Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Universiteit Stellenbosch ontsteld oor beweerde verkragting op Stellenbosch-kampus

Die bestuur van die Universiteit Stellenbosch (US) het met groot ontsteltenis kennis geneem van ’n beweerde verkragting op die Stellenbosch-kampus.

Die Rektor en bestuur van die Universiteit veroordeel alle vorms van misdaad en enige skending van menseregte, waaronder geslagsgebaseerde geweld, ten sterkste. Die Universiteit het onmiddellik daad by die woord gevoeg wat ondersteuning aan die slagoffer betref, sowel as ten opsigte van die ondersoek en tugproses. Daar is hoegenaamd geen plek in ons samelewing of op ons kampusse vir enige dade van geweld nie. Ons harte gaan uit na die slagoffer van die beweerde verkragting.

Die Universiteit loof die spoedige optrede deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). Die beweerde oortreder, ’n student van die US, is gisteroggend deur die SAPD in hegtenis geneem. In ooreenstemming met die US se gevestigde prosedures en protokolle, sal die Universiteit die beweerde oortreder uit sy koshuis skors, hangende verdere interne en kriminele ondersoeke deur wetstoepassingsowerhede. Hierdie aangeleentheid is nou ’n kriminele saak en die wet moet sy verloop neem.

Die slagoffer is tans veilig en ontvang versorging. Sy het gister ’n klag van verkragting teen die oortreder by die SAPD aanhangig gemaak. Die SAPD het haar na die Stellenbosse provinsiale hospitaal vergesel waar sy ondersoek is en ook die nodige medikasie, sorg en primêre berading ontvang het.

Die slagoffer het nog nie die voorval by die US se Eenheid vir Gelykwaardigheid aangemeld nie, maar sy is van inligting voorsien oor die verskeie maniere waarop so ’n voorval intern by die US aangemeld kan word. Sy sal hierin bygestaan word. Die Universiteit respekteer die wense en besluite van die slagoffer.

“Ek bevestig die Universiteit se streng benadering tot geen-verdraagsaamheid wat geslagsgebaseerde geweld betref,” sê prof Hester Klopper, Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake.

“Nes my kollegas in die Rektoraat, is ek persoonlik ten diepste verbind tot hierdie saak. In pas met ons Beleid vir Onbillike Diskriminasie en Teistering, sal ons steeds harder werk om ‘n omgewing te skep wat vry is van geslagsgebaseerde geweld en om gelyke regte vir almal te bevorder. Menswaardighed moet en sal altyd ononderhandelbaar wees by die Universiteit Stellenbosch. Menswaardigheid moet gerespekteer en bevestig word, maar ook herstel word wanneer daarop inbreuk gemaak is, ongeag die oortreding en sonder enige vrees vir of beskerming van die beweerde oortreder,” sê prof Klopper.

EINDE

More articles

Nuwelinge aangespoor om ‘ʼn verskil te maak’ in mense se lewens

Ses nuwe alumni-takke by Matie-netwerk gevoeg

Eerstejaarsprestasietoekennings

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!