dat die verkryging van ‘n opvoeding ook kom met die verantwoordelikheid om kennis te deel en iets aan die samelewing terug te gee. Ek kan sien hoe ek in so ‘n omgewing sal floreer en wil graag deel word van hierdie gemeenskap.”

Prof. Marcelo Fiore, ‘n navorser in die wiskundige grondslae van rekenaarwetenskap by Cambridge, sal as sy studieleier optree. Gregor verduidelik: “Om abstrak te dink beteken om die essensie van ‘n idee te identifiseer en konsepte te veralgemeen. Hoe meer algemeen ‘n teorie is, hoe wyer is sy toepassingsveld in die regte wêreld. Die velde wat my tans die meeste interesseer is formele tale en proefassistente proof assistants. Formele tale word oral in rekenaarwetenskap aangetref − in programmeringstale of netwerkprotokolle. Proefassistente gebruik wiskundige logika om stellings oor sagteware of netwerkprotokolle te bewys. Byvoorbeeld: “jy kan die korrektheid van ‘n end-tot-end enkripsieprotokol van kitsboodskappers verifieer deur sulke gereedskap te gebruik,” verduidelik hy.

“Tegnologie is oral om ons en word in bykans elke akademiese dissipline gebruik. Ons alledaagse lewens raak al hoe meer afhanklik daarvan. Ek poog om tegnologie veiliger en meer betroubaar te maak deur navorsing oor bogenoemde onderwerpe te bevorder,” sluit hy af.

More articles

Voor hul tyd gesterf: Stellenbosch-kenner voeg stem by beroep vir optrede om geestesgesondheidsverwante sterftes te voorkom

US verbeter sy posisie op QS-vakranglys

Tuiskoms: Fokus val op SA ekonomie by sakeontbyt

Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

Analytics

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.