Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Boeke: Oom & Thandi

Awodwa Confidence Tobo, of Confi soos sy bekend staan, het op haar eie ervarings gesteun vir die skryf van Oom and Thandi: A Heritage Day Never to Be Forgotten, wat ’n intergenerasie-vriendskap tussen ’n jong swart meisie uit ’n township en ’n bejaarde man uit die voormalige OosDuitsland uitbeeld.

Die boek fokus op hoe twee mense uit verskillende agtergronde struikelblokke oorkom, soos om volgens velkleur beoordeel te word in plaas van die goedheid wat hulle aan mekaar betoon. Hulle help mense in hul gemeenskap om te verstaan dat vriendskap bestaan uit empatie, waardering, en begrip, en dat ’n beplande geleentheid mense bymekaar bring.

Confi, wat in Kayamandi in Stellenbosch grootgeword het, sê sy wou erkenning gee aan haar vriendskap met “oom Karl”, wat op 15 jaar na SuidAfrika gekom het en in 2017 oorlede is.

“Ek het oom Karl in 2015 ontmoet. Hy het baie oud en ’n bietjie knorrig gelyk, maar die hart van ’n engel gehad. Ons het heel beste vriende geword. Ek het Duits op universiteit geneem, en hy het Duits-taallesse gegee terwyl ek hom isiXhosa en meer van die Xhosakultuur geleer het. Hy was my vertroueling, het ’n skouer gebied om op te huil wanneer die studies ingewikkeld raak, en my aangemoedig om ’n beter mens te wees.

“Ek wou ons storie met mense deel, omdat dit vele lewenslesse bevat,” sê sy.

As ’n onderwyser het Confi die geleentheid om kinders se lewe te beïnvloed, en sy wou dieselfde met hierdie boek doen.

“Die boek is baie goed ontvang. Mense hou regtig van die storie, en baie mense kan hulle daarmee vereenselwig omdat hulle soortgelyke ervarings gehad het.”

“Die boek is baie goed ontvang. Mense hou regtig van die storie, en baie mense kan hulle daarmee vereenselwig omdat hulle soortgelyke ervarings gehad het.”

“Ek het die boek so drie jaar gelede begin skryf. Dit is ’n hele paar keer geredigeer en ek moes geld kry om die boek te publiseer.”

As kind in Kayamandi is Confi aan ’n NRO met ’n holistiese fokus op kinders se vermoëns bekend gestel. “Een van die NRO se fokusareas was opvoeding, en my passie om my gemeenskap te help en te ontwikkel is daar gevorm.”

Ná skool het sy drie kwalifikasies aan die Universiteit Stellenbosch behaal, te wete ’n BA-graad in Internasionale Studie, ’n Nagraadse Diploma in Volhoubare Ontwikkeling in 2017, en ’n Nagraadse Onderwyssertifikaat in 2021.

Sy het die beweging We Exist ná ’n reis in Nepal in 2017 begin. Sy beskryf dit as ’n “passieprojek”, gedryf deur haar liefde vir mense en haar begeerte om ’n voorvegter vir die natuur te wees. Die beweging is gerig op transformasie via oop dialoë, ’n podsending, opvoedkundige programme vir die jeug, en deur die fasilitering van begeleide toere in gemeenskappe en in die natuur.

Confi geniet dit om nuwe mense te ontmoet en by verskillende kulture te leer, en haar droom vir ons land is sosiale kohesie en gelyke opvoedkundige geleenthede.

“Ek wil hê elke kind moet hul droom bereik sonder kommer oor geld of oor wat hulle gaan eet,” voeg sy by.

Oom and Thandi: A Heritage Day Never to Be Forgotten kan op Amazon bestel word.

More articles

Netwerke neem internasionalisering vorentoe

Boeke: Sedert die dood ons skei

Merkwaardige vroue gevier tydens Vrouemaand: Prof Christa van der Walt

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!