Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder Mpumelelo Mkhabela glo ons land het ’n fantastiese toekoms en hy dra by tot hierdie toekoms met
sy politieke kommentaar. Mpumelelo het in 1999 sy honneursgraad in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch verwerf, en het later
in 2018 ook ’n sertifikaat in politieke en ekonomiese risiko-ontleding voltooi.
In sy boek, The Enemy Within: How the ANC Lost the Battle Against Corruption, fokus Mpumelelo op die oorsake en gevolge van die korrupsie wat die ANC, en derhalwe Suid-Afrika, sedert 1994 verswelg het. Hy glo die omvang van die korrupsie binne die ANC sal ’n direkte impak op die toekoms van politiek in Suid- Afrika hê.
“Dit is polities noodsaaklik om tot hierdie begrip by te dra,” voeg hy by. The Enemy Within is beskikbaar in boekwinkels oral in Suid-Afrika en kan ook op verskeie aanlyn platforms bestel word.