Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Van Stellenbosch tot Kansas City

Matie-alumnus, Kyle Miles, bly al die afgelope 10 jaar in Kansas City, Missouri. Hierdie senior programbestuurder het sy vrou, ‘n internasionale uitruilstudent, in Stellenbosch ontmoet en die res, soos hulle sê, is geskiedenis. Kyle is oorspronklik van Simonstad in die Suidelike Voorstede van Kaapstad, en sê hy mis soms ‘n koppie rooibostee op ‘n koue wintersdag in Kaapstad.​

Vertel ons van jouself

Alhoewel ek nou in Kansas City, Missouri, in die Verenigde State woon, is ek oorspronklik van Simonstad in die Suidelike Voorstede van Kaapstad. Ek het in 2009 ‘n BSc in Sportwetenskap en in 2010 ‘n BSc Sport ScHon aan die Universiteit Stellenbosch (US) verwerf, cum laude, en die Dekaansmedalje vir die beste student in die Hoëprestasie‑sportwetenskapprogram ontvang. Terwyl ek op Stellenbosch was, was ek by verskeie aktiwiteite en verenigings betrokke, onder meer Maties Sport, Pieke PSO (Pieke Binnenshuise Sport, die Pieke Huiskomitee, en die Pieke Wynklub), die Golden Key International Honor Society, die Verenigde Nasies Vereniging van Suid-Afrika, en Habitat for Humanity.

Ek werk tans as ‘n senior programbestuurder vir Cerner Corporation, ‘n groot IT‑maatskappy vir gesondheidsorg in Kansas City. Ek is getroud met my wonderlike vrou Bethany, wat ek op Stellenbosch ontmoet het, en is ‘n trotse pa vir twee oulike yorkiepoo‑hondjies, Bear en Scout. Ek het verskeie stokperdjies en belangstellings maar my grootste passie is sport. Synde ‘n geesdriftige toeskouer en deelnemer geniet ek sportsoorte soos rugby, sokker, krieket, hokkie, fietsry en wedlope. Verder reis ek graag (binne- en buitelands), doen dienslewering en vrywilligerswerk (in die Kansas City-gemeenskap en wêreldwyd), en spandeer tyd saam met familie en vriende oor ‘n ete, koffie of ‘n koue bier.

Waarom het jy op Stellenbosch besluit vir jou studie?

Ek was nog altyd lief vir die rustige atmosfeer en die skoonheid van Stellenbosch. Dit, en die US se uitstekende akademiese programme, het gemaak dat ek Maties bo die UK gekies het nadat ek hoërskool voltooi het. Met ‘n paar goeie hoërskoolvriende wat ook Stellenbosch toe sou gaan, het ek van die eerste dag af geweet ek gaan in goeie geselskap wees as ‘n Matie.

Waarmee hou jy jou besig sedert jy aan Stellenbosch afgestudeer het?

Nadat ek Bethany ontmoet en ons getroud is, het ons na die Verenigde State verhuis waar ek ‘n meestersgraad aan die Kansas State University voltooi het. Ek het by Cerner Corporation begin werk nadat ek aan Kansas State gegradueer het. Sedert ek by Cerner aangesluit het, werk ek in verskeie rolle as program-/projekbestuurder en konsultant aan die implementering van programme en oplossings vir groot organisasies. Dit behels dat ek leiding gee met die ontwikkeling en uitvoering van operasionele strategieë en oplossings met vennote en kliënte.

Wat is jou gunsteling herinnering van jou tyd op Stellenbosch?

Ek het baie gelukkige herinneringe van my tyd op Stellenbosch. Die hegte Stellenbosse gemeenskap en die lieflike omgewing van die Universiteit was vir my spesiaal. Ek het talle hegte vriende gemaak, en het steeds kontak met baie van hulle. Ek was mal daaroor om Varsitybeker-wedstryde by te woon, aan binnemuurse sport deel te neem, die roetes rondom Stellies te stap, en die vele wynkelders naby die kampus te besoek. Die geleenthede om betrokke te raak en by die plaaslike gemeenskappe te leer, was veral betekenisvol en onvergeetlik.

Wat het jou na die Verenigde State gebring?

Ek het my vrou Bethany, wat van die VS af kom, op haar eerste dag as ‘n internasionale student aan Stellenbosch ontmoet en ons is nog steeds saam. Bethany was die rede waarom ek na die Verenigde State gekom het en my nagraadse studie hier voltooi het.

Hoe lank is jy al daar?

Ek en Bethany woon al die afgelope 10 jaar in die Kansas City-omgewing, Missouri.

Vertel ons ‘n bietjie van die werk. Wat geniet jy daarvan?

Ek dryf die strategie vir en ontwikkeling van gesondheids‑ en welstandprogramme vir ons 28 000 wêreldwye werknemers en hul afhanklikes en ontwerp voorkeur‑markstrategieë vir verskeie kliëntediensaanbiedings. Ek geniet die geleentheid om te wees waar gesondheidsorg en tegnologie mekaar ontmoet en om deel van ‘n organisasie te wees wat op die gebruik van tegnologie vir positiewe verandering in gesondheidsorg fokus.

Wat is jou gunstelingplek of die kuierplek wat jy die graagste in jou woonbuurt besoek?

Kansas City staan bekend as die “Stad van Fonteine”. Oor naweke sal jy my en Bethany dikwels by ‘n plaaslike stadspark raakloop waar ons van die vele fonteine bewonder en tyd saam met vriende deurbring.

Waar jy nou in die buiteland woon, wat mis jy die meeste van Suid-Afrika?

Dit sal die kos en die drinkgoed moet wees! Ek raak dikwels lus vir geregte soos bobotie, biltong en ander SA kulinêre lekkernye. Ek was nog altyd lief vir vleisbraai, buitelugmiddagetes, en uitstappies na die plaaslike wynplase. Ek mis ook ‘n verfrissende Hunters of Savannah Dry op ‘n snikheet somersdag, of ‘n koppie rooibostee op ‘n koue wintersdag in Kaapstad. Gelukkig het ons ‘n relatief groot en aktiewe groep Suid-Afrikaners in Kansas City, so ek kry my biltonglus minstens ‘n paar keer per jaar bevredig.

Watter boodskap sou jy graag deel met toekomstige Maties wat in hul finale jaar aan die US is?

Neem die tyd om met die internasionale studentebevolking te skakel as jy dit nog nie gedoen het nie. Ek het die geleentheid waardeer om bande te bou en meer oor die lewe en kulture van internasionale studente te leer. Om te trou met Bethany, ‘n internasionale uitruilstudent wat vir ses maande in die buiteland op Stellenbosch studeer het, was die beste besluit wat ek ooit geneem het. Daar is soveel om by mekaar te leer, en ek is oortuig daarvan dat die internasionale ervaring die universiteitslewe in die algemeen verryk.

More articles

Alumni stories op Woordfees TV

Hoë aantal traumagevalle plaas stremming op gesondheidsorgdienste

Konferensie Bied Vlugtige Blik op Voorbereidheid op Humanitêre Rampe

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!