Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Jong entrepreneurs ontwikkel buitengewone oplossings vir alledaagse probleme

Altesaam 55 leerders van vier hoërskole – Stellenzicht, Lückhoff, Makapula (drie) en Cloetesville – het die week lange YEP-slypskool bygewoon waar hulle vestingidees en sakeplanne ontwikkel het. Die leerders is in ses groep verdeel en twee mentors, tweedejaarstudente in entrepreneurskap en innovasie in die Departement Sakebestuur, is  aan elk van die groepe toegewys. Die week is afgesluit toe die groepe op Vrydag 14 Julie hul sakeplanne aan ‘n paneel beoordelaars voorgelê het.

Die besigheidsidees is beoordeel volgens die uitvoerbaarheid, langtermynvolhoubaarheid en belangrikheid daarvan vir die gemeenskap.

Hoërskool Makupula se sake-idee, Timber Counter Hans Blix, is as die algehele wenner aangewys. Die leerders het ‘n behoefte aan meer skoolbanke in hul klaskamers geïdentifiseer en ‘n plan voorgelê om met verskillende rolspelers saam te werk om te verseker dat kinders toegang tot meer skoolbanke het.

Hoërskool Lückhoff het tweede gekom met hul breibesigheidsidee, Knittear. Hulle het geïdentifiseer dat hul leerders nie skoolserpe het om in die winter te dra om hulle warm te hou nie. Hulle het ‘n plan beraam waar hulle nie net leerders by die breiproses betrokke sal kry nie, maar ook gemeenskapslede. Dit sal ook dien as ‘n manier om jongmense van die strate af te hou.

Hoërskool Stellenzicht is derde geplaas vir hul tutordiensidee om hoërskoolleerlinge toegang te gee tot opvoedkundige naskoolse aktiwiteite of ondersteuning vir hul atletiese aspirasies te bied. Hulle beoog om hul diens aan te bied in vennootskap met oudleerlinge wat aan die US studeer.

Die vierde geplaaste Cloetsville het ‘n oplossing vir Suid-Afrika se beurtkragprobleme gebied deur met ‘n idee vorendag te kom om sonkrag-aangedrewe ligpanele te skep wat gemaak is van herwinde materiaal soos glas- en plastiekhouers.

Elke skool sal vestingkapitaal van R5 000, geborg deur die ambassade van Nederland, ontvang om hul sake-idees te realiseer. Die leerders sal ook oor die volgende ses maande verdere mentorskap van die universiteit ontvang om hulle te help om hul idees tot uitvoering te bring.

Mnr. Adolph Neethling, dosent in die Departement Sakebestuur en YEP-projekleier, sê die projek beoog om leerders hoop te gee dat hulle hul eie toekoms kan skep.

“Onderwysers vertel ons dat leerders dikwels hul studies laat vaar omdat hulle nie ‘n toekoms vir hulself sien weens die hoë werkloosheidsyfer in die land nie. Hierdie projek maak hulle egter bewus daarvan dat daar wel ‘n alternatiewe manier is om geleenthede vir hulself te skep.”

Sabrina Matthee, junior lektor in die Departement Sakebestuur en YEP-projekkoördineerder, het Neethling se sentimente beaam.

“Ons wou vir hulle wys dat in plaas daarvan om daarop te fokus om ‘n werknemer te word, jy eerder ‘n werkgewer kan word wat werk skep en kritieke probleme in jou gemeenskap kan aanspreek,” sê sy.

Cayla de Wet, wat as mentor vir die wengroep van Hoërskool Makupula gedien het, sê dit was ongelooflik om te sien hoe die groep die skuif van skaam leerders tot passievolle en betrokke individue gemaak het.

“Toe hulle hier aangekom het, was hulle maar bra skaam en wou hulle nie aan enigiets deelneem nie. Maar nadat ons ons sake-idee ontwikkel het, het hulle begin ontspan en hul passies begin uitleef. Ek dink om te leer hoe om ‘n probleem in ‘n besigheid te omskep en hul idees aan mense oor te dra, het beslis hul selfvertroue ‘n hupstoot gegee.”

Aviwe Tom, graad 10-leerder aan die Hoërskool Lückhoff, het oor die YEP-week gesê: “Dit was nie maklik nie, maar ons het die beste daarvan gemaak. Ek kan nog nie glo dat ons tweede gekom het nie. Ek het ook waardevolle vaardighede aangeleer wat ek hoop met my skoolwerk sal help. Ek het geleer oor die SWOT-ontledingstelsel waarmee ek regtig gesukkel het in my besigheidstudies.

“Die week het ook my selfvertroue en my vaardighede as aanbieder verbeter en ons die waarde van spanwerk geleer.”

Die YEP-program is ‘n gesamentlike inisiatief van die US en die HU Universiteit van Utrecht vir Toegepaste Wetenskappe in Nederland. Vanjaar is die eerste keer dat die US die program op sy eie aanbied.

More articles

Dertien Maties onder Mail & Guardian se 200 Young South Africans vir 2023

Besoek aan SciMathUS deur Kansas Universiteit skep geleenthede vir samewerking

Maties kraai eerste keer koning in Varsity-kriekettoernooi

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!