Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Times Higher Education-vakranglys bevestig US se akademiese aanbod is van wêreldgehalte

Die Universiteit Stellenbosch (US) het sy posisie as een van die voorste universiteite ter wêreld in die vakgebiede Regte, Klinies en Gesondheid, Opvoedkunde, Lettere en Geesteswetenskappe, asook Lewenswetenskappe en Sosiale Wetenskappe gestand gedoen.

Dít is deur die jongste Times Higher Education (THE) Wêreldranglys vir Universiteite (WUR) per Vak  bevestig wat Donderdag (26 Oktober 2023) bekendgestel is.

Die 2024-weergawe plaas die US onder die top-150 in regte, 175 in Kliniese en Gesondheid, 200 in Opvoedkunde en 300 in Lettere en Geesteswetenskappe, Lewenswetenskappe en Sosiale Wetenskappe. Die instelling het in die Regte, Opvoedkunde, Sake en Ekonomie en Sosiale Wetenskappe van verlede jaar af opgeskuif. In Sielkunde het die US die top-400 gehaal, terwyl hy ‘n top-500-plek in Rekenaarwetenskap, Fisiese Wetenskappe en Ingenieurswese behaal het. Die US is vir die derde agtereenvolgende jaar ook die beste universiteit in Rekenaarwetenskap in Suid-Afrika. Die instelling is algeheel onder die beste 300 universiteite ter wêreld in ses van die 11 vakkategorieë op die THE WUR-lys.

Prof Nicola Smit, dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid, het in haar kommentaar op die verbetering in die Regte-telling gesê: “Ons was nogal verbaas oor hierdie prestasie, nie net omdat ons nie op ranglyste fokus nie, maar ook omdat ons ‘n klein Fakulteit Regsgeleerdheid is wat die aantal personeel en studente betref. Terselfdertyd is ons baie bly oor hierdie uitkoms, aangesien dit die hoë gehalte van regsopleiding, navorsing en sosiale impak wat die Fakulteit onderneem, beklemtoon.

“Hierdie soort prestasie word slegs moontlik gemaak deur individuele toewyding aan ‘n groepspoging waar die geheel meer as die som van sy dele is, en dit is die benadering en ingesteldheid wat ons by Maties Regsgeleerdheid aanmoedig,” het Smit bygevoeg.

Die dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde, prof Mbulungeni Madiba, sê hulle is opgewonde oor hulle jongste prestasie. “Hierdie merkwaardige prestasie beklemtoon ons onwrikbare toewyding aan ons visie om ‘n vooraanstaande navorsingsintensiewe onderwysfakulteit te word, wat bekend is vir ons uitnemendheid, inklusiwiteit en innovasie. Ons betuig ons innige dank aan ons uitsonderlike personeel en toegewyde studente wie se volgehoue toewyding en harde werk hierdie erkenning moontlik gemaak het. Saam vorm ons die toekoms van onderwys.”

Vir prof Anthony Leysens, dekaan van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, bevestig die erkenning wat hulle ontvang het, die fakulteit se strategie om homself as een van die beste geesteswetenskappefakulteite wêreldwyd te posisioneer. “Ons fokus op deurlopende akademiese vernuwing, relevansie en innovasie in onderrig en navorsing en ons erkende impak buite die Universiteit oor etlike jare het tot hierdie resultate bygedra en bevestig die gehalteaanbod by die Universiteit Stellenbosch waartoe ons bydra. Baie geluk en ‘n woord van opregte dank aan my kollegas. Dit is danksy hulle harde werk en toewyding dat ons hierdie prestasie kan vier.”

Aanwysers

Die vaktabelle gebruik dieselfde 13 prestasieaanwysers as die oorkoepelende THE-wêrelduniversiteitsranglys vir 2024. Dít word dan saamgevoeg om tellings in die vyf kategorieë van onderrig (die leeromgewing), navorsing (volume, inkomste en reputasie), sitate (navorsingsinvloed), internasionale vooruitsigte (personeel, studente en navorsing) en bedryfsinkomste (innovasie) te gee.

Die oorhoofse metodologie word egter sorgvuldig vir elke vak herkalibreer, en die gewigstoekennings word na gelang van die individuele vakgebiede aangepas.

Prof Hester Klopper, Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake, sê die voortgesette algemene verbetering op die THE-wêreldranglys per vak is ‘n verdere bewys van die Universiteit se reputasie as een van die voorste navorsingsintensiewe universiteite ter wêreld en van die instelling se visie om Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit te wees wat wêreldwyd as uitnemend, inklusief en innoverend erken word en waar ons kennis tot diens van die samelewing bevorder.”

Voortgesette uitnemendheid

Die US het ook vroeër vanjaar onder die beste hoëronderwysinstellings op die Quacquarelli Symonds- (QS-) wêreldranglys vir universiteite per vak verskyn. Dit verskyn gereeld op hierdie ranglys, asook die Times Higher Education-wêreldranglys per vak en die Shanghai-wêreldranglys van akademiese vakke. Hierdie ranglyste gebruik almal verskillende metodologieë en aanwysers om universiteite se posisie op hulle ranglyste te bepaal.

More articles

Thuli Madonsela se 300 km Pelgrimstog van Hoop: ’n Tree vorentoe vir inklusiewe opvoeding

FGGW gee erkenning aan personeel se leer en onderrig prestasies

#SWAN: Dinamiese ma-en-dogter-duo vind inspirasie in sosiale geregtigheid

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!