#USTuiskoms2023: Sluit van 14 tot 16 September by ons aan vir ’n feestelike Tuiskoms 2023! Die Universiteit Stellenbosch rol die maroen tapyt uit en nooi jou terug na Matieland. Een van die hoogtepunte? Die SWAN-gholfdag by die bekende Stellenbosch-gholfklub. Dis nie sommer enige gholfdag nie; dis ’n viering van Matie-alumnae en die opwindende wêreld van vroue in gholf. Of jy nou ’n gholfghoeroe of ’n -groentjie is, kom geniet ’n dag van kameraderie, skakeling en onvergeetlike herinneringe. Elke deelnemer kry boonop ’n spesiale SWAN-geskenksak, en die dag sluit af met ’n prysuitdelingsdinee!
Bespreek nou by www.quicket.co.za en gaan na Matiesalumni.com vir meer oor die Tuiskoms-program. Vir navrae, e-pos homecoming@sun.ac.za.
Sien jou op die setperk!