Baie dankie dat jy die #Move4Food-veldtog ondersteun het om voedselnood onder studente op US-kampusse te verlig.

Ons volgende #Move4Food-fietsuitdaging is die ABSA Cape Epic. Dit is waarskynlik die belangrikste bergfietsbyeenkoms ter wêreld. Top-fietsryers van oor die hele wêreld (waaronder 17 wêreld- en Olimpiese kampioene) ding mee oor agt dae, 647 km en 15 550 m vertikale styging.

Vanaf die hange van die Tafelberg Nasionale Park tot die luukse Val de Vie-landgoed, sal die roete vir 2020 —  die 17de uitgawe — almal uitdaag en diegene beloon wat voorbereid is met bewese vennootskappe, tegniese vaardighede, fiksheid en geestelike sterkte.

Ons het jou hulp nodig

Ondersteun ons US-alumni-span wat in 2020 aan die ABSA Cape Epic gaan deelneem, en hul allerbeste gaan doen vir #Move4Food.

Francois Swart, van die US se Fasiliteitsbestuur, en Robert van Staden, van die Fakulteit Opvoedkunde, het vanjaar saamgespan om die moeilike Cape Epic aan te pak. Dit sal Francois se vyfde en Robert se vierde bergfietswedren wees en die eerste keer dat hulle dit vir liefdadigheid doen.

Die twee wil R200 000 vir #Move4Food insamel! Hul totaal staan tans op R44 000.

Help hulle asseblief om hul wenstreep oor te steek deur ‘n skenking op GivenGain te maak:

https://bit.ly/38VNd9L

Of gebruik die onderstaande besonderhede om ‘n bydrae via EFT te maak:

REKENINGNAAM: Universiteit Stellenbosch

BANK: Standard Bank

TAK: Stellenbosch

TAKKODE: 05 06 10

REKENINGNOMMER: 073006955

BETALINGSVERWYSING: CAPEEPIC + VOORLETTER + VAN (Bv. CAPEEPICMKOOPMAN)