Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Wenspan kombineer rekenaarwetenskap- en datawetenskapvaardighede in US Dataskool Hackathon

‘n Span bestaande uit twee rekenaarwetenskapstudente in hul vierde jaar en ‘n derdejaarstudent in BDatSci het die eerste plek verower in die jaarlikse US Dataskool Hackathon, wat in Augustus vanjaar in samewerking met Standard Bank Lab en Mobylaz plaasgevind het.

Wicus van der Linden en Daniel van Zyl, beide HonneursBSc-studente in rekenaarwetenskap, het kragte saamgesnoer met Christiaan Hildebrand, ‘n BDatSci-student in sy derde jaar, nadat hulle mekaar in 2021 as voorgraadse studente in die Majuba manskoshuis ontmoet het.

Wicus sê hulle wou graag deelneem aan ‘n hackathon-uitdaging wat gegrond is op datawetenskap, aangesien hulle nie so baie blootstelling aan masjienleer en datawetenskap tydens hul voorgraadse studies gehad het nie.

“Ons ken mekaar goed omdat ons baie tyd saam in die koshuis spandeer het en ons was opgewonde oor die geleentheid om onsself te bewys in ‘n meer regte-wêreld-georiënteerde uitdaging,” vertel Wicus.

Die uitdaging wat vanjaar aan die studente gestel is, was om ‘n stel telematriedata van verskeie taxivoertuie wat by Mobalyz verseker is, te ondersoek en te analiseer met die doel om insig te bekom oor verskeie kenmerke soos bestuurdergedrag, risko, en werksprestasie. Die data het meer as drie miljoen gebeurtenisse, van tien verskillende voertuie ingesluit, met waarnemings wat gravitasiekragte, spoed, en plek ingesluit het, verduidelik Wicus.

Spanne het tien dae gehad om hul bevindings in te handig. Van die meer as 40 inskrywings van 25 spanne, is ses spanne gekies om tydens ‘n finale rondte voorleggings te doen. Geldpryse vir die drie topspanne was op die spel, sowel as ‘n bonusprys vir die vrouespan wat die beste presteer.

Die wenspan het na vore gekom met ‘n risiko-assesseringsmodel wat op besluitnemingsbome gebaseer is. Dié model klassifiseer taxibestuursgedrag op grond van ooreenkomste met bekende versekeringseis-inligting: “Ons het gebruik gemaak van eksterne datastelle vir kenmerke soos weerstoestande en verkeersinligting van Uber. Ons het ook bestuurdersroetes en parkeergedrag geanaliseer ten einde voertuie te identifiseer wat opvallende veranderinge in hul daaglikse of weeklikse patrone toon, wat waarskynlik dui op bestuurderruilings,” verduidelik Wicus.

Volgens Daniel het die hackathon al hul verwagtings oortref: “Om eerlik te wees, dit was fassinerend om die kreatiewe vryheid te hê van ‘n oop-einde-taak, en om data te hê om mee te werk wat regtewêreld-implikasies  en -belanghebbendes gehad het. Ek dink dit het ons werklik gewys hoe ons as datawetenskaplikes met verskillende industrieë, mense en datastelle kan werk. En dat selfs studente waarde kan toevoeg tot ‘n besigheidsmark,” voeg hy by.

Die wenspan het ook die US Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke, Standard Bank en Mobalyz bedank vir hul moeite om so ‘n interessante uitdaging saam te stel.

Op die foto hierbo: Die wenspan, v.l.n.r. Wicus van der Linden, Daniel van Zyl en Christiaan Hildebrand. Foto verskaf

More articles

’n Perfekte mengsel van wetenskap en tradisie

Twee US-studente en voorste globale jeugleiers pak wêrelduitdagings aan

SciMathUS 2022: Maak die beste van jou tweede kans

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!