Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Cape Epic-fietsryers skop “aflos” af vir #Move4Food om fondse in te samel vir studentebehoeftes

Op 27 Maart 2022 het die Universiteit Stellenbosch-personeellede Robert van Staden en Francois Swart die uitmergelende Absa Cape Epic oor 657 km en 16 900 m se klim oor 8 dae voltooi om bewusmaking vir die Universiteit Stellenbosch se #Move4Food-veldtog te kweek.

Swart, by Fasiliteitsbestuur, en Van Staden, by die Fakulteit Opvoedkunde, moes die wiele deur die COVID-19-pandemie aan die rol hou om fiks te bly vir hierdie wedloop. Hulle gee nou die #Move4Food-aflosstokkie oor aan Maties-alumni Petro Mostert en haar rymaat Vibeke Moore wat die 990km, 9-dae lange, Joburg2C bergfietsavontuur van 22 tot 30 April 2022 van Heidelberg na Scottburgh aan die Suidkus van KwaZulu gaan ry. Die twee sal by Van Staden en Swart oorneem om bewusmaking te kweek vir die veldtog wat die Epic-span begin het.

Maar die aflos stop nie by Scottburgh nie, want die Joburg2C-fietsryers sal dan oorgee aan ‘n span van vier avontuur-atlete wat die Adventure Race Croatia van 14-22 Mei 2022 gaan aanpak. Die span bestaan ​​uit drie Maties Alumni, Tamaryn Larkman, Caroline de Villiers en Ryan Larkman, al drie van Elgin. Hul vierde lid is Harold Smook van Onrusrivier. Hulle 550 km-wedren oor 4 dae sal bergfietsry, roei, hardloop, touwerk en navigasie insluit. As deel van hul poging sal hulle bewusmaking skep vir Maties Alumni se Bridge the Gap-veldtog.

“Fondsinsameling om studente te help is ’n trotse Matie-tradisie met personeellede wat graag betrokke wil raak,” sê die Universiteit Stellenbosch se rektor en visekanselier prof Wim de Villiers.

“Ek doen elke jaar die Kaapstad-fietstoer saam met kollegas, studente, alumni en vriende. Hierdie jaar, moet ek erken, het ek ‘n bietjie gely! Dit is alles vir ’n goeie doel: #Move4Food, die US se veldtog om fondse in te samel om voedselsekerheid vir ons studente te verbeter.”

#Move4Food is een van die prioriteitsinisiatiewe onder die Universiteit se jaarlikse fondsinsamelingsveldtog, Bridge the Gap. Hierdie Jaarlikse Fonds het ten doel om die struikelblokke wat Maties kan verhinder op hul pad na sukses, uit die weg te ruim.

Ons US-aflosspanne wil fondse insamel om onmiddellike verligting te bied om studentehonger op die US se kampusse hok te slaan en te verseker dat geen student op ‘n leë maag hoef te studeer nie.

Hulle daag alle ander fietsryers, US-personeel, studente, skenkers, alumni, vriende van die Universiteit en die algemene publiek uit om hul harte en beursies oop te maak en vir hierdie verdienstelike doel te skenk.

Mostert en Moore doen ‘n beroep op hul ondersteuners om asseblief te skenk aan die veldtog wat deur die Epic-fietsryers begin is.

Gaan na: https://www.givengain.com/ap/francois-robert/

More articles

Russel Botman-beursfonds ‘skep geleenthede vir volgende generasie’

Sluit by prof Thuli en vriende aan vir ʼn Sosiale Geregtigheid-staptog om fondse vir studentegeld in te samel

Nog ‘n Stellenbosse skool kan die ligte aanhou

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!