Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

“Die Bemagtiging van Vroue in Sport: Die Universiteit Stellenbosch se Verbintenis tot Menseregte”

Op 21 Maart het Suid-Afrikaners Menseregtedag gevier. Menseregtedag herinner ons daaraan dat menseregte, waaronder die reg op gelykheid en vryheid van diskriminasie, beskerm en bevorder moet word. Dit is dus belangrik om die vordering ten opsigte van genderbillikheid en -gelykheid op alle lewensgebiede, sport ingesluit, te erken.

Aan die Universiteit Stellenbosch is sportvroue besig om aansienlike vordering en bydraes te maak en breek steeds grense af. Die Universiteit was nog altyd verbind tot die bevordering van gelykheid en inklusiwiteit in al sy werksaamhede, sport ingesluit. Maties Sport, die Universiteit se sportafdeling, baan die weg om ʼn omgewing te skep waarbinne vroue-atlete, afrigters en steunpersoneel kan uitblink en hulle volle potensiaal verwesenlik.

Die Universiteit Stellenbosch se Hoofdirekteur: Maties Sport, Ilhaam Groenewald, sê: “By Maties Sport glo ons aan die skep van ʼn inklusiewe omgewing waarbinne alle atlete, afrigters en steunpersoneel, ongeag gender, kan floreer. Ons is trots op ons prestasies, veral dié van ons vroue-atlete, en die grense wat hulle steeds aanhou versit.”

Maties Sport implementeer programme om seker te maak dat vroue-atlete toegang tot dieselfde opleidings- en ontwikkelingsgeleenthede as hulle manlike eweknieë het. Die departement werk ook aan die afbreek van die maatskaplike hindernisse en stereotipes wat meisies ontmoedig om aan sport deel te neem.

Die Universiteit belê ook in wêreldklas geriewe en hulpbronne wat voorsiening maak vir die spesifieke behoeftes van vroue-atlete. ʼn Aantal sportgeriewe soos die Coetzenburg atletiek-, Lentelus sokker- en Danie Craven-stadion, is onlangs opgegradeer om kleedkamers en geriewe vir vroue in te sluit.

Maties Sport bied ook steun en mentorskap aan vroue-atlete om seker te maak dat hulle in staat is om hulle akademiese en sportverpligtinge suksesvol te balanseer. Dit het dit moontlik gemaak vir talle vroue-atlete in verskillende sportsoorte om die Universiteit op nasionale en internasionale vlak te verteenwoordig.

“Ons wil meer jong meisies aanmoedig om sport te beoefen en vir hulle wys dat hulle ook grootsheid kan bereik,” voeg Groenewald by. “Ons is daartoe verbind om ʼn ondersteunende en inklusiewe omgewing vir al ons atlete te voorsien, sodat hulle steeds hulle volle potensiaal kan verwesenlik.”

Die Universiteit se verbintenis tot die bevordering van gendergelykheid en inklusiwiteit in sport getuig van sy verbintenis tot menseregte. Terwyl ons Menseregtedag vier, moet ons erkenning verleen aan die belangrikheid van die skep van ruimtes waar vroue en meisies kan floreer en hulle drome bereik, ook op sportgebied.

More articles

Die Universiteit Stellenbosch bring hulde tydens Mandela maand 2023

Nokwanda Siyengo – “Vroue is die steunpilare van die samelewing”

Konvokasie: Verkiesing van Raadslid

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!