Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Bekendstelling van ‘Climate x’ veldtog erken jeug se rol as globale ambassadeurs

Vyftien studente van die Universiteit Stellenbosch het vandeesweek erkenning as GAUC Globale Ambassadeurs ontvang nadat hulle onlangs ‘n intensiewe  internasionale program oor klimaatsverandering en globale klimaatsregulering voltooi het.

GAUC, wat staan vir die  Global Alliance of Universities on Climate, is in 2019 gestig om leiding te gee in die hoër onderwyssektor se pogings om die klimaatskrisis aan te spreek. Vandag bestaan die alliansie uit 15 van die wêreld se voorste universiteite in nege lande en van regoor ses kontinente. Die Universiteit Stellenbosch is die enigste Afrika universiteit om aan die alliansie deel te neem deur middel van die US se Skool vir Klimaatstudies.

Die studente was deel van ‘n groep van 150 studente van die 15 universiteite in die GAUC alliansie om hul sertifikate te ontvang tydens die globale virtuele bekendstelling van die ‘Climate x’ veldtog. Die doel van die veldtog is om vandag se jeug voor te berei om op ‘n sistematiese en volhoubare by te dra tot globale klimaatsregering en om van die mikpunte van die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte te bereik.

Gedurende die bekendstelling het Amina J. Mohammed, die Verenigde Nasies (VN) se adjunksekretarisgeneraal, gesê ons staan voor enorme uitdagings: “Ons welwees, vrede en welvaart, en die natuur op sigself, word bedreig. Die mees dringende probleme waarmee regerings tans gekonfronteer word, is uiteindelik globaal van aard, en hulle vereis globale oplossings. Die fokus van die ‘Climate x’ veldtog is ‘n uitstekende voorbeeld van so ‘n benadering”.

Die bekendstelling van die veldtog vorm deel van verskeie geleenthede in aanloop tot die 27ste Konferensie van die Partye (KOP27) tot die VN se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering wat in November in Egipte plaasvind.

Van 5 tot 9 September 2022, byvoorbeeld, vind die Afrika Streeksforum oor die Klimaat as ‘n hibriede geleentheid by die US plaas. Die forum verskaf ‘n platform vir verskeie instansies en belanghebbendes om in gesprek te tree oor die wetenskap van klimaatsverandering en die toegepaste sosiale en beleidsimplikasies daarvan vir Afrika.

In ‘n video-boodskap op die eerste dag van die forum het Prof Wim de Villiers, US Rektor, gesê klimaatsverandering het reeds ernstige gevolge in Afrika gehad: “Ons het die vaardighede en bekwaamheid om die dringendste kwessies aan te spreek, en ons baat boonop by ‘n erfenis van inheemse kennis. Met groter samewerkingspogings, kan ons as ‘n Afrika akademiese gemeenskap soveel meer gedoen kry”.

Gedurende die Afrika Streeksforum sal van die studente die resultate van hul projekte en idees om klimaatsverandering aan te spreek, aanbied, veral in terme van Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte soos volhoubare en veilige energie, finansiering, die natuur, biodiversiteit en voedselsekuriteit, asook aanpassing en weerbaarheid.

Die US studente is van die Fakulteite Natuurwetenskappe, AgriWetenskappe, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, en die Sentrum vir Volhoubare Transisies. Hulle is Kayleigh Murray (MSc Globale Veranderingsbiologie), Nosipho Gqaleni (MSc Globale Veranderingsbiologie), Olivia Jones (BScHons Globale Veranderingsbiologie), and Yenziwe Mbuyisa (MSc Globale Veranderingsbiologie), Dencia Machoko (MSc Voedsel- en Voedingsekuriteit), Duduzile Ngwenya (PhD Restorasie-ekologie), Kgomotso Morake (MSc Bewaringsekologie), Mpilo Khumalo (PhD Bosbouwetenskap), Pitjo Makelle (MSc Bosbou en Houtwetenskap), Tshegofatso Tshoke (MSc Bewaringsekologie), Johana Mapfumo (MPhil Omgewingsbestuur), Kauthar van Harte (PGDip Omgewingsbestuur), Renate van Rooyen (PGDip Ontwikkelingsfinansiering), Yonela Mngqibisa (PGDip Omgewingsbestuur), and Willem Malherbe (PhD).

Op die foto bo: Prof Guy Midgley, interim direkteur van die US se Skool vir Klimaatstudies, het die bekendstelling van die ‘Climate x’ veldtog by die US gelei, met ‘n groepfoto van almal teenwoordig na afloop van die bekendstelling op Maandag, 5 September 2022. Foto: Anton Jordaan

More articles

Eendrag: 2021 Reünie

Relaxation and rejuvenation of the soul

Ontspanning en verfrissing van die siel

Oppenheimer Genootskaptoekenning ”n groot eer’, sê prof Gobodo-Madikizela

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!