Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Menu

  • Afrikaans

Voor hul tyd gesterf: Stellenbosch-kenner voeg stem by beroep vir optrede om geestesgesondheidsverwante sterftes te voorkom

ʼn Bekende psigiater van die Universiteit Stellenbosch (US) is deel van ʼn internasionale groep kenners wat ʼn beroep vir radikale optrede doen om ʼn einde aan geestesgesondheidsverwante sterftes te bring.

Prof Soraya Seedat, hoof van die Departement Psigiatrie aan die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, is een van 40 kenners wêreldwyd wat ʼn navorsingsartikel in die toonaangewende vaktydskrif Lancet Psychiatry gepubliseer het waarin die faktore wat die risiko van die voortydige dood van mense met geestesgesondheidstoestande verhoog, uitgestippel word​. Oplossings word ook aangebied om hierdie uitdagings te bowe te kom.

“Een uit elke drie Suid-Afrikaners het ʼn geestesgesondheidstoestand en geestesversteurings tel onder die toptien oorsake van die siektelas in Suid-Afrika,” sê Seedat. Sy is ook die mede-direkteur van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se Eenheid oor Angs- en Stresversteurings.

“Die twee belangrikste redes hoekom mense met geestessiektes baie vroeër as mense daarsonder sterf, is liggaamlike gesondheidstoestande en selfmoord. Albei is voorkombaar en moet geprioritiseer word, net soos ander faktore wat tot die risiko van voortydige dood bydra, soos traumablootstelling, werkloosheid, inkomste-onsekerheid, sosiale uitsluiting, stigma en swak toegang tot gesondheidsorg,” sê sy.

ʼn Vernuwende benadering is met die navorsing gevolg deurdat gesondheidsorgklinici, navorsers, mense wat met geestessiektes geleef het of steeds daarmee leef, beleidsbeplanners en versorgers byeen gebring is om oorsake te identifiseer en oplossings te vind om die kwessie aan te pak. “Daar is baie algemene, tasbare oplossings waarvan die inwerkingstelling die risiko dat mense met geestessiektes voortydig sterf, aansienlik kan verminder,” sê Seedat.

ʼn Mediaverklaring deur MQ Mental Health met die besonderhede van die navorsing en die voorgestelde oplossing is in Engels beskikbaar.

More articles

US-kenners doen SA se eerste volledige histerektomies met behulp van ʼn robot by Tygerberg-hospitaal

Jazz-uitvoering ten bate van #Action4Inclusion

FGGW-psigiater erken vir baanbrekersnavorsing oor skisofrenie

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!