#Konvokasie2023: Ons wil u opreg bedank vir die indiening van u registrasie om die Jaarlikse Algemene Vergadering van die Universiteit Stellenbosch (US) Konvokasie op Donderdag, 7 Desember 2023, by te woon.
Let asseblief op die volgende:
FISIESE BYWONING:
· Datum: Donderdag, 7 Desember 2023
· Tyd: 18:00 SAST
· Plek: US Museum, Ryneveldstraat, 52, Stellenbosch
Ons versoek u om teen 17:30 by die perseel aan te kom vir registrasie. Die vergadering sal presies om 18:00 begin. Bring ‘n geldige vorm van identifikasie saam.
Aanlyn Bywoning:
· Datum: Donderdag, 7 Desember 2023
· Tyd: 18:00 SAST
Om toegang tot die aanlyn vergadering te verkry – maak asseblief seker dat u toegang het tot Microsoft Teams [https://www.microsoft.com/en-za/microsoft-teams/download-app] op u rekenaar, skootrekenaar, tablet of mobiele toestel. Klik daarna op die volgende skakels:
Hierdie skakels sal vanaf 17:45 SAST op Donderdag 7 Desember aktief wees.
VERGADERINGSKAKELS:
Vir die vergadering – klik hier https://bit.ly/3ThTiHV
Vir die vergadering met slegs Engelse klank – klik hier: https://bit.ly/4a9py5V
INDIEN U HULP BENODIG:
Vir enige tegniese bystand benodig om by die aanlyn vergadering aan te meld, stuur gerus ‘n e-pos na konvokasie@sun.ac.za.
Die vergadering sal voortgaan tydens beurtkrag, maar as u in Suid-Afrika gebaseer is, onthou dat beurtkrag u vermoë om aanlyn aan te sluit kan beïnvloed.